Koshuise en daghuise
ʼn Dinamiese koshuis- en daghuislewe is die hartklop van die voltydse studente-ervaring by Akademia. Beide die Pretoria- en Paarl-kampusse se koshuise bied vir studente die geleentheid om diep gemeenskapsbande te vorm, studenteleierskap te ontwikkel en voluit aan die kampuskultuur deel te neem. Inwoonkoshuise en daghuise is beskikbaar vir dames en mans – om ʼn betekenisvolle tuiste te skep. In albei opsies geniet studente deelname aan koshuisaksies, kultuurgeleenthede, sport en ander saamweesgeleenthede wat studentelewe uniek maak.
Inwoonkoshuise
Daghuise
Akademia het ʼn damesdaghuis en ʼn mansdaghuis waarby Akademia-studente kan aansluit. Die doel van ʼn daghuis is om vir studente wat deel
van ons voltydse kampusmodel is, maar nie in ʼn koshuis bly nie, die geleentheid te bied om die pret van die koshuis- en studentelewe te geniet.
Sodoende kan die studente koshuisaksies, dinees en alle kultuur- en sportfunksies van die daghuis bywoon en deel vorm van ʼn unieke en
besondere koshuiskultuur.
Inligting oor aansoeke vir daghuise sal direk aan studente gekommunikeer word tydens hulle eerstejaar.
Alle koshuisaansoeke word via die studieaansoekportaal ingedien. Vir enige navrae stuur ʼn e-pos na koshuisverblyf@akademia.ac.za
Daghuise
Vanaf 2026 sal Fonties op die nuwe voltydse Paarl-kampus by ʼn dames- of ʼn mansdaghuis kan aansluit.
Die doel van ʼn daghuis is om aan studente die geleentheid te bied om die pret van Akademia se bruisende studentelewe te geniet. Op hierdie manier kan studente aan daghuisaksies, dinees, en kultuur- en sportfunksies deelneem en só deel vorm van ʼn unieke en besondere studentekultuur.
Indien jy daarin belangstel om gebruik te maak van koshuisverblyf in die Paarl in 2026, vul asseblief die volgende skakel in:
Meer inligting sal binnekort beskikbaar wees wat koshuisverblyf in die Paarl aanbetref! Vir enige navrae stuur ʼn e-pos na koshuisverblyf@akademia.ac.za.
Privaat verblyf
Ons deel hiermee graag ʼn lys van moontlike privaatverblyfopsies vir Fonties.
Let asseblief daarop dat Akademia geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid neem vir dié nie. Die instelling tree slegs as ʼn sameroeper van inligting op. Kontakpersone kan direk gekontak word vir meer inligting.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

