My pad sonder sig, maar vol passie en drome – Fontie-Elandri

My pad sonder sig, maar vol passie en drome – Fontie-Elandri Gepubliseer op: 2 April 2026 Elandri (Lannie) Harmse (20) en haar gidshond, Yves, is bekende gesigte op Akademia se Pretoria-kampus. Dié tweedejaar-Fontie*, wat in 2024 aan die Hoërskool Prinshof gematrikuleer het, jaag passievol haar studiedroom en toekomsideale na en dien as ʼn groot inspirasie […]
Akademia-studieaansoeke vir 2027 is oop: Lê nou jou eerste toekomsbousteen neer

Akademia-studieaansoeke vir 2027 is oop: Lê nou jou eerste toekomsbousteen neer Gepubliseer op: 1 April 2026 Die toekoms hoef nie ʼn onbekende en selfs gevreesde plek te wees nie. Net só is dit nie iets waaraan daar eers môre gedink moet word nie. Akademia, as onafhanklike hoëronderwysinstelling, huldig die siening dat die toekoms ʼn werklikheid […]
Nuwe Afrikaanse koerant, Die Papier, wys dat koerantwese steeds baie skop het

Nuwe Afrikaanse koerant, Die Papier, wys dat koerantwese steeds baie skop het Gepubliseer op: 6 Maart 2026 Geskryf deur Yolandi Groenewald, dosent: Tale en Kultuurwetenskappe aan Akademia, asook ʼn gesoute en bekroonde omgewings- en sakejoernalis met twintig jaar se ervaring in die mediabedryf. Toe Beeld en Rapport in Desember 2024 die laaste keer op die […]
Moedertaal: Die vrugbare grond waarin kennis, geloof en roeping wortelskiet

Moedertaal: Die vrugbare grond waarin kennis, geloof en roeping wortelskiet Gepubliseer op: 21 Februarie 2026 Op Internasionale Moedertaaldag word die wêreld opnuut herinner aan ʼn eenvoudige, maar diepgaande waarheid: Taal is soveel meer as net ʼn kommunikasiemiddel. Dit is ʼn vormende krag, wat nie net gekoester en gekultiveer behoort te word nie, maar ook met […]
Moedertaalonderrig: soveel meer as ʼn nostalgiese keuse

Moedertaalonderrig: soveel meer as ʼn nostalgiese keuse Gepubliseer op: 21 Februarie 2026 Geskryf deur prof. Danie du Plessis, dekaan: Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia In een van die eerste gedigte wat in Afrikaans neergepen is, skryf Jan Lion Cachet in 1896 onder meer die volgende: “… ek het onder in myn kis ʼn ware towerstaf … […]
Akademia-applous vir matriekklas van 2025: Bou nou voort op dié grondslag

Akademia-applous vir matriekklas van 2025: Bou nou voort op dié grondslag Gepubliseer op: 13 Januarie 2026 Die 2025-matriekuitslae is uiteindelik bekend, en die vreugdesvure brand hoog vanaf die Kaap tot in Musina. Vir derduisende skoolverlaters verteenwoordig dié uitslae egter veel meer as net die voltooiing van hul skoolloopbaan; dit dui óók die begin van ʼn […]
Nuwe Afrikaanse joernalistiekhandboek dien as ʼn mosie van vertroue in dié dinamiese beroepsveld

Nuwe Afrikaanse joernalistiekhandboek dien as ʼn mosie van vertroue in dié dinamiese beroepsveld Gepubliseer op: 26 November 2025 Die splinternuwe boek van die akademikus, prof. Johannes D Froneman, Konstruktiewe joernalistiek vir vandag, het pas by die Akademia Uitgewery verskyn. Dié boek, wat as ʼn inleiding tot die joernalistiek vir beide Afrikaanse studente asook skoolleerders dien – en […]
Nuwe nagraadse program in filosofie ontwikkel denkleiers ter versterking van die gemeenskap

Nuwe nagraadse program in filosofie ontwikkel denkleiers ter versterking van die gemeenskap Gepubliseer op: 23 Oktober 2025 Akademia se Fakulteit Geesteswetenskappe sal vanaf 2026 aan honneursstudente die geleentheid bied om hulself verder in die filosofie te verdiep. Die toevoeging van die BAHons (Filosofie)-program tot dié fakulteit se programverskeidenheid is op Donderdag 23 Oktober 2025 tydens […]
Aanlyn inligtingsessie verken Akademia se BAHons (Media en Kommunikasie)-program vir 2026

Aanlyn inligtingsessie verken Akademia se BAHons (Media en Kommunikasie)-program vir 2026 Gepubliseer op: 23 September 2025 Is jy ʼn media- en kommunikasiepraktisyn wat jouself in die snelveranderende postdigitale era wil onderskei? Indien wel, nooi Akademia se Departement Tale en Kultuurwetenskappe, soos gesetel in die Fakulteit Geesteswetenskappe, jou uit om die BAHons (Media en Kommunikasie)-program tydens […]
Akademia-kundiges dra by tot internasionale publikasiereeks oor forensiese linguistiek

Akademia-kundiges dra by tot internasionale publikasiereeks oor forensiese linguistiek Gepubliseer op: 30 Julie 2025 In die eeufeesjaar van Afrikaans as amptelike taal breek twee Akademia-kundiges, Karien Brits en Natasha Venter, ʼn gróót lansie vir Afrikaans as akademiese- en regstaal. Bydraes van Brits, ʼn dosent in Tale en Kultuurwetenskappe, en Venter, ʼn dosent in Publiek- en […]
Akademia-kundiges skitter by internasionale konferensie oor forensiese en regslinguistiek

Akademia-kundiges skitter by internasionale konferensie oor forensiese en regslinguistiek Gepubliseer op: 21 Julie 2025 Die tweejaarlikse konferensie van die Internasionale Vereniging vir Forensiese en Regslinguistiek (IAFLL) het vanaf 30 Junie tot 4 Julie 2025 in Kaapstad plaasgevind. Tydens dié geleentheid, wat vir die eerste keer op die Afrika-kontinent aangebied is, het drie van Akademia se […]
NRO’s word sosialemediaslim met die hulp van Akademia-kundiges

NRO’s word fondswerwingslim met die hulp van Akademia-kundiges Gepubliseer op: 4 Julie 2025 Akademici vanuit die BA (Kommunikasie en Joernalistiek)-program by Akademia het onlangs ʼn dinamiese fondswerwingswerkswinkel vir verteenwoordigers van verskeie nieregeringsorganisasies (NRO’s) aangebied. Die doel van die Social Savvy-werkswinkel, wat op 26 Junie by die instelling se Moot-sentrum aangebied is, was om NRO’s se […]
Oud-Fontie Elisma lééf haar joernalistieke droom

Oud-Fontie Elisma lééf haar joernalistieke droom Gepubliseer op: 1 Julie 2025 Akademia-alumnus, Elisma van der Watt (23), se kollegas verwys nie verniet na haar as ʼn hedendaagse Nancy Drew nie. Nét soos dié amateurspeurder gee Van der Watt, ʼn hardenuusjoernalis (wat fokus op hofsake, misdaad en ondersoekende artikels) by Maroela Media, nie bes as sy […]
Akademia ontvang voorwaardelike groen lig vir nuwe Paarl-kampusfasiliteit

Akademia ontvang voorwaardelike groen lig vir nuwe Paarl-kampusfasiliteit Gepubliseer op: 1 Julie 2025 Akademia, die Afrikaanse onafhanklike hoëronderwysinstelling, is nóg ʼn stap nader aan die waarmaking van sy nuwe voltydse kampus in die Wes-Kaap. Dit volg nadat die Raad op Hoër Onderwys (RHO) se Hoëronderwys-gehaltekomitee (HOGK) sy voorwaardelike goedkeuring aan die instelling se Paarl-kampusfasiliteit gegee […]
Bekendstelling van Akademia se BA (Algemeen)-program ʼn viering van klassieke begronding

Bekendstelling van Akademia se BA (Algemeen)-program ʼn viering van klassieke begronding Gepubliseer op: 25 Junie 2025 Akademia se Fakulteit Geesteswetenskappe het op Dinsdag 24 Junie 2025 tydens ʼn spesiale bekendstellingsgeleentheid by Pierneef’s Kraal in Pretoria ʼn glasie ter viering van die instelling se nuwe BA (Algemeen)-program geklink. Dié driejaargraadprogram, wat vroeër vanjaar aangekondig is, sal […]