Fakulteite
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
OORSIG
Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is Akademia se oudste fakulteit wat in 2012 tot stand gebring is. Hierdie fakulteit huisves ongeveer 1 750 studente en beskik oor een honneursprogram, vyf graadprogramme, twee nagraadse diplomas en twee hoër sertifikate. Die fakulteit word onder leiding van dr. Rachel Maritz as dekaan bestuur.
DEPARTEMENTE
- Bestuurswetenskappe
- Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
STUDIERIGTINGS
Nauurse afstandsmodel
Voltydse kampusmodel

PERSONEEL
TOEKOMSMUSIEK
Fakulteit Geesteswetenskappe
Fakulteit Geesteswetenskappe
OORSIG
Die Fakulteit Geesteswetenskappe het in 2019 die tweede fakulteit van Akademia geword. Hierdie fakulteit huisves ongeveer 100 studente in drie graadprogramme en een honneursprogram. Die fakulteit bied ook diensmodules aan vir ander fakulteite. Die fakulteit word onder leiding van prof. Danie Goosen as waarnemende dekaan bestuur.
DEPARTEMENTE
- Sosiale Wetenskappe
- Tale en Kultuurwetenskappe
STUDIERIGTINGS
Nauurse afstandsmodel
PERSONEEL
ERELEERSTOELE
Ereleerstoel in veiligheidstudies
Dr. Heinrich Matthee, bekende politieke en veiligheidsake-ontleder, is op Dinsdag 28 Maart bekendgestel as die eerste bekleër van die ereleerstoel in veiligheidstudies binne die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia.
Die ereleerstoel het verskeie doelwitte in die vooruitsig gestel. Hierdie doelwitte sluit in:
- Die ontwikkeling en aanbieding van ʼn toekomstige honneursmodule in gemeenskap- en veiligheidstudies.
- Die ontwikkeling en aanbieding van ʼn kortkursus in veiligheidstudies.
- Die ontwikkeling en aanbieding van werkswinkels in veiligheidstudies.
- Die aanstelling van ʼn navorsingsgenoot onder die ereleerstoel by Akademia.
- Om ondersoek in te stel oor die totstandkoming van ʼn instituut vir veiligheid- en toekomsstudies by Akademia.
- Om navorsing oor en opleiding in onderhandeling en mediasie in die gemeenskap te doen.

Dr. Heinrich Matthee is ʼn direkteur van die JISR-navorsingsprogram vir bedrywe in die Midde-Ooste, en ʼn nie-residensiële navorser van die Emirate Beleidsentrum in die Verenigde Arabiese Emirate. Dr. Matthee het 27 jaar ervaring as ʼn strategiese ontleder en adviseur vir organisasies in die Midde-Ooste en Afrika en is die skrywer van etlike publikasies oor geopolitiek, geo-ekonomie, identiteitspolitiek en konflikstudies in die Midde-Ooste, Afrika en Europa. Hy het ʼn BA (LLB)-graad, twee nagraadse kwalifikasies in Strategiese Studies en nternasionale Verhoudinge en ʼn DPhil in Politieke Wetenskappe (magna cum laude) van Marburg-Universiteit in Duitsland verwerf.
TOEKOMSMUSIEK
Fakulteit Natuurwetenskappe
Fakulteit Natuurwetenskappe
OORSIG
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is in 2019 by Akademia gestig. Hierdie fakulteit huisves ongeveer 65 studente in twee voorgraadse programme. Die fakulteit word tans onder leiding van dr. Piet Pretorius as waarnemende dekaan bestuur.
STUDIERIGTINGS
PERSONEEL
OOREENKOMSTE
Die Hongaarse Universiteit van Landbou- en Lewenswetenskappe (afgekort as MATE) en Akademia het op Dinsdag 31 Januarie tydens ʼn geleentheid by die instelling se Centurion-kampus amptelik ʼn samewerkingsooreenkoms onderteken. Die samewerkingsooreenkoms, wat vir vyf jaar geldig is, fokus hoofsaaklik op die ontwikkeling van landbou- en lewenswetenskappe deur middel van akademiese samewerking in die areas van navorsing, onderrig en fakulteitsontwikkeling.
TOEKOMSMUSIEK
Fakulteit Opvoedkunde
Fakulteit Opvoedkunde
OORSIG
Die Fakulteit Opvoedkunde is in 2019 op die been gebring. Hierdie fakulteit het ten doel dat studente nie net kundig binne ʼn bepaalde dissipline sal wees nie, maar dat hulle tegelyk insig in die samehang van werklikheidsaspekte sal verkry. Die fakulteit huisves tans ongeveer 230 studente in drie professionele onderwysprogramme en staan onder die leierskap en bestuur van prof. Gawie du Toit as dekaan.
DEPARTEMENTE
- Opvoedkundestudies
- Professionele Studies
STUDIERIGTINGS
Nauurse afstandsmodel
PERSONEEL
ERELEERSTOELE
Ereleerstoel in onderwysleierskap
Die eerste bekleër van Akademia se ereleerstoel in onderwysleierskap, dr. Pierre Edwards, is op Donderdag 16 Februarie 2023 by ʼn besonderse geleentheid in Centurion bekendgestel. Edwards is die voormalige skoolhoof van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.
Dié ereleerstoel in die Fakulteit Opvoedkunde het ten doel om die akademiese statuur van onderwysleierskap by Akademia na te vors, te versterk en uit te bou, gerig deur Akademia se vormingsideaal.

Pierre Edwards matrikuleer in 1970 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool en verwerf daarna aan die universiteite van Pretoria, die Oranje Vrystaat en Unisa die grade BA (met lof), BA Honns. (Geskiedenis), BEd, MA-Geskiedenis (met lof), D.Phil-Geskiedenis (UOVS) en D.Phil-Geskiedenis (UP), asook ʼn HOD-diploma (met lof) en Diploma in Onderwysbestuur (met lof) aan die Onderwyskollege vir Verdere Opleiding. Hy is ook as die beste student in Onderwysbestuur (1992) aangewys. Na drie jaar as deeltydse dosent in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria het hy in 1979 as onderwyser in Wiskunde en Geskiedenis na sy alma mater teruggekeer en is in Januarie 1992 as die sewende hoof van die Afrikaanse Hoër Seunskool aangestel. Hy sou die pos vir 27 jaar beklee. Hy het in 2013 die FAK se toekenning vir uitnemende onderwys ontvang en in 2014 is die Elizabeth C. Steijn-medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom toegeken.
TOEKOMSMUSIEK
Fakulteit Regsgeleerdheid
Fakulteit Regsgeleerdheid
OORSIG
Die Fakulteit Regsgeleerdheid is Akademia se jongste fakulteit wat in 2022 amptelik bekendgestel is. Hierdie fakulteit huisves ongeveer 520 studente in die LLB-program wat sedert 2020 op die nauurse afstandsmodel en sedert 2023 op die voltydse kampusmodel aangebied word. Die BCom (Ekonomie en Regte)-program word in samewerking met die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied en bestaan tans uit 70 studente. Die fakulteit se missie is om ʼn baken van gehalte regsopleiding, kritiese denke, die bewaring en uitbreiding van Afrikaans as regswetenskapstaal, gemeenskapsdiens en bowenal hoop te wees. Die fakulteit word tans onder leiding van prof. Hermie Coetzee as dekaan bestuur.
DEPARTEMENTE
- Privaat- en Handelsreg
- Publiek- en Prosesreg
STUDIERIGTINGS
Nauurse afstandsmodel
Voltydse kampusmodel