*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Studentesake

Studenteondersteuning

Jy is méér as net ʼn studentenommer!

Hoe lyk studenteondersteuning by Akademia?

Akademia is daartoe verbind om die denke én hart van sy studente te vorm met die oog op ʼn vrye toekoms. In die lig hiervan het Studenteondersteuningsdienste dit ten doel om Fonties nie net op hul studiereis te ondersteun nie, maar ook in hul persoonlike lewe leiding te bied.

Ontmoet die span

Dr. Heleen Coetzee

Dr. Heleen Coetzee
Hoof: Studentesake

Dr. Annelize van Antwerp

Dr. Annelize van Antwerp
Bestuurder: Studenteondersteuning 

Dr. Mandie Dubery

Dr. Mandie Dubery
Maatskaplike werker

Dr. Sharon Kruger
Opvoedkundige sielkundige 

Elana Kriel
Opvoedkundige sielkundige

Karla Badenhorst

Karla Badenhorst
Voorligtingsielkundige

Michelle van Niekerk

Michelle van Niekerk
Beampte: Studentewelstandsondersteuning

Bóchulè Swanepoel

Bóchulè Swanepoel
Koördineerder: Studentewelstandsondersteuning

Megan Meyer

Megan Meyer
Organiseerder: Loopbaankantoor

Studenteondersteuning

 

Akademia bied emosionele, akademiese, maatskaplike en finansiële ondersteuning aan studente, asook inisiatiewe wat op studente se holistiese welstand fokus. Studenteondersteuningsdienste behels ook loopbaanadvies en -voorbereiding om Fonties gereed te maak vir die werksplek. Hierdie ondersteuning vind plaas deur verskeie aksies en programme wat deur die loop van die jaar deur die multiprofessionele span aangebied word.

Akademiese ondersteuning

Akademiese ondersteuning is daarop gemik om alle studente op hulle akademiese reis te ondersteun, hul akademiese prestasie te verbeter en leeruitdagings soos konsentrasie, die hoof te bied. Vaardighede soos tydsbestuur, die hantering van prestasie- en toetsangs asook studiemetodes word vanuit ʼn holistiese benadering toegepas. Studente kan individuele konsultasies bespreek om hulp te ontvang met gepaste leertegnieke en studiemetodes. Studenteondersteuning fasiliteer ook aansoeke vir leerakkommodasies. Daar word verder ʼn buitekurrikulêre program aangebied genaamd die Kuns van Studentwees wat fokus op akademiese geletterdheid en sluit opleiding en ontwikkeling in basiese rekenaarvaardighede, akademiese taal- en skryfvaardighede, basiese akademiese navorsing, leerstrategieë en wenke vir die aflê van assesserings in.

 

Professionele leerondersteuning en -ontwikkeling word deur middel van individuele en/of groepkonsultasies aan voltydse kampus- en nauurse afstandstudente aangebied. Studenteondersteuning skep ʼn veilige, ondersteunende en vertroulike omgewing waar studente welstandsondersteuning kan ontvang en die nodige hulp kan kry om uitdagings doeltreffend te kan hanteer en hul volle potensiaal te kan bereik.

Studenteondersteuning bied ʼn veilige en vertroulike omgewing aan studente waarbinne hulle emosionele welstandsondersteuning ontvang en is daarop gefokus om gedagtes en gevoelens op ʼn gesonde manier te herken, te ervaar en te bestuur. Terapeutiese ondersteuning word deur geregistreerde sielkundiges aan studente gebied.

Maatskaplike ondersteuning word gebied om studente se psigososiale welstand te bevorder en om maatskaplike faktore wat hul akademiese sukses en algehele funksionering beïnvloed, te identifiseer en te hanteer. Deur hierdie proses word studente ondersteun om die nodige emosionele kapasiteit, stabiliteit en veiligheidsgevoel te ontwikkel sodat hulle hul aandag optimaal op hul studie kan toespits. Studente wat met finansiële uitdagings gekonfronteer word, kan by die Studenteondersteuning-span aanklop vir inligting rakende studielenings asook ondersteuning met die aansoekproses.

