Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Akademia vaar vanjaar weer saam matrieks na Pomene-eiland

Gepubliseer op: 31 Maart 2019

Meer as 2 500 matrieks vertrek vanaf 2 tot 6 Desember 2019 op hulle droomvakansie ter viering van die voltooiing van hulle skoolloopbane. Die MSC Orchestra vaar vanaf die Durban-hawe tot by die Pomene-eiland, waar matrieks die geleentheid kry om vir ʼn dag op die pragtige wit strande te vertoef en in die kristalhelder see te baljaar. Akademia is vanjaar weer die borg van die bekende #netMATRIEKSboot, wat jaarliks deur Finesse aangebied word.

Die MSC Orchestra het ruim kajuite en bestaan uit dertien passasiersverdiepings. Op die skip is vyf swembaddens, ʼn spa, ʼn gimnasium, teatervertonings, belastingvrye winkels en vele restaurante. Bekendes soos die Afrikaanse sanger Brendan Peyper, komediant Schalk Bezuidenhout, platjoggie TIMO ODV, en aktrise en motiveringspreker Leandie du Randt gaan sorg vir die vermaak op die skip. Die #netMATRIEKSboot hou jaarliks hope pret in vir die passasiers met aktiwiteite soos partytjies, “lip sync”-kompetisies, karaoke en filmvertonings.

Hierdie vyf dae en vier nagte is beslis ʼn matriekvakansie om te onthou. Minder as ʼn kwart van die kajuite is nog beskikbaar. Kyk ʼn kort video oor die hoogtepunte van verlede jaar se #netMATRIEKSboot. Vir meer inligting oor die #netMATRIEKSboot, besoek MSC se webblad.