Akademia-kwalifikasieplegtigheid: ʼn Mylpaal op die reis na prestasie én identiteit

Akademia-kwalifikasieplegtigheid: ʼn Mylpaal op die reis na prestasie én identiteit Gepubliseer op: 6 Mei 2025 Akademia se jaarlikse kwalifikasieplegtigheid is veel méér as net ʼn spoggeleentheid op dié instelling se jaarkalender. Dit verteenwoordig in wese ʼn grootse mylpaal – nie net vir elke afgestudeerde student se reis na prestasie én identiteit nie, maar óók van […]
Akademia-prestigefunksie: Só gedy Fonties in akademie én leierskap

Akademia-prestigefunksie: Só gedy Fonties in akademie én leierskap Gepubliseer op: 6 Mei 2025 Ouers, Fonties, personeel, vriende en alumni het van heinde en verre gereis om Akademia se jaarlikse prestigefunksie op Maandag 5 Mei 2025 by die Fairtree Atterbury Teater in Pretoria by te woon. Tydens hierdie geleentheid is die instelling se bestaansrede as Afrikaanse […]
Joernalistiek-simposium 2025: Die Afrikaanse nuusmedia getuig van innovasie én volhoubaarheid

Joernalistiek-simposium 2025: Die Afrikaanse nuusmedia getuig van innovasie én volhoubaarheid Gepubliseer op: 17 April 2025 Die Afrikaanse nuusmedia bevind homself in ʼn tyd van gróót omwenteling en verandering, maar sy polsslag is sterk. Dit is die mening van verskeie hoëvlakrolspelers in dié dinamiese bedryf wat deelgeneem het aan Akademia se Departement Tale en Kultuurwetenskappe se […]
Voornemende Fonties: Kom trap pionierspore by die eerste Paarl-kampusopedag

Voornemende Fonties: Kom trap pionierspore by die eerste Paarl-kampusopedag Gepubliseer op: 8 April 2025 Die tafel is gedek vir Akademia se heel eerste kampusopedag in die Paarl, en die opwinding loop hóóg in die Wes-Kaap. Voornemende Fonties* word hartlik uitgenooi om 9 en 10 Mei 2025 in hul kalenders aan te teken en só hulself […]
Werk en studeer: Fontie-Alrina balanseer só haar vele verantwoordelikhede

Werk en studeer: Fontie-Alrina balanseer só haar vele verantwoordelikhede Gepubliseer op: 4 April 2025 Akademia-student, Alrina Teichert (39) van die Moot in Pretoria, vertolk as vrou vele uiteenlopende rolle. Nie net is sy ʼn huweliksmaat vir haar argeoloog-man Frank en ʼn ma vir haar drie tienerseuns – Dimitri (14) en die tweeling Alexander en Frank […]
E-pos-vaardighede: Akademia-kundiges deel praktiese advies vir die werksplek

E-pos-vaardighede: Akademia-kundiges deel praktiese advies vir die werksplek Gepubliseer op: 24 Maart 2025 Vier en vyftig jaar ná Ray Tomlinson die eerste e-posboodskap gestuur het, het dié vorm van kommunikasie in méér as net gewildheid en toeganklikheid toegeneem. Vandag vervul e-poskommunikasie ʼn sleutelrol in ons alledaagse lewens, óf dit nou persoonlik óf professioneel is. Volgens […]
Fontie-Marushca katrol gróót toekomsdrome in

Fontie-Marushca katrol gróót toekomsdrome in Gepubliseer op: 18 Maart 2025 Vir Marushca Grobler (18) is daar niks lekkerder as die gevoel wat deur haar pols wanneer ʼn blinklyf aan haar hoek byt en met haar lyn hardloop nie. Om die waarheid te sê, dié opwinding lok haar reeds sedert negejarige ouderdom telkens terug na die […]
Moedertaalonderrig die polsslag van Akademia se roepingstaak