Fontie-welstand ondersteun die student as geheel deur geleenthede, hulpbronne en inisiatiewe wat persoonlike groei, verhoudings, betrokkenheid en ʼn gebalanseerde studentelewe bevorder.

 

Voogde-inisiatief

Die Voogde-inisiatief verbind studente in klein groepe met ʼn voog om ondersteunende verhoudings, persoonlike ontwikkeling en nuwe netwerke te bevorder. Studente uit verskillende studierigtings en koshuise kry die geleentheid om saam te groei, gesprekke te voer en mekaar te ondersteun. Die inisiatief sluit eerstejaars-, leiers- en beroepsvoogde in, wat fokus op ondersteuning, leierskapsontwikkeling en blootstelling aan die beroepswêreld.

Fontie-welstandsessies

Fontie-welstandsessiesskep ruimte vir studente om sinvolle gesprekke te voer, nuwe perspektiewe te ontdek en as mens te groei. Onderwerpe sluit onder meer identiteit, verhoudings, leertegnieke en ander aspekte van die studentelewe in. Die sessies bied praktiese kennis en tegnieke wat studente kan toerus om die uitdagings van studentwees en die lewe met groter selfvertroue te hanteer.

 

Omgeeweek

Omgeeweek word in samewerking met aangebied en skep geleenthede vir studente om om te gee, diensbaar te wees en ʼn positiewe verskil in die gemeenskap te maak. Studente word ook op ʼn interaktiewe en pret manier aan die verskillende welstandshulpbronne en ondersteuningsgeleenthede binne Akademia bekendgestel.

Mediese ondersteuning

Fontie-welstand help studente om toegang tot betroubare en bekostigbare mediese ondersteuning te kry. Deur ʼn netwerk van mediese diensverskaffers en hulpbronne word studente ondersteun met toegang tot onder meer primêre gesondheidsorg, apteekdienste, immunisering, geestesgesondheidsondersteuning en ander mediese dienste. Die fokus is daarop om studente se fisiese en algehele welstand te ondersteun en toegang tot toepaslike hulp makliker te maak.

 

Veiligheid

Studente se veiligheid en gemoedsrus is ʼn belangrike deel van hul welstand. Fontie-welstand ondersteun studente deur ʼn toegewyde veiligheidstoepassing wat toegang bied tot ʼn 24/7-beheerkamer en hulp in die bestuur van veiligheids-, mediese of brandnoodgevalle. Die toepassing stel studente in staat om hul behoefte aan hulp vinnig aan te meld en hul ligging met die beheerkamer te deel, sodat toepaslike ondersteuning in ʼn noodgeval geaktiveer kan word.

 

K53

Fontie-welstand ondersteun studente wat nog nie ʼn bestuurslisensie het nie deur hulle toegang tot betroubare bestuurslesse en ʼn gevestigde bestuurskool te bied. Die inisiatief help om die proses makliker en meer toeganklik te maak, en ondersteun studente op pad na groter selfstandigheid en mobiliteit.

 

Verenigings

Verenigings gee aan studente die geleentheid om buite die akademiese omgewing betrokke te raak by aktiwiteite en belangstellings wat vir hulle belangrik is. Dit skep ruimte vir ontspanning, nuwe vriendskappe, persoonlike ontwikkeling en die bou van waardevolle netwerke. Verenigings word hoofsaaklik deur studente gedryf en bied aan studente die geleentheid om ook hul leierskap, inisiatief en betrokkenheid te ontwikkel.

Help ʼn Fontie-komitee

By Akademia glo ons dat studente mekaar op ʼn besonderse manier kan ondersteun. Die Help ʼn Fontie-komitee is ʼn verlengstuk van Studenteondersteuning en bestaan uit opgeleide studenteleiers wat toegerus word om na hul medestudente om te sien en ʼn kultuur van omgee, ondersteuning en gemeenskap te bevorder.

Studente wat onseker is of hulle vir die regte studieprogram ingeskryf is, kan Studenteondersteuning kontak vir studie- en beroepsvoorligting. Studenteondersteuning bied verder ook evaluasies vir vakkeuses vir graad 9-leerders in groepsverband by skole aan, of individuele assesserings vir vak- en loopbaankeuses vir graad 9 en 11 leerders. Meer inligting kan hier gevind word.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.