Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Woon Akademia se aanlyn inligtingsessie oor nauurse afstandstudie by

Akademia bied vir jou die geleentheid om ʼn gehalte kwalifikasie in Afrikaans te voltooi, terwyl jy bedags werk of ander drome nastreef. Die nauurse afstandsmodel en verskeie nauurse studierigtings word by ʼn aanlyn inligtingsessie op 15 April bespreek wat vanaf 10:00-11:00 gehou word.

Dié nauurse model bied ʼn gerieflike rooster vir enige persoon wat graag in 2024 wil werk én studeer. Studente wat nauurs by Akademia studeer, het ʼn keuse om vir klasbywoning by ʼn nabygeleë sentrum aan te sluit of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer. ““Ek is tans ʼn eerstejaar-LLB-student aan Akademia se nauurse afstandsmodel. Beste besluit ooit. Ek het al by ʼn paar ander instansies studeer en ek het nog nooit die kaliber van onderrig ondervind as wat ek by Akademia kry nie,” vertel JJ Pretorius.

Nauurse afstandstudente neem ook aan ʼn aktiewe studentelewe deel met verskeie aktiwiteite waaraan hul via hul rekenaars of saam met medestudente in hul omgewing kan deelneem. Die verskillende klubs, soos die fotografieklub, boeke-en-boneklub, stapklub, en nog meer, bied ʼn gulde geleentheid vir studente wat nie voltyds op kampus studeer nie om aan die studentelewe deel te neem. Die studentelewe word verder gevul met aktiwiteite soos Noot-vir-Noot-aande, Wie wil ʼn miljoenêr wees?-kompetisies, vasvra-aande en baie meer.

Akademia wil vir jou die geleentheid bied om te besluit of die nauurse afstandsmodel die beste onderrigleeropsie vir jou is. Die insiggewende inligtingsessie se program bied belangrike raad en ander nuttige inligting aan voornemende studente om onsekerhede uit die weg te ruim. “Bring al jou kwelvrae saam sodat jy die met ʼn geruste hart jou studies kan aanpak,” sê Lizán Maree, bestuurder van Studentewerwing oor die inligtingsessie.

Waarvoor wag jy? Maak seker dat jy hierdie belangrike inligtingsessie bywoon en jou studieopsies ontdek. Bespreek jou aanlyn sitplek hier teen Vrydag 14 April om 12:00 om gratis toegang tot die sessie te verkry. Studieaansoeke vir 2024 is reeds oop. Akademia, jou loopbaanreis begin hier!

Studente wat op Akademia se nauurse afstandsmodel studeer, kan inskakel by ʼn sentrum of via e-leer klas bywoon vanaf enige plek ter wêreld.