Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Gevorderde Diploma in Projekbestuur: Posisioneer jouself aan die voorpunt van dié dinamiese dissipline

Gepubliseer op: 19 Oktober 2023

Projekbestuur is ʼn dinamiese dissipline wat van toepassing is op elke individu, of dit nou deel vorm van jou beroepsuitsette en of jy projekte in jou persoonlike hoedanigheid aanpak en uitvoer. Hoe dit ook al sy, jy kan jouself onderskei met die nodige akademiese onderbou, aanpasbaarheid en praktiese vaardighede wat Akademia se Gevorderde Diploma in Projekbestuur jou bied.

Hierdie veelsydige program, wat vanuit die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied word, geskied via Akademia se nauurse afstandsmodel. Dit beteken dat studente via ʼn e-leeropsie vanaf enige plek ter wêreld hulself kan toerus met projekbestuursbeginsels in die praktyk, sodat hulle projekte suksesvol kan ontwikkel en bestuur. Hierdie omvattende eenjaarkwalifikasie, wat van toepassing is op beide internasionale sowel as nasionale kontekste, is verder ideaal vir studente wat hulself reeds in die werksplek bevind.

Chanél Harris het dié program in 2023 gevolg en sê dat die program haar ʼn nuwe perspektief gegee het op die wyse waarop sy haar projekte in die werksomgewing benader en bestuur. “Ek is nou toegerus met die nodige vaardighede en kennis om impakvolle projekte te beplan en prakties uit te voer,” meen Harris.

Indien hierdie kwalifikasie jou aandag prikkel, sluit op Internasionale Projekbestuursdag (2 November 2023) by ons aan vir ʼn interaktiewe aanlyn inligtingsessie. Hierdie insiggewende sessie sal vir jou ʼn oorsig van Akademia bied, asook belangrike inligting verskaf oor die Gevorderde Diploma in Projekbestuur. Daar sal ook ʼn gedeelte van die sessie aan vrae en antwoorde geallokeer word om sodoende enige kwelvrae uit die weg te ruim sodat jy met ʼn geruste hart ʼn ingeligte besluit kan neem.

Indien jy belangstel om hierdie sessie by te woon, bespreek gerus jou virtuele sitplek hier om toegang tot die sessie te verkry. Onthou dat 2024-studieaansoeke vir hierdie kwalifikasie op 9 Februarie 2024 sluit.

Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!

Sluit op Donderdag 2 November om 18:00 by ons aan vir ʼn aanlyn inligtingsessie oor die Gevorderde Diploma in Projekbestuur.