*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Roepingsgedrewe Onderwystoekennings: ʼn viering van uitnemendheid én diensbaarheid

Gepubliseer op:  18 Mei 2026

Akademia se Fakulteit Opvoedkunde het tydens vanjaar se kwalifikasieplegtigheid, wat op
7 Mei 2026 in Pretoria plaasgevind het, ʼn besondere mylpaal gevier. Dié fakulteit het sy eerste graduandi in onderskeidelik die BEd (Grondslagfase-onderwys)– en BEd (Intermediêre Fase-onderwys)-program afgelewer. Ter viering hiervan en in erkenning van akademiese uitnemendheid het die fakulteit tydens die instelling se prestigefunksie ook verskeie studente met die eerste Roepingsgedrewe Onderwystoekennings vereer.

Hierdie toekenning, wat aan studente in die BEd (Grondslagfase-onderwys)- en Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)-program toegeken is, gee erkenning aan onderwysstudente wat nie net akademies uitblink nie, maar ook terselfdertyd ʼn duidelike roepingsbewustheid vir die onderwys toon.

Volgens prof. Johnnie Hay, dekaan: Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia, erken hierdie toekennings die belangrike rol wat onderwysers speel in die bou van toekomsgerigte Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Deur die ondersteuning van ʼn onafhanklike donateur is die volgende studente vir hul passie en toewyding erken:

  • Carine de Vries
  • Dené van Wyk
  • Engela Genis
  • Hestine Bosch
  • Izet Kleynhans
  • Jenny van Blerk
  • Jewell Pelser
  • Louisa Visser
  • Marni Coetzee
  • Nadia Last
  • Niel Pretorius
  • Rita Lues
  • Rochelle de la Rey
  • Sonika Tselepis
  • Stefan van Wyk
  • Tertius Janse van Rensburg
  • Wynand Blomkamp

“Vir my verteenwoordig ʼn onderwyskwalifikasie ʼn hartskwalifikasie en daarom is dit vir ons ʼn besondere voorreg om ons eerste afgestudeerde groep BEd-graduandi na skole te stuur om ʼn beduidende bydrae tot die onderrig en vorming van kosbare kinders te lewer,” meen Hay. Hy voeg by dat hierdie graduandi, sowel as ontvangers van die Roepingsgedrewe Onderwys- toekennings, ʼn opwindende nuwe hoofstuk vir die instelling inlui, naamlik Akademia se toetrede tot die Afrikaanse onderwystoneel met ʼn doelgerigte impak.

Op haar beurt voeg dr. Maretha Steyn, departementshoof: Professionele Studies, by dat roepingsgedrewe onderwysers die onderwysveld as ʼn waardegedrewe roeping sien. Binne hierdie milieu word leerders holisties gevorm, gemeenskappe gedien en die groter samelewing toekomsgedrewe ontwikkel. “Wat ons opgewonde maak oor die ontvangers van hierdie toekennings is dat hulle as opvoeders kreatief met die kurrikulum kan omgaan en leerders sal toerus om doelgerig tot die samelewing by te dra,” sluit Steyn af.

Akademia wens elke BEd-graduandus en ontvangers van die Roepingsgedrewe Onderwystoekennings alle sukses toe met hul toetrede tot die onderwysveld. Die instelling sien met verwagting uit na die impak wat deur hierdie alumni bewerkstellig gaan word.

Akademia se Fakulteit Opvoedkunde het tydens vanjaar se kwalifikasieplegtigheid sy eerste groep graduandi in die BEd (Grondslagfase-onderwys)- en BEd (Intermediêre Fase-onderwys)-program afgelewer.
Engela Genis is een van die ontvangers van Akademia se eerste Roepingsgedrewe Onderwystoekennings. Sy het gedurende 2025 ʼn akademiese gemiddeld van 91% in die BEd (Grondslagfase-onderwys)-program behaal.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.