Search
Close this search box.

PERSONEEL

Akademia het uitnemende en roepinggedrewe personeel wat bydra tot ’n leerervaring van wêreldgehalte.

DEKAAN

Prof. Hermie Coetzee

Prof. Hermie Coetzee

LLD
Dekaan:
Fakulteit Regsgeleerdheid

Prof. Hermie Coetzee is die dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan Akademia. Sy behou ʼn BCom-graad in Regte (cum laude), ʼn LLB (cum laude), ʼn LLM deur navorsing (cum laude), asook ʼn LLD. Coetzee was vanaf 2006 tot Junie 2020 in verskeie hoedanighede aan die Universiteit van Pretoria verbonde. Sy is die skrywer en medeskrywer van vele geakkrediteerde artikels, in beide nasionale en internasionale vaktydskrifte. Sy dra ook by as skrywer van handboeke. Coetzee spesialiseer in verbruikerskredietreg en verbruikersinsolvensiereg. Sy het ook ʼn belangstelling in ondernemingsreg. Coetzee was by verskeie navorsingsprojekte van onder andere die Wêreldbank en die Nasionale Kredietreguleerder betrokke. Vanaf 2020 dien sy op die redaksie van die Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR) en is tans ook as buitengewone professor aan die Noordwes-Universiteit verbonde. Coetzee is ʼn toegelate prokureur en lid van die Advieskomitee aangaande Projek 127 van die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie. Sy dien ook op die Solidariteit Regsnetwerk se adviesraad.

DEPARTEMENTSHOOFDE

Dr. Melanie Roestoff

Dr. Melanie Roestoff

LLD
Departementshoof:
Privaat- en Handelsreg

Dr. Melanie Roestoff (voorheen professor aan die Universiteit van Pretoria) is dosent en hoof van die departement Privaat- en Handelsreg aan Akademia. Sy het ʼn BLC (cum laude) en LLB-graad (cum laude) asook ʼn meesters- (cum laude) en doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Roestoff is ʼn toegelate prokureur van die Hoë Hof van Suid-Afrika. Haar navorsingsfokus is Insolvensiereg en Handelsreg. Sy is die skrywer en medeskrywer van ’n groot aantal artikels, aantekeninge en vonnisbesprekings in geakkrediteerde en vakkundige tydskrifte. Sy is ook die medeskrywer van etlike handboeke, onder andere Mars: The Law of Insolvency (2019), en het al verskeie referate by nasionale en internasionale konferensies gelewer. Sy was ook al by verskeie navorsingsprojekte betrokke, onder andere, ʼn ondersoek na die skuldhersieningsproses ingevolge die Nasionale Kredietwet van 2005 wat in opdrag van die Nasionale Kredietreguleerder tot ʼn verslag: “The Debt Counselling Process: Challenges to the Consumers and the Credit Industry in General” (2009) gelei het.

Dr. Willem Gravett

Dr. Willem Gravett

LLD
Departementshoof:
Publiek- en Prosesreg

Dr. Willem H Gravett is die departementshoof van Publiek- en Prosesreg aan Akademia. Hy is ʼn voormalige professor aan die Departement Prosesreg, Universiteit van Pretoria. Hy behaal die grade BLC (cum laude) en LLB (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria. In 1997 word hy bekroon met die Bradlow International Human Rights Law Scholarship vir 1997/98. In 1998 ontvang hy die LLM-graad summa cum laude aan die Notre Dame Law School in die Verenigde State. Hy is in Augustus 1997 as advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika toegelaat en in November 1998 as lid van die New York State Bar. Gravett het onder meer die volgende akademiese toekennings ontvang, Schiltz-prys vir die beste student in die laaste jaar van die BLC-graad, die Grotius-medalje en Harold Galasko-prys vir die beste student in die laaste jaar van die LLB-graad, asook die Butterworths-prys vir die LLB-student wat die beste opstel geskryf het. Aan die Notre Dame Law School het hy die Dean’s Awards ontvang vir uitstekende prestasies in internasionale reg en aanspreeklikheid vir growwe skendings van menseregte. In 1998 word Gravett toegelaat om in New York te praktiseer en het hy by ʼn internasionale regsfirma in New York City aangesluit. Tussen 1998 en 2012 het hy ʼn aktiewe litigasiepraktyk in New York gehad en meer as 130 sake tot finaliteit gevoer. Hy voltooi sy formele advokaatopleiding aan die National Institute of Trial Advocacy (1998) in South Bend, Indiana, en aan die American Law Association se Family Law Trial Advocacy Institute aan die Universiteit van Houston (2004).

Departement Publiek- en Prosesreg

Chrislie Boers

LLM (Mediese reg) 
Dosent:
Publiek- en Prosesreg

Chrislie Boers (voorheen dosent in die Regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria) is ʼn dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het ʼn BSc-graad in Mensfisiologie en LLB (cum laude) asook ʼn meestersgraad (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is tans besig met voorbereiding vir ʼn doktorale proefskrif in mediese reg en bio-etiek. Boers se navorsingsfokus is bio-etiese en reguleringsriglyne vir menslikegenoomredigering. Akademiese toekennings sluit in die volgende: dekaansmerietelys en Norton Rose Fulbright-prys vir die beste student in Mediese Reg.

