Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Beproef jou studiemoontlikhede tydens Akademia-inligtingsessie

Gepubliseer op: 7 Augustus 2022

Maak gereed om jou studiedrome te bewaarheid! Akademia bied vir jou en ander die geleentheid om gehalte onderrig in jou moedertaal te ontvang – dit terwyl jy werk of ander drome najaag. Die nauurse afstandsmodel met die verskeie studieopsies word by ʼn inligtingsessie bespreek wat op Saterdag 20 Augustus vanaf 10:30-11:30 gehou word. Die inligtingsessie word aanlyn of by van Akademia se studiesentrums (Bloemfontein, Centurion, George, Krugersdorp, Paarl, Pretoria, Vanderbijlpark) aangebied.

Studente wat op die nauurse afstandsmodel by Akademia studeer, het ʼn keuse om vir klasbywoning by ʼn nabygeleë studiesentrum aan te sluit, of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer. Akademia bied ook ʼn bruisende e-leergemeenskap aan vir voornemende studente, aangesien die groter meerderheid van Akademia se studente (oftewel Fonties) reeds op die nauurse afstandsmodel studeer.

“Akademia het my die gulde geleentheid gebied om werkservaring op te doen terwyl ek studeer, en dit nog in my moedertaal,” het Natasja Jansen, toppresteerder van die 2021-BCom (Finansiële Beplanning)-kwalifikasie gesê van dié afstandsmodel.

Wat gaan jy alles baat by die inligtingsessie? Akademia wil vir jou die geleentheid bied om te besluit of die nauurse afstandsmodel die beste onderrigleeropsie vir jou is. Die blitsvinnige sessie se program bied belangrike en insiggewende inligting en raad aan voornemende studente en help met aansoekprosesse. “So skraap al jou vrae bymekaar sodat enige onsekerhede uit die weg geruim kan word sodat jy die regte studiekeuses kan maak,” sê Lizan Maree, bestuurder van Studentewerwing oor die inligtingsessie.

Maak seker dat jy jou naaste studiesentrum besoek vir hierdie insiggewende inligtingsessie of skakel sommer aanlyn saam met jou geliefdes in. Klik hier om jou sitplek te bespreek. Akademia, waar hart, denke en vriendskap gevorm word!

Nauurse studente kan saam met medestudente oor ʼn landswye netwerk van studiesentrums interaktiewe klasse bywoon. Akademia het ook ʼn studiesentrumkomitee (SK) wat vir die nauurse studente ʼn bruisende studentelewe aan die gang hou.
Nauurse studente kan ook vanaf hul eie huis, kantoor of oorsee met die e-leeropsie klas bywoon.