Geen uitdaging te groot om gehalte onderrig vir dowe te verwesenlik

Geen uitdaging te groot om gehalte onderrig vir dowe te verwesenlik Gepubliseer op: 9 Junie 2017 Waar daar ʼn wil is, is daar ʼn weg. Akademia het ʼn weg gevind om dit vir ʼn gehoorgestremde student, Jean-Mari Cornelius, moontlik te maak om eersteklas hoër opleiding en opvoeding te ontvang, ten spyte van uitdagings. Jean-Mari het […]
Akademia gesels op die Groot Ontbyt

Akademia gesels op die Groot Ontbyt Gepubliseer op: 1 Junie 2017 GrootFM het op 1 Junie 2017 met Piet le Roux, Akademia se akademiese hoof, oor die jongste woelinge by Akademia gesels. Die onderhoud is op KykNet uitgesaai. https://youtu.be/Il9zi2lEjWc
Toppresteerders deel hul geheim

Toppresteerders deel hul geheim Gepubliseer op: 24 Mei 2017 Met goeie beplanning, selfdissipline en wonderlike ondersteuningstrukture het vyf van Akademia se studente as toppresteerders uit die stryd getree toe hulle hul kwalifikasies in April 2017 ontvang het. Ilze Bakker het die beste gevaar in die BCom Ondernemingsbestuur, terwyl Anell de Beer as toppresteerder van die […]
Bou aan ‘n toekoms op ‘n ryk kultuurerfenis

Bou aan ‘n toekoms op ‘n ryk kultuurerfenis Gepubliseer op: 15 Mei 2017 Akademia is ideaal geposisioneer om nuut oor universiteitswese te dink en op die ryk Westerse kultuurerfenis te bou in ‘n poging om hedendaagse uitdagings te oorbrug. Só het professor Danie Goosen op 3 Mei 2017 tydens ‘n lesing oor die Westerse kultuurerfenis […]
Akademia se studenteraad aangewys

Akademia se studenteraad aangewys Gepubliseer op: 11 Mei 2017 Vyf studente van Akademia is verkies om op die studenteraad (SR) te dien. Hulle is Riaan Zandberg, Rune James, Yolandi Scholtz, Ruan Beukes en Suné Samons. Riaan is as voorsitter verkies en sal die Vanderbijlpark, Somerset-Wes, Paarl en Bellville-sentrums dien. Hy is vir die BCom Bestuursrekeningkunde-graad […]
Akademia-studente voer debat

Akademia-studente voer debat Gepubliseer op: 11 Mei 2017 Vier studente van Akademia het op 14 en 15 April 2017 teen 12 debatspanne van 8 universiteite landswyd aan die Dink of Sink-universiteits-debatkompetisie deelgeneem. Die span wat Akademia teenwoordig het Ilze Nieuwoudt, Johan Nortje, Llewellynn Hemmens en Jacques Steyn het as span aan die debatkompetisie deelgeneem, wat […]
Die universiteitsidee herstel

Die universiteitsidee herstel Gepubliseer op: 8 Mei 2017 Piet le Roux, Akademiese Hoof van Akademia, het in sy bydrae tot die NP Van Wyk Louw-sentrum vir Gemeenskapstudies se verslag, getiteld ‘Argumente vir ’n eie Afrikaanse universiteit’, oor die universiteit en sy verband met Afrikaans besin. Soos 100 jaar gelede is die universiteit en sy verband […]
Argumente vir ’n eie Afrikaanse universiteit

Argumente vir ’n eie Afrikaanse universiteit Gepubliseer op: 8 Mei 2017 Universitêre Afrikaans gaan tans drasties agteruit. Dit is aan hoofsaaklik twee kragte te wyte. Die eerste is die homogeniserende beleid van die huidige regering, waarby staatsgedepartementaliseerde universiteitsowerhede geredelik ingeval het. Die produk is die soort van staatsuniversiteit, wat herhaaldelik in hierdie bundel ter sprake […]
Word ‘n Akademia-alumnus

Word ‘n Akademia-alumnus Gepubliseer op: 10 April 2017 Afgestudeerdes en belangstellendes word genooi om deel van die Akademia Alumnivereniging te word, ʼn netwerk wat jou die geleentheid bied om aan alumni-aktiwiteite deel te neem en ʼn ambassadeur van Akademia in jou gemeenskap, die land en die wye wêreld te wees. Liana Venter, registrateur van Akademia, […]
Akademia ken sy eerste grade toe

Akademia ken sy eerste grade toe Gepubliseer op: 7 April 2017 Akademia het vandag by sy vyfde jaarlikse plegtigheid vir die eerste maal grade toegeken. Die toekenning het geskied aan dertien studente wat in 2014 ingeskryf het en die program BCom Ondernemingsbestuur verlede jaar voltooi het. Kwalifikasies aan altesaam 76 studente van regoor die land, […]
Kolonialisme: anderkant boos of goed

Kolonialisme: anderkant boos of goed Gepubliseer op: 4 April 2017 Kolonialisme kan nie net eenvoudig as of boos of goed afgemaak word nie – dit vra om ‘n genuanseerde ontleding, skryf professor Danie Goosen, lid van Akademia se Adviesraad en voorsitter van die FAK, op Netwerk24. Die storm wat Helen Zille met haar twiet oor […]
Opgradering van optiesevesel verbeter Akademia-studente se leerervaring

Opgradering van optiesevesel verbeter Akademia-studente se leerervaring Gepubliseer op: 29 Maart 2017 Selfs vinniger internet, topgehalte video’s, ekstra skerp beelde en intydse interaktiewe klasse word nou aan Akademia se studente gebied, nadat die optiesevesellyne van 2 megagrepe na 80 megagrepe opgradeer is. Hierdie toonaangewende tegnologiese vooruitgang verseker dat al elf Akademia se landswye studiesentrums nou […]
Akademia bied ‘n kwaliteit leerervaring vir jonk én oud

Akademia bied ‘n kwaliteit leerervaring vir jonk én oud Gepubliseer op: 17 Maart 2017 ‘n Mens is nooit te oud of te jonk om te studeer nie. Dít is wat Akademia se oudste en jongste studente – met 54 jaar ouderdomsverskil tussen hulle – vas glo en ook uitleef. Oom Coenie Groenewald is nou 72 […]
Akademia hou opedag – kom doen aansoek vir 2018

Akademia hou opedag – kom doen aansoek vir 2018 Gepubliseer op: 15 Maart 2017 Akademia se aansoeke vir 2018 is nou oop. Voornemende studente kan aanlyn aansoek doen, of die opedag op 25 Maart 2017 bywoon om meer inligting oor ons kursusse te bekom en daar aansoek te doen. Akademia is ‘n gemeenskapsinstelling binne die […]
Hoe duur is universiteitstudies?

Hoe duur is universiteitstudies? Gepubliseer op: 13 Maart 2017 In die afgelope jaar het die koste om by openbare universiteite te studeer onder die soeklig gekom. Studente het op verskeie kampusse in opstand gekom teen hoë fooie. Einde 2015 het studente geëis dat klasgelde nie verhoog word nie, maar gedurende 2016 het die eise toegeneem […]