*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Studentesake

Studentelewe

Studentwees is méér as net jou studie

By Akademia word ons studente Fonties genoem. Hierdie eienaam is afgelei uit ons leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne. Vrylik vertaal beteken fontes ook fonteine. Om ons studente Fonties te noem is dus nie bloot nét ʼn afleiding van die naam van die instelling nie, maar dra ook ʼn spesiale betekenis. Soos goeie fonteine standhoudende skoon water gee aan die omliggende omgewing, is die ideaal dat Fonties só tot diens van hul gemeenskap sal wees.

Met dié strewe in gedagte, behels Fontie-wees méér as net jou studie – dit is ook die kodewoord vir ʼn bruisende studentelewe. Dit is om in Afrikaans en binne ʼn Christelike konteks jou talente te ontwikkel, kosbare herinneringe te maak en lewenslange vriendskappe te smee.

“Die studentelewe is vol nuwe avonture en ervarings wat jou uit jou gemaksone bring. Daar is ʼn gevoel van vryheid en ontdekking, waar jy jouself beter leer ken. Dit is ʼn tyd waar jy saam met nuwe lewenslange vriende lag, leer en bou aan herinneringe wat vir altyd sal bly.”

Matthew Luës, ondervoorsitter van die 2024/2025-studenteraad

Hoe lyk die nauurse studentelewe?

Akademia se studentelewe bied ʼn tuiste waar Fonties se denke én hart geïntegreerd ontwikkel. Deur ʼn verskeidenheid nauurse aktiwiteite en geleenthede word gemeenskapsvorming en ʼn sterk gevoel van behoort bevorder. Studente kry die geleentheid om hul talente en identiteit te ontdek, hul plek in die gemeenskap te vind en met selfvertroue vir ʼn vrye toekoms voor te berei. Langs die pad smee Fonties betekenisvolle vriendskappe en waardevolle netwerke wat hulle lank ná hul studentejare sal ondersteun.

Raak betrokke by die aktiwiteite by jou naaste Akademia-sentrum of neem deel aan aanlyn geleenthede. Akademia se netwerk van sentrums sluit Bloemfontein, Centurion, George, die Moot (Pretoria), die Paarl en Somerset-Wes in.

ONTMOET DIE SR VIR 2026/2027

Die Akademia-studenteraad (SR) dien as die stem van die nauurse Fonties en verteenwoordig hul belange binne Akademia. Hulle speel ʼn sleutelrol in die bevordering van ʼn aktiewe en betrokke studentelewe vir die nauurse studente.

Die portefeuljes vir SR 2026/2027 is as volg toegeken:

Elsomé Thuynsma
Voorsitter

Hendru Stiglingh
Adjunkvoorsitter

Carli Els
Nauurs: Bemarking en Kommunikasie

Albert Cloete
Nauurs: Studentelewe

NAUURSE UITVOERENDE KOMITEE

Die uitvoerende komitee (UK), as deel van die studenteraad (SR), verteenwoordig nauurse studente, bevorder studentelewe en ʼn positiewe studentekultuur. Hierdie komitee dien as die skakel tussen studente, die SR en Studentesake. Elke sentrum het ʼn UK-lid wat leierskapsvaardighede binne die studentegemeenskap ontwikkel en studente plaaslik ondersteun.

Ontmoet die nauurse Studentesake-span

Die nauurse Studentesake-span ondersteun die vestiging van ʼn veilige, ondersteunende studietuiste, hetsy aanlyn of by die verskeie sentrums, en bevorder ʼn sterk studentegemeenskap.

Elcke Katzke

Elcke Katzke

Leier: Nauurse studentelewe

Bianca le Roux

Bianca le Roux

Beampte: Nauurse studentelewe

Elrike Esterhuyse

Beampte: Nauurse studentelewe

Otto van der Westhuizen

Otto van der Westhuizen

Beampte: Nauurse studentelewe

NAUURSE STUDENTELEWEGELEENTHEDE

As ʼn nauurse afstandstudent is daar verskeie aktiwiteite en geleenthede waarby jy kan inskakel om deel te wees van Akademia se bruisende studentelewe. Die instelling se netwerk van sentrums bied aan Fonties dwarsoor die land ʼn plek om byeen te kom en om ʼn gemeenskap te vorm. Daar word ook verskeie aanlyn geleenthede aangebied om studente in staat te stel om aktief betrokke te wees, ongeag hul ligging. Nauurse afstandstudente in die Paarl en Pretoria omgewing is ook welkom om by voltydse verenigings aan te sluit.

 

Hier is ʼn paar hoogtepunte uit die nauurse studentelewe:

 

A-gemeenskap

Hierdie inisiatief skep ʼn platform vir nauurse afstandstudente van dieselfde jaargroep en program om aanlyn bymekaar te kom. Op hierdie manier kan nauurse Fonties mekaar beter leer ken, ondersteuningsnetwerke vorm, vriendskappe kweek én studentwees saam ervaar.

Van noot-vir-noot tot bingo en algemene vasvra-aande, ʼn verskeidenheid virtuele geleenthede deur die jaar sorg vir ʼn welkome (en baie pret) blaaskans van die akademiese verpligtinge.

Fontie-boekliefhebbers lees en bespreek deur die loop van die jaar verskeie boeke saam. Hulle kom bymekaar vir aanlyn besprekingsessies, uitdagings en vasvrae met opwindende pryse op die spel.

Studente wat ʼn passie vir fotografie het kry die geleentheid om verskillende temas deur hul kameralense vas te vang en só hulle kreatiwiteit op die proef te stel, foto-idees met mekaar te deel én nuwe fotografievaardighede aan te leer.

Deur die loop van die jaar word verskeie waardetoevoegende, sosiale en netwerkgeleenthede by die verskeie sentrums aangebied. Hierdie byeenkomste rus nauurse afstandstudente toe om sterk ondersteuningsgemeenskappe te bou. Hier is ʼn paar van die sentrumgeleenthede waarna Fonties elke jaar kan uitsien:

Sentrumafskop  ||  Simposiums  ||  Sosiale geleenthede  ||  Afsluitingsfunksies  ||  Wyn-en-pizza-aande

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.