*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 28 Oktober 2026
Die vermoë om projekte suksesvol te bestuur, verg in vandag se dinamiese werksomgewing méér as net goeie beplanning. Dit vra vernuwende denke, etiese leierskap en die vermoë om uiteenlopende bestuursbenaderings vindingryk met mekaar te versoen. Akademia se nuwe Nagraadse Diploma in Hibriede Projekbestuur berei professionele persone voor om projekte in ʼn veranderende werksomgewing met aanpasbaarheid en strategiese insig te bestuur, en só met selfvertroue leiding te gee aan komplekse projekte en spanne.
Dié toevoeging tot die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se uitgebreide programverskeidenheid is tydens ʼn spesiale glasieklinkgeleentheid op 28 Oktober by die instelling se Pretoria-hoofkantoor gevier.
Die toekoms vra na vernuwende werkswyses
In ʼn werksomgewing waar projekte toenemend kompleks raak en organisasies voortdurend by veranderende omstandighede moet aanpas, is ʼn een-grootte-pas-almal-benadering tot projekbestuur lankal nie meer voldoende nie.
Volgens Andria de Wet, waarnemende programkoördineerder van die Nagraadse Diploma in Hibriede Projekbestuur, is dié program besonder relevant in die lig van die veranderende eise wat aan projekbestuurders gestel word.
“In ʼn tyd waar die professionele omgewing deur snelle verandering, voortdurende tegnologiese ontwikkeling asook toenemende ekonomiese én maatskaplike kompleksiteit gekenmerk word, moet projekbestuurders nie nét vinnig nie, maar óók doeltreffend kan reageer, sonder om beheer, die behoeftes van belanghebbendes en volhoubare uitkomste uit die oog te verloor,” sê De Wet.
Elke projek verteenwoordig voorts eiesoortige uitdagings, doelwitte en vereistes wat van projekbestuurders vereis om buigsaam en strategies te moet besin ten einde die geskikste benadering vir elke projek te kan identifiseer. Die vermoë om verskillende projekbestuursmetodologieë doelgerig te kombineer en toe te pas, is gevolglik ʼn belangrike vaardigheid om projekte doeltreffend te bestuur en volhoubare resultate te lewer.
De Wet beklemtoon dat die onderskeid tussen ʼn goeie en ʼn uitsonderlike projekbestuurder eweneens verder strek as die vermoë om projekte doeltreffend uit te voer.
Uitsonderlike projekbestuurders kan komplekse situasies ontleed, weldeurdagte besluite neem en die geskikste benadering vir ʼn bepaalde uitdaging kies. Hulle kombineer volgens De Wet tegniese kundigheid met die vermoë om uiteenlopende spanne te lei, belanghebbendes se verwagtinge te bestuur en eties verantwoordbare besluite te neem. “Uitsonderlike projekbestuurders fokus daarom nie bloot op die suksesvolle afhandeling van ʼn projek nie, maar ook op die daarstelling van blywende waarde vir organisasies, belanghebbendes en die breër gemeenskap,” voeg De Wet by.
Meer oor die program
Dit is juis hierdie behoefte aan aanpasbare projekbestuursvaardighede en verantwoordelike leierskap wat Akademia se nuwe program ʼn betekenisvolle toevoeging tot sy nagraadse studieaanbod maak. Die program is ontwikkel met die eise van die moderne projekomgewing in gedagte en sluit aan by internasionale riglyne en beginsels vir projekbestuur, waaronder dié van die Project Management Institute (PMI).
Die program bied studente verder die geleentheid om tradisionele projekbestuursbeginsels met Agile-metodologieë te verweef en só ʼn hibriede benadering te ontwikkel wat by uiteenlopende projekomgewings aangepas kan word. By wyse hiervan word professionele persone doelgerig toegerus om met strategiese insig, aanpasbaarheid en verantwoordelikheid leiding te gee.
Die program is op NKR-vlak 8 geregistreer en word deur middel van die instelling se nauurse afstandsmodel aangebied. Dié onderrigleermodel bied aan professionele persone die geleentheid om verdere studie met hul bestaande beroepsverantwoordelikhede te versoen. Die minimum tydsduur vir die program is een jaar, en die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is twee jaar.
ʼn Geïntegreerde leerervaring
Die program bestaan uit ses modules wat verskillende aspekte van projekbestuur dek, naamlik:
Saam bied hierdie modules studente die geleentheid om hul kennis en vaardighede stelselmatig te ontwikkel en dit uiteindelik deur middel van ʼn geïntegreerde sluitsteenprojek prakties toe te pas en te demonstreer.
Van grondbeginsels tot volhoubare projekaflewering
Die Nagraadse Diploma in Hibriede Projekbestuur bied ʼn holistiese benadering tot die ontwikkeling van toekomsgerigte projekbestuursvaardighede. Studente word vanuit die grondbeginsels van projekbestuur begelei om uiteenlopende metodologieë te verstaan, te kombineer en binne verskillende organisatoriese en bedryfsomgewings toe te pas.
Die program is inhoudelik gegrond op die PMI se Liggaam van Kennis oor Projekbestuur (PMBOK)-standaarde. Hierdie standaarde plaas besondere klem op analitiese denke, ondersoekvaardighede en data-interpretasie, en ondersteun ingeligte besluitneming, aanpasbaarheid en etiese leierskap.
Vaardighede vir uiteenlopende beroepsektore
Die kennis en praktiese vaardighede wat studente deur dié program ontwikkel, kan volgens De Wet in ʼn verskeidenheid sektore toegepas word, waaronder inligtingstegnologie, ingenieurswese, gesondheidsorg, onderwys en die sakewêreld.
Gegradueerdes word voorberei vir leierskapsrolle as onder meer projekbestuurders, programbestuurders en portefeuljebestuurders. Die kwalifikasie bied ook ʼn grondslag vir verdere professionele ontwikkeling, met moontlike vorderingsroetes na PMI-sertifisering of meestersgraadstudie, onderhewig aan die toepaslike toelatingsvereistes.
Professionele persone wat daarin belangstel om dié program in 2027 te volg, kan die Akademia-webblad besoek vir meer inligting. Studieaansoeke vir 2027 is oop.
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.