INLIGTINGSESSIE OOR NAUURSE STUDIES BY AKADEMIA

INLIGTINGSESSIE OOR NAUURSE STUDIES BY AKADEMIA

DATUM

20 AUGUSTUS 2022

TYD

10:30 – 11:30

PLEK

AANLYN / STUDIESENTRUMS

Studeer nauurs terwyl jy jou drome najaag

Akademia se nauurse afstandsmodel is ideaal vir studente wat werk, of ander belangstellings nastreef. Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede vir 2023.

Die inligtingsessie word aanlyn of by van ons studiesentrums (Bloemfontein, Centurion, George, Krugersdorp, Paarl) aangebied en sal fokus op studies op die nauurse afstandsmodel vir 2023.

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE

  • ʼn Oorsig van Akademia
  • Wat kan ek studeer?
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.

Let asb. daarop dat die inligtingsessie NIE studies op die voltydse kontakmodel (d.w.s. op die Centurion-kampus) hanteer NIE.

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?

  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op ‘Bespreek’.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
  • Indien jy vir die aanlyn sessie registreer, sal die skakel na die aanbieding nader aan die tyd elektronies aan jou gestuur word. Hou gerus jou e-posse dop.

MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE AFSTANDSMODEL

  • Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.
  • Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE VAN AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE