Gepubliseer op: 8 April 2025
Die tafel is gedek vir Akademia se heel eerste kampusopedag in die Paarl, en die opwinding loop hóóg in die Wes-Kaap. Voornemende Fonties* word hartlik uitgenooi om 9 en 10 Mei 2025 in hul kalenders aan te teken en só hulself nie net van hul studiemoontlikhede in 2026 te vergewis nie, maar óók om pionierspore tydens hierdie geskiedkundige geleentheid te kom trap.
Die opedag sal by die instelling se Paarl-sentrum (Bredastraat 1, Esterville) plaasvind en sal uit twee sessies bestaan. Die eerste sessie sal Vrydag 9 Mei om 15:30 begin terwyl die tweede sessie op Saterdag 10 Mei om 09:00 ʼn aanvang sal neem. Tydens hierdie sessies sal voornemende studente, ouers en voogde die geleentheid hê om met dosente, bemarkingsadviseurs én huidige studente te gesels en op dié manier eerstehands kennis te maak met die aard en wese van die instelling.
Akademia se Paarl-kampus
Akademia bou in 2026 voort op sy reeds bestaande Wes-Kaapse sentrumnetwerk in onder meer George, die Paarl en Somerset-Wes waar Fonties hul studie via die nauurse afstandsmodel aanpak.
Die Paarl-kampus sal verder gestalte gee aan Akademia se voltydse kampusmodel, soos wat dit reeds in Centurion die geval is, en sal in sy vestigingsjaar ʼn studietuiste vir ongeveer 340 eerstejaarstudente wees. Fonties sal hier nie net toegang tot die instelling se vyf fakulteite geniet nie, maar ook kan deelneem aan ʼn bruisende en eiesoortige studentelewe.
Prof. Gawie du Toit, wat tans die waarnemende dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia is, sal as hoof van dié kampus diens doen. Du Toit is reeds meer as 35 jaar aktief betrokke in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor as onder meer navorser, departementshoof, kurrikulumontwikkelaar, programdirekteur en senior bestuurder.
Die volgende programme sal met die aanvang van die 2026- akademiese jaar voltyds by dié kampus aangebied word:
BCom (Ekonomie en Regte), BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde), BCom (Ondernemingsbestuur) en BCom (Rekeningkunde)
BA (Kommunikasie en Joernalistiek) en BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
BSc (Rekenaarwetenskappe) – slegs die sagteware-ontwikkeling-stroom
BEd (Grondslagfase-onderwys) en BEd (Intermediêre Fase-onderwys)
Bespreek vandag nóg jou plek
Bespreek vandag nou jou plek by dié opedag en kom ervaar Fontie-wees én pionierskap vir jouself. Aanlyn studieaansoeke vir die 2026- akademiese jaar het op 1 April geopen.
*Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Dié eienaam is afgelei uit die instelling se leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.