PERSONEEL
Akademia het uitnemende en roepinggedrewe personeel wat bydra tot ’n leerervaring van wêreldgehalte.
DEKAAN
Dr. Rachel Maritz
DCom (Ondernemingsbestuur)
Dekaan:
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Dr. Rachel Maritz het in 2008 haar doktorsgraad in Ondernemingsbestuur (met spesialisasie in Strategiese Bestuur) aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal. Sy behaal ʼn meestersgraad in bedryfsleiding (MBL) aan Unisa (2002) en ʼn meestersgraad in Afrikaans (Mediakommunikasie) (met lof) by UP, asook BA (Tale) en honneursgraad in Afrikaans (met lof) by dieselfde instansie. Sy ontvang toekennings vir die beste doktorale proefskrif, meestersverhandeling en beste honneursstudent.
Maritz was vroeër vir sestien jaar voltyds verbonde aan die Universiteit van Pretoria se Departement Ondernemingsbestuur (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe). Sy dien as Hoof: Onderrig en Leer in hierdie departement, dien op die Fakulteitskomitee vir Onderrig en Leer, asook op die fakulteitstaakspan vir die fakulteit se internasionale akkreditasie. Tussen 1997 en 2001 was sy werksaam by Telkom as senior konsultant vir interne oudit en Bestuurder: Mededingende Intelligensie.
Maritz het wye ervaring as ʼn strategiekonsultant vir PWC, asook Enterprises UP, en was betrokke by strategieprojekte (onder andere die ontwikkeling, oudit en implementering van strategie) vir uiteenlopende maatskappye. Sy ontwikkel kursusse in strategie vir UP, die plaaslike bedryf, asook vir die internasionale MBA van die Guglielmo Marconi Universiteit in Rome. Sy tree op as studieleier vir meesters- en doktorale studies, asook as eksterne moderator en eksaminator vir programme, verhandelinge en proefskrifte aan ander universiteite. Sy is betrokke by die skryf van handboeke in strategiese bestuur en publiseer verskeie navorsingsartikels in internasionale vaktydskrifte. Haar navorsing fokus op ontplooiende en kreatiewe strategie, strategie in die praktyk, en korporatiewe bestuur.
DEPARTEMENTSHOOFDE
Elize-Mari Coetzer
MCom (Toerismebestuur)
Departementshoof: Bestuurswetenskappe
Elize-Mari Coetzer is Bestuurswetenskappe-departementshoof in Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur (cum laude), asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Coetzer se navorsingsfokus is markprofiele, bestedingspatrone en ekonomiese bydraes. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society. Sy het twee jaar in die praktyk as ʼn konferensie- en spa-bestuurder gewerk en het meer as vyftien jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing, onder andere as programkoördineer en dosent.
Rika Calitz
MCom (Finansiële Bestuur)
Departementshoof:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Rika Calitz is die departementshoof van Ekonomie en Finansiële Wetenskappe sowel as ʼn dosent in Finansiële Bestuur en Finansiële Strategie. Calitz het ʼn BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad en honneursgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Sy verwerf ʼn meestersgraad in Finansiële Bestuur met ʼn skripsie getiteld “The impact of firm-specific attributes on shareholder value creation of listed South African companies”.
Departement Bestuurswetenskappe
Bernard Odendaal
MA (Sekuriteitstudies)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Chané Naudé
MCom (Ondernemingsbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Chané Naudé is ʼn dosent in Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BCom-graad in Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur (cum laude), ʼn honneursgraad in Entrepreneurskap en Bemarkingsbestuur (cum laude) asook ʼn meestersgraad in Ondernemingsbestuur (cum laude) by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Naudé se navorsingsfokus is om die bestuur van gehalte van dienste in die kitskos-franchisebedryf van Gauteng te ondersoek. Op grond van Naudé se akademiese prestasie is sy uitgenooi om ʼn lid van die Golden Key International Honour Society te word. Sy het ʼn internskap by Anglo American Platinum voltooi waar sy daarna as ʼn projekadministrateur gepraktiseer het.
Christine Terblanche
MPhil (Ondernemingsbestuur en Voorsieningskettingbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Vakhoof:
Operasionele Bestuur
Christine Terblanche is ʼn dosent in Voorsieningskettingbestuur by Akademia en het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur (cum laude) asook ʼn honneursgraad in Ondernemingsbestuur en meestersgraad in Voorsieningskettingbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in Voorsieningskettingbestuur. Terblanche se navorsingsfokus is voorsieningskettingrisikobestuur, integrasie en inligtingsdeling. Haar mees onlangse artikel, “Counterfeiting: Exploring mitigation capabilities and resilience in South African pharmaceutical supply chains”, is in Acta Commerci gepubliseer. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society. Sy het meer as vyf jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing.