Moedertaalonderrig die polsslag van Akademia se roepingstaak Gepubliseer op: 21 Februarie 2025 Wanneer daar na die spreekwoordelike harde- en sagteware van ʼn hoëronderwysinstelling –soos Akademia – gelet word, is beide belangrik, maar dit is deur goeie sagteware dat gehalte uitsette gelewer word. Uitsette wat ʼn positiewe impak in jou lewe, jou werksplek en jou gemeenskap […]
Wees dapper op Internasionale Moedertaaldag – Akademia-kundige

Wees dapper op Internasionale Moedertaaldag – Akademia-kundige Gepubliseer op: 20 Februarie 2025 Geskryf deur Karien Brits, dosent: Tale en Kultuurwetenskappe aan Akademia se Fakulteit Geesteswetenskappe. Vanjaar vier Afrikaans 100 jaar se amptelike status in Suid-Afrika (Afrikaans as taal is natuurlik véél ouer). Op Vrydag 21 Februarie 2025 is dit dan óók die 25ste herdenking van […]
Akademia vorm my denkwyse én die manier waarop ek die wêreld beskou – Akademia-alumnus

Akademia vorm my denkwyse én die manier waarop ek die wêreld beskou – Akademia-alumnus Gepubliseer op: 17 Februarie 2025 Akademia-alumnus, Chanté Kelder-Jansen van Rensburg (30), is van nature nuuskierig oor die wêreld rondom haar – mense, hul manier van doen en veral die redes waarom hulle op ʼn sekere manier optree al dan nie. In […]
Akademia se Paarl-kampus: Vestigingsproses vorder goed

Akademia se Paarl-kampus: Vestigingsproses vorder goed Gepubliseer op: 11 Februarie 2025 As alles volgens plan verloop sal Akademia se geografiese uitbreiding na die Wes-Kaap in Februarie 2026 ʼn hoogtepunt bereik wanneer dié instelling die deure na sy splinternuwe Paarl-kampus vir die akademiese jaar oopswaai. Só vertel Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, tydens ʼn Wes-Kaap-hoofdegeleentheid […]
Akademia-applous vir matriekklas van 2024

Akademia-applous vir matriekklas van 2024 Gepubliseer op: 14 Januarie 2025 Die lang wag vir die bekendmaking van die 2024-matriekuitslae is uiteindelik verby, en Akademia voeg graag sy stem by die koor van gelukwense aan dié groep skoolverlaters. Julle harde werk en deursettingsvermoë het vir julle die knoop deurgehaak, en hierdie eienskappe baan nou die weg […]
Akademia-kundiges help NRO’s om sosialemediaslim te word

Akademia-kundiges help NRO’s om sosialemediaslim te word Gepubliseer op: 22 November 2024 Die bou van goeie verhoudings staan sentraal tot die effektiewe gebruik van sosiale media, en daarom kan dié kommunikasiemedium net soveel van ʼn positiewe as ʼn negatiewe impak hê, veral wat besigheid betref. Gedagtig hieraan het akademici vanuit die BA (Kommunikasie en Joernalistiek)-program […]
VivA-internskapprogram: Fonties baat by beroepsgerigte werkservaring

VivA-internskapprogram: Fonties baat by beroepsgerigte werkservaring Gepubliseer op: 18 November 2024 Internskapprogramme verteenwoordig ʼn waardevolle rigtingwyser op enige Fontie se loopbaanreis. Nie net bied dit ʼn gulde geleentheid aan studente om hul beroepsvaardighede op te skerp nie, maar ook om hul professionele netwerk te ontwikkel en uit te brei alvorens hulle die werksplek formeel betree. […]
Rapport nou digitaal, maar steeds mooi in rooi getooi – Akademia-mediakenner

Rapport nou digitaal, maar steeds mooi in rooi getooi – Akademia-mediakenner Gepubliseer op: 15 November 2024 Geskryf deur Landi Slatter, dosent: Tale en Kultuurwetenskappe by Akademia en ’n ervare vryskutjoernalis. As ʼn deel van Rapport se redaksie in 2020, het ek die volgende Facebook-plasing ten tye van dié publikasie se 50ste verjaarsdagvieringe geplaas: Sondae ná […]