Akademia hou opedag landwyd
Gepubliseer op: 25 Julie 2017
Op 29 Julie het voornemende studente van die Pretoria-omgewing die opedae by die Centurion- en Moot-sentrums bywoon. Bloemfontein het op 5 Augustus aan die beurt gekom, terwyl die Kaapse studiesentrums in Paarl, Somerset-Wes en George op 10, 11 en 12 Augustus onderskeidelik opedag gehou het. Voornemende studente van Boksburg het ons studiesentrum op 16 Augustus besoek, en dié in Vanderbijlpark en Krugersdorp op 17 en 18 Augustus onderskeidelik.
By die opedae het studente meer inligting oor Akademia se verskillende programme en rentevrye studielenings kry, asook hulp met aanlyn aansoeke.
Akademia is ʼn gemeenskapsinstelling wat gehalte onderrig in Afrikaans bied. Stuur jou loopbaan in die regte rigting deur vir een van ons grade, gevorderde diplomas of hoër sertifikate in te skryf:
- BCom (Ondernemingsbestuur)
- BCom (Bestuursrekeningkunde)
- BCom (Ekonomie en Regte)
- BCom (Finansiële Beplanning)
- Gevorderde Diploma in Projekbestuur
- Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
- Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
Vir navrae, kontak Akademia by 0861 222 888, e-pos na navrae@akademia.a.c.za of SMS ons by 34933 (R2 per SMS).