Natasha Venter

Natasha Venter

LLM (Strafreg en Strafregproses)
Dosent:
Publiek- en Prosesreg

Natasha Venter is ’n dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het ʼn LLB-graad asook ʼn Meestersgraad in Strafreg en Strafprosesreg aan die Noordwes-Universiteit verwerf, plus ʼn BA-graad in Linguistiek en Sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (cum laude). Sy was die afgelope paar jaar werksaam by AfriForum se Privaatvervolgingseenheid wat besig is om die konsep van privaat vervolging in Suid-Afrika te vestig. Venter is ook ʼn toegelate prokureur. 

Stephen Nel

Stephen Nel

LLM
Dosent:
Publiek- en Prosesreg

Stephen Nel is ʼn dosent in Regsgeleerdheid aan Akademia. Hy het ʼn LLB-graad, asook ʼn LLM in Omgewingsreg, aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus verwerf. 

Lourene Scholtz

Lourene Scholtz

LLB
Deeltydse dosent:
Publiek- en Prosesreg

Lourene D Scholtz is ʼn deeltydse dosent in Siviele Prosesreg by Akademia en het in 1994 ʼn BJuris-graad aan die Nelson Mandela Universiteit (NMU) voltooi en in 1996 ʼn LLB-graad aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. In 1997 is Scholtz as advokaat van die Hooggeregshof van Suid-Afrika toegelaat. Tydens haar jare in praktyk is sy as ʼn opleier in verhoorvaardighede, mosiehofpraktyk en appèlle deur die Pretoria Vereniging van Advokate gekwalifiseer. Sy het by twee geleenthede as regter in die Gauteng-afdeling waargeneem. In 2019 het Scholtz die Gevorderde Program in Alternatiewe Geskilbeslegting: Onderhandeling en Mediasie, wat deur UP aangebied is, voltooi. Tydens 2020 het sy ʼn NGOS-kwalifikasie aan die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA) verwerf. Verdere studies sluit bybelkunde en sielkunde in, met ʼn navorsingsfokus gerig op Regspraktyk. Sy praktiseer reeds vir ʼn tydperk van 27 jaar as advokaat.

Phyllis Vorster

LLM (Strafprosesreg)
Deeltydse dosent:
Publiek- en Prosesreg

Phyllis Vorster is ʼn deeltydse dosent by Akademia, en het ʼn BIuris-graad, ʼn LLB-graad, asook ʼn meestersgraad in Strafprosesreg aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Vorster was vir 20 jaar ʼn aanklaer by die Nasionale Vervolgingsgesag, en is tans ʼn aanklaer by die Privaatvervolgingseenheid van AfriForum. 

Departement Privaat- en Handelsreg

Dr. Alexander Politis

Dr. Alexander Politis

LLD (Publiekreg)
Dosent:
Privaat- en Handelsreg

Dr. Alexander Politis is ʼn dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het ʼn LLB-graad (cum laude) van die Universiteit van Pretoria, ʼn LLM-graad van die Universiteit van Cambridge, ʼn LLM-graad (cum laude) van die Universiteit van Pretoria en ʼn LLD-graad van die Universiteit van Pretoria. Politis se navorsingsfokus is Geneeskundige Reg. Hy het vir agtien jaar as advokaat gepraktiseer en is ʼn geassosieerde lid van die Pretoria Vereniging van Advokate. 

Anél Sahd

LLM (Algemene Privaatreg)
Dosent:
Privaat- en Handelsreg

Anél Sahd is ʼn dosent in Regsgeleerdheid aan Akademia. Sy het ʼn LLB-graad, ʼn Regskooldiploma, asook ʼn LLM in Algemene Privaatreg aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Haar LLM proefskrif, getiteld “A critical analysis of the extension of existing common law grounds of unworthiness to inherit”, handel oor die moontlike uitbreiding van die gemeenregtelike reël dat geen persoon mag erf van ʼn ander wie se dood hy veroorsaak het nie. Sahd se navorsingsfokus is die moontlike wettiging van genadedood en die grondwetlikheid daarvan binne die Suid-Afrikaanse regstelsel. Akademiese toekennings sluit in Golden Key International Honor Society-lidmaatskap. 

Prof. Jacolien Barnard

LLD
Dosent:
Privaat- en Handelsreg

Prof. Jacolien Barnard is ʼn dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het die grade LLB en LLD (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria asook ʼn LLM-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) in hierdie dissipline verwerf. Barnard se navorsingsfokus is verbruikersbeskermingsreg; produkte-aanspreeklikheid; koopreg en huurreg. Sy is ʼn toegelate prokureur sedert 2002 en was voorheen verbonde as professor aan UP. Sedert 2023 is sy ʼn navorsingsprofessor aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy is outeur en mede-outeur van verskeie nasionale en internasionale artikels, hoofstukke en boeke.