Delicia Bezuidenhout-Conradie
MCom (Toerismebestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Delicia Bezuidenhout-Conradie is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur by Akademia en het ʼn BCom-graad in Bemarking en Toerismebestuur (cum laude) asook ʼn honneurs- en meestersgraad in Toerismebestuur aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in Toerismebestuur. Bezuidenhout-Conradie se navorsingsfokus is Toerismebestuur en Bemarking. Akademiese toekennings sluit in die beste student oor drie jaar in Toerismebestuur asook lidmaatskap aan die Golden Key International Honour Society. Sy het meer as vier jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing as ʼn dosent.
Jaun Kriel
MCom (Toerismebestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Programkoördineerder:
Gevorderde Diploma in Projekbestuur
Johann Smith
MCom (Kommunikasiebestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Marthe-Mari Herbst
BComHons (Ondernemingsbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Programkoördineerder:
Hoër Sertifikaat Kantooradministrasie
Monique Visser
MCom (Internasionale Handel)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Programkoördineerder:
BCom (Ondernemingsbestuur)
Monique Visser is ʼn dosent in Bestuurswetenskappe by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Internasionale Handel en Bemarking, asook ʼn honneursgraad (cum laude) en meestersgraad in Internasionale Handel aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in strategie. Visser se navorsingsfokus is die strategie in praktyk (Strategy-as-practice). Haar artikel, “Identifying the comparative advantage of products and industries of South Africa’s Mpumalanga province”, is in die Southern African Business Review gepubliseer. Sy het vir ʼn internasionale in- en uitvoermaatskappy gewerk, en het meer as ʼn dekade se ervaring in die akademiese omgewing aan hoëronderwysinstellings.
Morné Venter
MCom (Arbeidsverhoudinge en Menslike Hulpbronbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Dr. Rina Steynberg
DCom (Leierskap, Prestasiebestuur en Veranderingsbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Dr. Rina Steynberg is ʼn dosent in die vakgebied Ondernemingsbestuur by Akademia en het ʼn DCom-graad in Leierskap in Prestasie en Verandering aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) verwerf met haar proefskrif wat gefokus het op die mens se integrasieprosesse gedurende besigheidsaankope en samesmeltings. Sy verwerf haar honneurs- en meestersgraad (cum laude) in Menslike Hulpbronbestuur aan die Universiteit van Pretoria (UP). Sy publiseer verskeie artikels en tree op as spreker by professionele liggame met ʼn sterk fokus op organisasiekultuur en -transformasie, leierskap en spandinamika, en die integrasie daarvan met besigheidsprosesse. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn hoofstuk oor veranderingsnavigasie in ʼn voorgeskrewe handleiding vir die Universiteit van Suid Afrika (UNISA) getiteld “Contemporary Issues in Human Resources Management”. Sy het meer as dertig jaar industrie-ondervinding waarvan twintig jaar as bestuurskonsultant is. Sy tree graag op as internskap-studieleier vir bedryfsielkundiges.
Salomien Boshoff
MCom (Ondernemingsbestuur, Bemarking)
Dosent:
Bestuurswetenskappe
Vakhoof:
Ondernemingsbestuur
Elizma van Zyl
BComHons (Bemarkingsbestuur)
Junior dosent:
Bestuurswetenskappe
Elizma van Zyl is ʼn dosent in Bestuurswetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Bemarkingsbestuur asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in bemarking. Van Zyl se navorsingsfokus is in bemarking en handel oor die verkenning van handelsmerkvermyding en herstelstrategieë met ʼn spesifieke fokus op die impak van verbruikers se emosies op hul gedrag. Sy het ook ʼn nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) in Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (cum laude) verwerf aan Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (AROS). Akademiese toekennings sluit in die volgende: lidmaatskap aan die Golden Key International Honour Society.
Stefan Vorster
BComHons (Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur)
Junior dosent:
Bestuurswetenskappe
Stefan Vorster is ʼn dosent in vakgebied Bestuurswetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur asook ʼn honneurs in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Akademiese toekennings sluit in die volgende: lid van Golden Key. Hy het meer as vier jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing as ʼn dosent.
Jacolene Greyvenstein
MSc (Projekbestuur)
Deeltydse dosent: Bestuurswetenskappe
Jacolene Greyvenstein is ʼn deeltydse dosent in Projekbestuur by Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BSc- en honneursgraad in Bourekenkunde en later ook ʼn MSc-graad in Projekbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key Internasional Honour Society. Sy is al vir meer as 20 jaar in die praktyk, eers as ʼn professionele bourekenaar en later as ʼn projek- en ontwikkelingsbestuurder in die konstruksiebedryf. Haar professionale kwalifikasies sluit in internationale lidmaatskap in projekbestuur en bourekenkunde.
Departement Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Alick Burger
MCom (Bestuursrekeningkunde)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Alick Burger is ʼn dosent in Finansiële Bestuur by Akademia en het ʼn BRek-graad (cum laude) asook ’n honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Hy het ʼn meestersgraad in Bestuursrekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Burger se navorsingsfokus is gespits op kwalitatiewe metodologieë in die wye veld van bestuursrekeningkunde en finansiële bestuur. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ’n artikel in Financial Management met die titel “Finding the key to strategic cost management” en sy mees onlangse referaat was oor “Strategic cost management in a South African automotive company” by die 13de International Business Conference. Hy het tien jaar se kommersiële ervaring en dra die gesogte geoktrooieerde rekenmeester (GR(SA))-titel die afgelope dekade.
Berrie Stoop
BComHons (Finansiële Rekeningkunde)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Chalté Venter
MCom (Finansies)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Chalté Venter is ʼn dosent in Statistiek, Beleggingsbestuur en Ekonomie (met spesialisasie in Ekonometrie) by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Ekonomie en Ekonometrie, ʼn honneursgraad in Ekonometrie, asook ʼn meestersgraad in Finansies en Beleggingsbestuur aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Venter se meesterskripsie is getiteld “An empirical analysis of information efficiency in financial markets”. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel oor “Volatility modelling and trading volume of the CARS equity indices” in die konferensieverrigtinge van die Internasionale Konferensie vir Toegepaste Ekonomie, wat ook as referaat by die Universiteit van Milan in Italië gelewer. Sy het vier jaar as opvoedkundige in die privaatonderwyssektor gepraktiseer.
Daniëlla du Preez
MPhil (Hoër Onderwys)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Vakhoof:
Finansiële en Beleggingsbestuur
Programkoördineerder:
Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde
Edward Blight
MCom (Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Vakhoof:
Ekonomie
Edward Blight is ʼn dosent in Ekonomie en het ʼn BA (Politiek, Filosofie, en Ekonomie), asook ʼn honneursgraad en meestersgraad in Ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Sy meestersgraad is getiteld “Prevalence of a mineral resource curse in South Africa: A critical analysis of the gold and diamond sectors”.
Hy ontvang verdere opleiding in Heterodokse Ekonomie by die Mises Universiteit in Amerika. Hy lewer referate by verskeie nasionale konferensies. Edward is ook ʼn meningskrywer vir Maroela Media en publiseer verskeie artikels oor die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Mariska Wannenburg
MPhil (Bedrogrisikobestuur)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Programkoördineerder:
BCom (Finansiële Beplanning)
Mariska Wannenburg is ʼn dosent in Belasting en Rekeningkunde by Akademia, en is tans die programkoördineerder van die BCom (Finansiële Beplanning)-program. Sy het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe, ʼn honneursgraad in Interne Oudit, en ʼn meestersgraad in Bedrogrisikobestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Haar navorsingfokus is kubersekuriteit en meer spesifiek die vatbaarheid van uitvissing (phishing) in ʼn Suid-Afrikaanse konteks. Sy het ʼn akademiese artikel in die Southern African Journal of Accountability and Auditing gepubliseer, asook ʼn referaat oor witboordjie misdaadondersoeke by die Southern African Accounting Association internasionale konferensie gelewer. Verder het sy internasionale korporatiewe ondervinding in interne ouditkunde, en het gepraktiseer by die ouditeursfirma Ernst & Young in Nederland en Suid-Afrika, waarna sy haar loopbaan as ʼn interne oudit- operasionele bestuurder by Investec Bank voortgesit het.
Michelle Coetzee
MCom (Rekenaarouditkunde)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Vakhoof:
Rekeningkunde, Belasting en Ouditkunde
Programkoördineerder:
Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
Nadia Hunt
MCom (Beleggingsbestuur)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Programkoördineerder:
BCom (Ekonomie en Regte)
Nicolene Coetzee
BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Nicolene Coetzee is ʼn dosent in die Departement Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe asook ʼn nagraadse diploma (STR) in hierdie dissipline aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Sy is ook ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA). Coetzee se navorsingsfokus is professionele skeptisisme in ouditkunde. Sy het drie jaar as ouditeur gepraktiseer en het ʼn dekade se ondervinding in die akademiese omgewing aan hoëronderwysinstellings.
Nikki Kennedy
MCom (Belasting)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Programkoördineerder:
Nagraadse Diploma in Belasting
Nikki Kennedy is ʼn dosent in Bestuursrekeningkunde en Belasting by Akademia en het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), verwerf. Sy verwerf ook haar meestersgraad in Belasting aan die Universiteit van Pretoria. Sy het haar CIMA-eksamens tot op TOPCIMA-vlak voltooi en is aanvaar as ʼn CIMA-lid. Sy het verder ook ʼn nagraadse program in gevorderde belasting en belastingwetgewing deur die Noordwes-Universiteit (NWU) voltooi. Sy praktiseer en het lidmaatskap by CIMA, SAIPA en SAIT.
Roelien Botha
MCom (Finansiële Bestuurswetenskappe)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Programkoördineerder:
BCom (Bestuursrekeningkunde) en BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)
Roelien Botha is ʼn dosent in Bestuursrekeningkunde en Risikobestuur en ook programkoördineerder van BCom (Bestuursrekeningkunde) en BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde) by Akademia. Sy verwerf haar BCom Regte-graad (cum laude), asook haar honneurs- en meestersgrade (cum laude) in Finansiële Bestuur aan die Universiteit van Pretoria. Botha se navorsingsfokus is die finansiële bestuuraktiwiteite van kleinsakeondernemings. Akademiese toekennings sluit in akademiese erekleure, Dekaansmerietelys en Golden Key International Honour Society-lidmaatskap.
Dr. Sandra Adendorff
DCom (Ekonomie)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Sandra Adendorff is ʼn dosent in Ekonomie by Akademia, en het ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was voorheen werksaam by die Universiteit van Pretoria, asook die Reserwebank. Adendorff se navorsingsfokus is ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer Economic Indicators en Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford). Daarbenewens het sy artikels en publikasies vir verskeie instansies geskryf, en ʼn aantal referate by internasionale konferensies gelewer. Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte.
Thinus Nienaber
BComHons (Ekonomie)
Dosent:
Ekonomie en Finansiële Wetenskappe
Thinus Nienaber is ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) asook ʼn honneursgraad in Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Hy het verder ʼn Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning vanaf Milpark Education verwerf en is tans besig met ʼn MBA. Hy het vier jaar as ekonoom, en meer as twintig jaar in die belasting- en finansiële omgewing as konsultant gepraktiseer. Hy het ook sewe jaar as senior bestuurder in die korporatiewe omgewing gespandeer en doseer reeds twaalf jaar.
Yolandi van Wyk
MCom (Rekeningkundige Wetenskap)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Yolandi van Wyk is ʼn dosent in Finansiële Rekeningkunde by Akademia en het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria (UP), verwerf. Sy het later ook ʼn meestersgraad in Rekeningkundige Wetenskappe aan die UP in 2019 verwerf. Sy het as ouditeur by Deloitte praktiseer en het lidmaatskap by SAICA.
Alicia Kamfer
Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Andria de Wet
Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Johantie du Preez
Nagraadse Diploma (Rekenmeesterskap)
Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Johantie du Preez is ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Rekeningkunde asook ʼn nagraadse diploma in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Sy is ʼn geoktrooieerde rekenmeester wat by SAICA geregistreer is en is tans ʼn finansiële bestuurder van ʼn internasionale maatskappy. Du Preez het meer as vyf jaar se ondervinding in die praktyk.
Monique Brasler
Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Monique Brasler is ʼn dosent in die BCom (Finansiële Beplanning)-program by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Finansies, asook ʼn honneursgraad in Finansiële Beplanning, aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Brasler praktiseer tans as ʼn finansiële beplanner.
Surina Cloete
Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe
Tho-Marie Stoltz
Deeltydse dosent: Navorsingsmetodologie
AKADEMIESE ASSISTENTE
Marli Erasmus
Akademiese assistent:
Ekonomiese en Finansiële Bestuurswetenskappe
Theuns Strydom
Akademiese assistent: Bestuurswetenskappe
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE