Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Kampusopedag by Akademia om die draai

Akademia se Centurion-kampus staan gereed om honderde voornemende studente te verwelkom by die kampusopedag wat op 12 en 13 Mei gehou word. Hier kan voornemende studente toekomstige vriende ontmoet, kennis maak met dosente en studentwees ervaar. Die dag beloof om een vir die boeke te wees!

Die opedag het ten doel om vir voornemende Fonties ʼn eerstehandse ervaring van die Centurion-kampuslewe te gee. Die Akademia-studenteraad en koshuise se huiskomitees sal aan jou ʼn voorsmakie bied van die studenteaksies, soos sport, kultuur, sosiaal, akademies en baie meer. Jy sal ook die instelling se ervare dosente kan ontmoet en met hulle kan gesels oor die verskeie studierigtings waarin jy belangstel. Hierdie studierigtings val binne vyf fakulteite, naamlik Regsgeleerdheid, Opvoedkunde, Natuurwetenskappe, Geesteswetenskappe asook Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

By die Centurion-kampus kan jy in Afrikaans klasdraf en ʼn bruisende studentelewe ervaar. Die kampus het ʼn verskeidenheid fasiliteite soos ʼn mediasentrum, kafeteria, klaskamers ingerig vir optimale leer, baie wegbreekspasies en ʼn ouditorium. Die Gautrein-stasie is om die draai van die kampus en daar is ʼn inkopiesentrum in dieselfde straat.

“By Akademia het ons ʼn unieke studentegemeenskap en ons wil jou graag daaraan bekendstel. Kom ervaar studentwees en wie weet, dalk vorm jy in 2024 deel van ons familie,” sê Lizán Maree, bestuurder van Studentewerwing by Akademia oor vanjaar se opedag.

Waarvoor wag jy? Voornemende studente en hul ouers kan ʼn sessie op Vrydag 12 Mei of een van twee sessies op Saterdag 13 Mei bywoon. Kom wees tuis by Akademia. Bespreek vandag nog jou plek hier. Akademia sien uit om jou te verwelkom!

Akademia se kampusopedag vind vanjaar op 12 en 13 Mei plaas waar voornemende studente meer oor Akademia as studietuiste kan uitvind.