*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Studentesake

Loopbaankantoor

Kry vroegtydig ʼn voet in die (werks)deur en begin
jou loopbaanreis hier

Die Loopbaankantoor, in vennootskap met Solidariteit, bied die volgende geleenthede en ondersteuning aan studente:

opleiding en terugvoer rakende professionele CV’s;

onderhoudsprosesvoorbereiding en -advies;

beroepspesifieke werksplekvoorbereiding en -opleiding; en

loopbaan- en werksverwante advies vir Fonties.

Die Loopbaankantoor bied verder:

toegang tot beskikbare poste, klerkskappe en internskappe deur middel van ʼn Akademia-groep op die Solidariteit platform

toegang tot Werfnet, ʼn werwingsmaatskappy wat spesialiseer in doelgerigte passing tussen beskikbare poste en studente.

toegang tot netwerkgeleenthede met mense in jou beroep.

ʼn jaarlikse loopbaanskou waar jy maatskappye vanuit die praktyk ontmoet.

skaduwerk-geleenthede – spesifiek vir Fonties

jaarlikse Student tot Meester, waar jy die geleentheid het om met kenners in jou toekomstige beroep te gesels.

Akademia se Loopbaankantoor word bedryf in samewerking met

Akademia se Loopbaankantoor word bedryf in samewerking met

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.