Lichel Helmchen

Lichel Helmchen

LLM (Privaatreg) 
Dosent:
Privaat- en Handelsreg

Lichel Helmchen is ʼn dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het die grade LLB (cum laude) en LLM aan die Universiteit van Pretoria, asook ‘n nagraadse onderwyssertifikaat vir die senior- en verdere onderwys en opleidingsfase aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Helmchen se navorsingsfokus is Kinderreg. Sy is die skrywer en medeskrywer van artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte. Sy is ʼn toegelate prokureur.

Sarita Gerber

Sarita Gerber

LLM (Korporatiewe Reg)
Dosent:
Privaat- en Handelsreg

Programkoördineerder:
LLB

Sarita Gerber is ʼn dosent in Regsgeleerdheid en die LLB-programkoördineerder aan Akademia. Sy het ʼn LLB-graad, ʼn SARIPA-diploma in Insolvensiereg, asook ʼn LLM-graad in Korporatiewereg aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is tans besig met ʼn LLD-graad in Insolvensiereg aan die Universiteit van Johannesburg. Gerber was vanaf 2006 in verskeie hoedanighede aan die Universiteit van Pretoria, UNISA en die Universiteit van Johannesburg verbonde. Sy is die skrywer en medeskrywer van artikels in die geakkrediteerde vaktydskrif Tydskrif vir Hendendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR). Haar navorsingsfokus is Kontraktereg en Ondernemingsreg, en sy het ook ʼn belangstelling in Konstruksiereg. Sy is vir die afgelope nege jaar direkteur van Orliflex (Edms.) Bpk, ʼn oorgrens-vervoermaatskappy. Sy is ook ʼn toegelate prokureur sedert 2010.

Carika Keulder

Prof. Carika Keulder

LLD
Deeltydse dosent:
Privaat- en Handelsreg

Prof. Carika Keulder is ʼn dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het ʼn LLD-graad asook ʼn LLB- en LLM-graad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Keulder se navorsingsfokus is belastingadministrasie en belastingbetalersregte. Sy bied gereeld, plaaslik en oorsee, navorsingsartikels aan en het al verskeie artikels in eweknie-beoordeelde vaktydskrifte gepubliseer. Sy is ʼn C2-gegradeerde navorser soos deur die Nasionale Navorsingstigting (NRF) geakkrediteer. Sy is ʼn medeprofessor by die Universiteit van die Witwatersrand en gee klas op beide voorgraadse en nagraadse vlak.

Dr. FJ Labuschagne

LLD
Deeltydse dosent:
Privaat- en Handelsreg

Dr FJ Labuschagne is ʼn deeltydse dosent in Regsgeleerdheid aan Akademia. Hy het ʼn LLB-graad verwerf aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en daarna ʼn LLM in Korporatiewe Reg, ʼn LLM in Belastingsreg asook ʼn LLD aan die Universiteit van Pretoria (UP). Sy doktorsgraad se fokus was op korporatiewe finansiering. Hy het vir tien jaar as spesialisprokureur praktiseer by van die land se topregsfirmas en ook by ʼn internasionale regsfirma. Daarna het hy tot die advokatuur toegetree en praktiseer hy tans as lid van die Pretoria en Johannesburg Balies met kamers te Brooklyn Advokatekamers en die Maisels Groep in Sandton. Sy spesialisvelde sluit in korporatiewe reg, korporatiewe finansiering en regulering, korporatiewe insolvensie en besigheidsredding, kompetisiereg, belastingsreg en kommersiële reg. Hy het voorheen aan nagraadse studente in korporatiewe reg doseer aan UP. By Akademia is Labuschagne trots daarop om die module Ondernemingsreg aan te bied vir die derdejaar-LLB-studente en om die dinamiese wêreld waar besigheid en die reg kruis, met hulle te deel.

Prof. Reghard Brits

LLD (Publiekreg)
Deeltydse dosent:
Privaat- en Handelsreg

Prof. Reghard Brits is ʼn deeltydse dosent in Regsgeleerdheid by Akademia en het ʼn BCom (Regte)-, LLB- en LLD-graad aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Brits se navorsingsfokus is Saaklike Sekerheidsregte asook Sakereg in die algemeen en aspekte van Insolvensiereg en Verbruikerskredietreg. Hy is onlangs toegelaat as prokureur en aktebesorger en is werksaam by Brits Dreyer Ingelyf in Bellville. Hy was voorheen verbonde aan die Universiteit van Pretoria as senior lektor en medeprofessor en hy is tans ʼn buitengewone professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland asook ʼn navorsingsgenoot aan US.

Zandri van der Westhuizen

LLM (Handelsreg)
Deeltydse dosent:
Privaat- en Handelsreg

Zandri van der Westhuizen is ʼn deeltydse dosent in Regsgeleerdheid aan Akademia. Sy het ʼn LLB- en ʼn LLM-graad in Handelsreg aan die Universiteit van Pretoria verwerf, en was vanaf 2001 betrokke by die Universiteit van Pretoria. Van der Westhuizen is ʼn Regspraktykraadslid en is ʼn praktiserende prokureur met verskyningsbevoegdheid in die Hooggeregshof. Sy is ʼn toegelate aktevervaardiger en notaris, en haar spesialisveld is Eiendomsreg.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE