

DATUM
15 April 2023

TYD
10:00 – 11:00
Voltooi ʼn gehalte kwalifikasie in jou moedertaal terwyl jy ander belangstellings nastreef.
Moet nie met jou hande in die jou hare sit oor jou toekomsmoontlikhede nie. Woon Akademia se inligtingsessie oor nauurse afstandstudie in 2024 by!
Akademia se nauurse afstandsmodel is ideaal vir studente wat werk of ander belangstellings nastreef terwyl hulle studeer. Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede vir 2024.
Die inligtingsessie word aanlyn aangebied en sal fokus op nauurse studie vir 2024.
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia
- Wat kan ek studeer?
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.
Let asb. daarop dat die sessie NIE die voltydse kampusprogamme hanteer NIE.
REGISTREER SO VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur hier te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE ONDERRIGMODEL
Meer inligting oor die nauurse onderrigleermodel is op die webblad beskikbaar.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE