Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Word só vriend van Akademia

Gepubliseer op: 14 September 2020

Akademia, dié privaat Afrikaanse hoëronderwysinstelling, verteenwoordig die idee van die klassieke, selfstandige universiteitswese. Selfstandigheid, groei en ontwikkeling kan nie vermag word sonder die volgehoue ondersteuning van ʼn gemeenskap van vriende wat ons hande sterk maak nie. Akademia as instelling is al sedert 2011 ʼn werklikheid deur talle bydraes van enige omvang vanuit ʼn gemeenskap wat graag ʼn verskil wil maak. Hierdie bydraes het Akademia help groei na nuwe hoogtes en word daar vanaf 2021, bykomend tot die reeds suksesvolle nauurse model, ʼn voltydse model vir skoolverlaters in die vooruitsig gestel. Studente sal bedags kan klas draf op die Centurion-kampus, waar hulle op ʼn tradisionele wyse onderrig word deur ʼn dosent wat fisies in die klas teenwoordig is.

Jy kan Akademia help uitbou tot ʼn wêreldklasuniversiteit wat geleenthede vir ons jeug, én werkendes wat hulself verder wil toerus, te skep. Hier is vier maniere hoe jy of jou besigheid betrokke kan raak.

  1. Studeer verder of laat jou werknemers verder studeer

Jy of jou werknemers kan ʼn gehalte-kwalifikasie by Akademia voltooi deur nauurse studies aan te pak. Akademia se nauurse onderrigmodel bied die ideale geleentheid vir persone om tegelyk werks- en studieverpligtinge na te kom. So waarvoor wag jy? Skryf in vir studies, of bied jou werknemers die geleentheid om ʼn kwalifikasie by Akademia te voltooi, en ploeg so verdere professionele kundigheid in jou besigheid.

  1. Studiebeurse of rentevryelenings aan studente

Individue of besighede kan geld skenk, of beurse en rentevrye studielenings beskikbaar stel om vir ʼn student die geleentheid te bied om ʼn kwalifikasie te voltooi. Boonop hou sulke donasies belastingvoordele vir geregistreerde maatskappye  in.

  1. Internskappe en werksgeleenthede aan huidige studente

Raak betrokke by Akademia se Loopbaanontwikkelingsprogram deur aan studente werksblootstelling te bied sodat hulle eerstehands kan ervaar wat hulle gekose beroepe gaan behels. ʼn Ander moontlikheid is om advertensies van vakante poste aan ons studente beskikbaar te stel. Oorweeg ook gerys om studente uit te nooi na netwerkgeleenthede in jou besigheid. Só help ons saam om afgeronde studente aan Afrikaanse gemeenskap te lewer.

  1. Deel professionele kennis en bronne

Word ʼn vriend van Akademia deur professionele of akademiese kennis met Akademia te deel ter ondersteuning van haar institusionele groei. Dit kan die vorm aanneem van handboeke en ander hulpbronne, die deel van navorsing, of selfs die ontwikkeling van akademiese programme. Nooi ook ander uit om ons te kontak en Akademia se netwerk so te help groei.

As jy graag betrokke wil raak en help bou aan dié Afrikaanse studietuiste, besoek gerus ons webblad hier of stuur ʼn e-pos na vriende@akademia.ac.za.