Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Ontdek jou nauurse studieopsies vir 2023 tydens Akademia-inligtingsessie

Gepubliseer op: 19 April 2022

Akademia, die privaat hoëronderwysinstelling, bied aan jou die geleentheid om gehalte onderrig in jou moedertaal te ontvang, terwyl jy werk. Die nauurse onderrigleermodel en die verskeie studieopsies wat nauurs aangebied word, word in diepte by ʼn inligtingsessie bespreek wat op 23 April vanaf 10:00-11:00 gehou word. Hierdie inligtingsessie word aanlyn asook by ʼn landswye netwerk van studiesentrums aangebied.

Dié nauurse model bied ʼn gerieflike rooster vir enige persoon met ʼn besige skedule wat reeds werk of ander drome najaag. Studente wat nauurs by Akademia studeer het ʼn keuse om vir klasbywoning by ʼn nabygeleë studiesentrum aan te sluit, of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer.

Die inligtingsessie sal voornemende studente toerus om met ʼn rustige hart te besluit of die nauurse opsie by Akademia hulle soos ʼn handskoen sal pas. Die kort dog kragtige sessie se program is propvol gepak met belangrike inligting. Daar sal ook ʼn gulde geleentheid wees vir vrae waarmee jy enige onsekerhede uit die weg kan ruim om sodoende ʼn ingeligte keuse te kan neem.

Waarvoor wag jy? Maak seker dat jy jou naaste studiesentrum besoek vir hierdie waardevolle inligtingsessie of skakel sommer aanlyn in. Voornemende studente wat die gratis inligtingsessie wil bywoon moet teen 22 April om 12:00 registreer om toegang tot die sessie te verkry. Klik hier om jou sitplek te bespreek. Akademia, jou loopbaanreis begin hier!

Nauurse studente kan saam met mede-studente oor ʼn landswye netwerk van studiesentrums interaktiewe klasse bywoon.
Nauurse studente kan ook vanuit die gemak van hul eie huis of kantoor met die e-leeropsie klas bywoon.