Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Akademia-studieaansoeke vir 2024 is oop

Belê in jouself én jou toekoms. Akademia se 2024-studieaansoeke vir nauurse studie oor afstand, óf voltydse studie by die Centurion-kampus is reeds oop. Hier kan jy ʼn gehalte kwalifikasie in Afrikaans voltooi en boonop jou volle potensiaal in ʼn veilige omgewing ontgin.

Studieaansoeke vind slegs aanlyn plaas op Akademia se webblad. Die volgende dokumentasie word benodig vir jou aansoek:

  • Gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies nie ouer as drie maande nie (indien van toepassing) of jongste graad 12-punte (skoolleerders)
  • Gesertifiseerde afskrif van ID nie ouer as drie maande nie
  • Omvattende CV (persone wat reeds werk)
  • Gesertifiseerde afskrifte van enige naskoolse kwalifikasies nie ouer as drie maande nie (indien van toepassing)

 

Dié nauurse afstandsmodel bied ʼn gerieflike rooster vir enige persoon met ʼn besige skedule wat reeds werk of ander drome najaag. Studente wat nauurs by Akademia studeer het ʼn keuse om vir klasbywoning by ʼn nabygeleë sentrum aan te sluit, of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer. Die sentrums bied aan studente die ideale geleentheid om in ʼn gemaklike saamwerkspasie met hul rekenaars en oorfone klas te draf. Studente kan hier ook ander studente van verskillende kwalifikasies ontmoet en bande smee.

Die voltydse kampusmodel bied vir studente ʼn kampuservaring waar studente bedags kan klasdraf en deelneem aan ʼn bruisende studentelewe. Die kampus is veilig en goed ingerig met verskeie fasiliteite soos ʼn mediasentrum, kafeteria, ruim klaskamers, ontspanningsruimtes en selfs ʼn ouditorium. Die kampus is ook stapafstand van die Gautrein-stasie wat vervoer vergemaklik, asook om die draai van ʼn gerieflike inkopiesentrum. Akademia-studente woon ook in drie koshuise waar hulle vinnig deel van ʼn familie vorm. Voornemende studente kan in die studieaansoekproses aandui of hulle in koshuisverblyf belangstel.

Ongeag van die onderrigmodel waarop Fonties studeer, ontvang hulle kwalifikasies wat strek oor verskeie fakulteite, naamlik Regsgeleerdheid, Opvoedkunde, Natuurwetenskappe, Geesteswetenskappe asook Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Volgens Akademia se onlangse #Studentelewe-verslag word dit gemeld dat die gebeure wat buite die klaskamer plaasvind ʼn integrale deel van die opleidings- en opvoedingservaring van ʼn student by Akademia is. Die buitemuurse studentelewe aan Akademia word gerig deur die vormingsideaal wat die instelling vir sy studente nastreef.

In die verslag word kom dit na vore hoe Akademia se studentelewe deugde soos karaktervorming, integriteit, wysheid, vriendskap en die sin vir gemeenskap ondersteun, wat weer die instelling se verbintenis tot opvoeding en vorming ondersteun en versterk.

Waarvoor wag jy? Maak die jaar 2024 een vir die boeke. Klik hier vir meer inligting oor Akademia en om aanlyn aansoek te doen. Aansoeke vir voorgraadse studies sluit op 9 Januarie 2024. Akademia – waar denke en hart gevorm word.

Akademia se studieaansoeke vir 2024 is reeds oop vir die nauurse afstandsmodel sowel as die voltydse kampusmodel.