Fontie tree aan vir internasionale marathon én hartsaak

Fontie tree aan vir internasionale marathon én hartsaak Gepubliseer op: 3 Maart 2025 Diederik du Toit (21) is ʼn Fontie op ʼn missie. Nie net maak hy gereed om op 16 Maart vanjaar die Rome Marathon aan te durf nie, maar óók om deur sy deelname bewustheid aan te wakker oor outisme en neurodiversiteit* in […]

As mag sy eie belang dien – ʼn les vir Suid-Afrikaanse onderwys

As mag sy eie belang dien – ʼn les vir Suid-Afrikaanse onderwys Gepubliseer op: 19 November 2024 Geskryf deur Monique Alberts, ʼn dosent in Professionele Studies aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde. Daar lê ʼn groot les vir Suid-Afrikaanse onderwys opgesluit in die bekende satiriese werk, Animal Farm, deur die Britse skrywer George Orwell. Hierdie les […]

Poolse akademikus inspireer Akademia-studente

Poolse akademikus inspireer Akademia-studente Gepubliseer op: 8 Mei 2024 Wat studente ook al studeer, hulle gebruik in hul studie taal/tale en gaan in hul toekomstige werk bewus kommunikeer. Met ander woorde, dit sou goed wees as hulle doelgerig met tale omgaan. Dit is die mening van prof. Jerzy Koch, bekende Poolse akademikus en letterkundige van […]

Wêreldboeke- en Kopieregdag: Verseker só die volhoubare toekoms van die boekbedryf

Wêreldboeke- en Kopieregdag: Verseker só die volhoubare toekoms van die boekbedryf Gepubliseer op: 23 April 2024 Geskryf deur Karien Brits en Sarita Blignaut, taalpraktisyns by Akademia. Dit is vir ʼn hoëronderwysinstelling soos Akademia belangrik om op 23 April Wêreldboeke- en Kopieregdag te vier. Boeke en veral die inhoud van die boeke is uiteraard belangrik vir […]

Die aard en wese van taal

Die aard en wese van taal Gepubliseer op: 18 Maart 2024 Geskryf deur prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie by Akademia Akademia het op Donderdag 14 Maart die nuus bekendgemaak dat die instelling vanaf 2025 ʼn BA (Taalstudies)-program op die voltydse kampusmodel gaan aanbied.* Die instelling is deeglik bewus van die omvattende denke, beplanning, raadpleging […]

Wetenskap en moedertaal: Só word kennis en begrip vervleg

Wetenskap en moedertaal: Só word kennis en begrip vervleg Gepubliseer op: 8 Maart 2024 Geskryf deur Moreen Coetzee, ʼn dosent verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia. Moedertaalonderrig – veral in die Suid-Afrikaanse konteks, bly ʼn punt van bespreking. Die noodsaaklikheid daarvan word verder op die spits gedryf ná die bekendmaking van die 2030-Leespaneel-verslag wat […]

Die verbondenheid van taal

Die verbondenheid van taal Gepubliseer op: 18 Januarie 2024 Geskryf deur Sarita Blignaut en Karien Brits, taalpraktisyns by Akademia. Daar word dikwels taalgrappies met die woord tesourus gemaak wat ʼn prentjie oproep van ʼn soort dinosourus wat woorde verslind. Gelukkig is ʼn tesourus nie ʼn uitgestorwe dier nie – om die waarheid te sê is […]

Sensus 2022: Grafieke is mooi, maar impak is belangriker

Sensus 2022: Grafieke is mooi, maar impak is belangriker Gepubliseer op: 16 Oktober 2023 Geskryf deur Karien Brits, ʼn taalpraktisyn verbonde aan Akademia. Statistiek is nie net ʼn spel met syfers nie, dit bied aan ons ook ʼn nodige oorsigtelike blik op die wêreld waarin ons leef en daag ons persepsies uit. Sensus 2022 se […]

Afrikadag – Afrikaans is ʼn geleentheid in uitdagend tye

Afrikadag – Afrikaans is ʼn geleentheid in uitdagend tye Geskryf deur Karien Brits, taalpraktisyn by Akademia Op 25 Mei word Afrikadag gevier. Die tema van die dag is “Geleenthede in Uitdagende Tye”. Sestig jaar gelede is die Organisasie vir Afrika-eenheid in Addis Abeba (Ethiopië) op hierdie datum gestig en dit is die voorloper van Afrika-unie […]

Net een letter kan ʼn groot verskil maak

Net een letter kan ʼn groot verskil maak Geskryf deur Karien Brits, Akademia se taalpraktisyn Sosiale media gons oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat daarvan beskuldig is dat hulle ʼn “spelfout” op die R100-banknoot gemaak het. Die Tsonga vir Reserwebank het van Banginkulu na Bangikulu (sonder die n) verander en nou is daar van die sprekers […]

Akademia vier Afrikaansdag as trotse Afrikaanse hoëronderwysinstelling

Akademia vier Afrikaansdag as trotse Afrikaanse hoëronderwysinstelling Afrikaans is op 8 Mei 1925 as amptelike taal van Suid-Afrika erken en dit word sedertdien jaarliks as Afrikaansdag gevier. Vandag, 98 jaar later, staan hierdie taal steeds volwaardig sy plek binne die hutspot van ampstale vol. Akademia, as ʼn trotse privaat hoëronderwysinstelling vanuit en vir die Afrikaanse […]