Werkkry-werkswinkel vir studente

Werkkry-werkswinkel vir studente Gepubliseer op: 16 Oktober 2017 Die BCom Ondernemingsbestuurprogram bied op Vrydag 27 Oktober 2017 ‘n werkswinkel by die Centurion-studiesentrum aan. Die koste is slegs R50 per Student! Die volgende gaan bespreek word by die werkswinkel CV en templaat, onderhoud vrae en jou beeld, kontrakte en fynskrif asook betaalstrokies. Bevestig jou bywooning en […]

Akademia-studente ploeg terug in die gemeenskap

Akademia-studente ploeg terug in die gemeenskap Gepubliseer op: 12 Oktober 2017 Vyf derdejaarstudente wat BCom Ondernemingsbestuur aan Akademia studeer het die geleentheid gekry om ʼn liefdadigheidsprojek saam met ʼn eerste -en tweedejaarstudent te loods. Tanya Ras wou graag ʼn verskil onder kinders maak en het besluit om by die El-Shalem privaatonderriginstelling vir gestremde kinders betrokke […]

Akademia besoek VSA om nuwe denkskool in SA te vestig

Akademia besoek VSA om nuwe denkskool in SA te vestig Gepubliseer op: 6 Oktober 2017 Akademia onderneem van 7 tot 17 Oktober 2017 ʼn akademiese toer na die Verenigde State van Amerika om ʼn aantal kolleges en universiteite te besoek wat spesifiek ʼn samehang van beide opvoeding en opleiding nastreef. Hierdie benadering ontbreek tans in […]

Studentepeiling dui op positiewe leerervaring

Studentepeiling dui op positiewe leerervaring Gepubliseer op: 3 Oktober 2017 Akademia-studente is uiters tevrede met die programinhoud van hul kwalifikasies, die ligging van die studiesentrums, die interaktiewe na-uurse klasse en die digitale leerruimte, die Spens. Dít is bevind na afloop van vanjaar se studentetevredenheidspeiling, waartydens die studente die geleentheid gebied is om aan Akademia terugvoer […]

Die rol van universiteite vanuit ʼn gemeenskapsperspektief

Die rol van universiteite vanuit ʼn gemeenskapsperspektief Gepubliseer op: 27 September 2017 Die rol van universiteite moet inderdaad herbesoek word in ons denke – veral in ʼn tyd waar die sosiale kontrak tussen die universiteit en die Afrikaanse gemeenskap besig is om te verkrummel. Die heel belangrikste kwessie as ons oor die rol van die […]

Akademia smee buitelandse bande tydens besoek aan België

Akademia smee buitelandse bande tydens besoek aan België Gepubliseer op: 21 September 2017 Twee van Akademia se akademiese personeellede besoek België aan die einde van September 2017, waar hulle ’n kongres gaan bywoon en bande met oorsese universiteite smee. Elzette le Roux, programbestuurder van die BCom (Ekonomie en Regte)-graadprogram en Felicia Snyman, vakhoof van Regsgeleerdheid, […]

Studenteadviseurs bied bystand aan voornemende studente

Studenteadviseurs bied bystand aan voornemende studente Gepubliseer op: 14 September 2017 Ses studenteadviseurs oor die land heen is aangestel om voornemende Akademia-studente met raad en daad by te staan. In Gauteng is Tap du Plessis en Leah van Heerden aan stuur van sake, terwyl Pieter Jordaan die leisels in die Vrystaat hou. Die Kaap beskik […]

Akademia-student vir klerkskap gekies

Akademia-student vir klerkskap gekies Gepubliseer op: 4 September 2017 David Keyter, ʼn BCom Ekonomie en Regte-eerstejaarstudent by Akademia, is ná ʼn keuringsproses en onderhoude met verskeie kandidate as kandidaatprokureur by ʼn prokureursfirma in Pretoria aangestel. Hy is vir vyf jaar as klerk aangestel, ʼn tydperk waarbinne hy sy BCom-graad, asook ʼn LLB-graad wil voltooi. Sover […]

Akademia betree nuwe groeifase

Akademia betree nuwe groeifase Gepubliseer op: 25 Augustus 2017 Aan die einde van Augustus verlaat Piet le Roux diens as Akademia se Akademiese Hoof. Alhoewel hy steeds op ʼn ondersteunende basis by die ontwikkeling van ʼn toekomstige kampus vir Akademia betrokke sal wees, begin hy in September in ʼn ander betrekking. Hy gebruik graag dié […]

Studiesentrums in PE en Namibië open deure in 2018

Studiesentrums in PE en Namibië open deure in 2018 Gepubliseer op: 25 Augustus 2017 Akademia brei in 2018 na die Oos-Kaap en Namibië uit, wanneer studiesentrums in Port Elizabeth en Windhoek hul deure vir voornemende studente oopgooi. Dít bring Akademia se voetspoor op 13 studiesentrums te staan. Port Elizabeth se studiesentrum is op die terrein […]

Akademia besit die WAT se “universiteit”

Akademia besit die WAT se “universiteit” Gepubliseer op: 21 Augustus 2017 Akademia is die trotse eienaar van die woord “universiteit”, nadat die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) die woord eksklusief en permanent aan die instelling toegeskryf het. [one] universiteit s.nw.Inrigting vir gevorderde naskoolse studie en navorsing wat gemagtig is om akademiese grade in die kunste […]

Akademia-studente kuier saam in Augustus

Akademia-studente kuier saam in Augustus Gepubliseer op: 7 Augustus 2017 Akademia het in Julie en Augustus ʼn reeks studentekuiers gehou, waar studente en dosente gesellig saam verkeer en die akademiese bande ook op persoonlike vlak gesmee het. Volgens Runé James en Suné Samons, studenteraadslede vir Centurion en Lynnwood se studiesentrum onderskeidelik, was die eerste geleentheid […]

Doen nou aansoek vir rentevrye studielenings

Doen nou aansoek vir rentevrye studielenings Gepubliseer op: 2 Augustus 2017 Akademia bied aan sy studente rentevrye studielenings deur die Helpende Hand Studiefonds. Studente wat aansoek doen om by Akademia te studeer, en graag ook wil aansoek doen om ‘n rentevrye studielening (wat eers terugbetaalbaar is wanneer die student afgestudeer het), kan by die Solidariteit […]

Akademia hou opedag landwyd

Akademia hou opedag landwyd Gepubliseer op: 25 Julie 2017 Akademia het in Julie en Augustus opedae by die meeste van sy studiesentrums gehou, sodat voornemende studente landwyd meer inligting oor ons kursusse kon bekom en daar aansoek kon doen vir studies in 2018. Op 29 Julie het voornemende studente van die Pretoria-omgewing die opedae by […]

Honderd jaar sedert Lenin se Russiese Rewolusie

Honderd jaar sedert Lenin se Russiese Rewolusie Gepubliseer op: 10 Julie 2017 Akademia bied op 31 Julie 2017 ‘n gedenklesing aan by die eeuwording van die Russiese Rewolusie, waartydens Wladimir Lenin aan die mag gekom het en die grondslag vir die USSR gelê is. Die Russiese ekonoom en ekonomiese historikus, prof Yuri Maltsev, gaan as […]