Search
Close this search box.

Roepingsgedrewe onderwysers bou en vernuwe die onderwysprofessie

Roepingsgedrewe onderwysers bou en vernuwe die onderwysprofessie Gepubliseer op: 5 Oktober 2023 Wêreldonderwysersdag word op 5 Oktober gevier. Vanjaar se tema, soos toegedig deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco), is: “Die onderwysers wat ons nodig het vir die onderwys wat ons wil hê.” Op dié dag, wat in Suid-Afrika in […]

Akademia hou sentrumopedae in Bloemfontein en George

Akademia hou sentrumopedae in Bloemfontein en George Gepubliseer op: 3 Oktober 2023 Akademia skep deur die jaar verskeie geleenthede vir voornemende studente om meer inligting oor beskikbare studierigtings te bekom, om personeel te ontmoet, kwelvrae te opper én eerstehands te ervaar wat studentwees aan dié onafhanklike hoëronderwysinstelling behels. Gedurende Oktober neem dié geleentheid die vorm […]

Akademia-posteportaal: Hier ontmoet Fonties en werkgewers mekaar

Akademia-posteportaal: Hier ontmoet Fonties en werkgewers mekaar Gepubliseer op: 3 Oktober 2023 Daar is ʼn gesegde in die wêreld van werk wat lui dat ʼn persoon se professionele netwerk sy of haar netto waarde in die korporatiewe sektor verteenwoordig. Nêrens is dié insig meer van toepassing as in die loopbaanontwikkeling van ʼn student of jong […]

Internasionale Vertalersdag: Vertaling ontsluier die vele gesigte van menswees

Internasionale Vertalersdag: Vertaling ontsluier die vele gesigte van menswees Gepubliseer op: 29 September 2023 Geskryf deur Sarita Blignaut, taalpraktisyn by Akademia. Internasionale Vertalersdag word op 30 September gevier. Vanjaar se tema, soos toegedig deur die Federasie van Vertalers (FIT) is: “Vertaling ontsluier die vele gesigte van menswees” en dien as’t ware as ʼn viering van […]

Die impak van gemeenskapsjoernalistiek

Die impak van gemeenskapsjoernalistiek Gepubliseer op: 26 September 2023 Geskryf deur André Gouws, dosent in Tale en Kultuurwetenskappe by Akademia. Gemeenskapskoerante speel ’n uiters belangrike, maar dikwels onderskatte rol in Suid-Afrika se medialandskap. Gemeenskapskoerante is gedrukte koerante met plaaslike en gemeenskapsnuus, asook advertensies gerig op plaaslike gehore. Hierdie koerante word nie net in kleiner dorpe […]

Top drie vir BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys

Top drie vir BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys Gepubliseer op: 22 September 2023 Akademia het onlangs die topdriesakeplanne aangewys vir vanjaar se BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie. Daar was vanjaar tien inskrywings vir die kompetisie wat onder mekaar meegeding het vir ʼn plek op die podium. Die topdriefinaliste sal tydens die finale ronde van die Sakeplankompetisie wat op […]

’n Teologie van rus

’n Teologie van rus Gepubliseer op: 21 September 2023 Geskryf deur dr. Daniël Maritz, bestuurder van die NP van Wyk Louw-sentrum by Akademia In die professionele werksomgewing word frases soos “hurry sickness”, “fast life”, “consuming life”, “unending workdays”, “turbo capitalism”, “overwork”, “the urgent now”, “speed, stuff and stress” en “burnouts” deel van die alledaagse woordeskat. […]

Akademia is die ware noord op my loopbaanreis sê alumnus

Akademia is die ware noord op my loopbaanreis sê alumnus Gepubliseer op: 20 September 2023 Akademia-alumnus, Ernst Visagie, kan heelhartig daarvan getuig dat die pad na beroepsukses nie altyd duidelik gekarteer is nie. Die reis na beroepsvervulling en -sukses word dikwels gekenmerk deur onverwagte kronkelpaaie en onervare terreine. Visagie is dit egter eens dat sy […]

Akademia-kundige meen moedertaalonderrig is ʼn gemeenskaplike doelwit

Akademia-kundige meen moedertaalonderrig is ʼn gemeenskaplike doelwit Gepubliseer op: 18 September 2023 Geskryf deur Monique Alberts, ʼn dosent in die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia. Die inspirerende tema van vanjaar se konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Taalonderrig (SAVT) was: “Bevordering van meertaligheid – die ontginning van ons taalrykdom.” Hierdie tema is besonders gepas vir die […]

Akademia-simposium fokus op Verbruikersbeskermingsreg

Akademia-simposium fokus op Verbruikersbeskermingsreg Gepubliseer op: 15 September 2023 Aktuele verwikkelinge in verskeie areas van Verbruikersbeskermingsreg was die onderwerp van bespreking tydens ʼn onlangse simposium vanuit Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid. Tydens dié simposium, wat op 8 September in Centurion aangebied is, het kundiges vanuit die akademie en die praktyk temas soos verbruikersveiligheid, produkaanspreeklikheid, verbruikersooreenkomste en […]

Akademiese kennis en passie deel van Akademia-alumnus se suksesresep

Akademiese kennis en passie deel van Akademia-alumnus se suksesresep Gepubliseer op: 12 September 2023 Vir Akademia-alumnus, Louisa Fouche, is daar niks lekkerder as die reuk van varsgebakte koekies of die smaak van botterversiersel nie. Inteendeel, dié oud-Fontie, wat in 2022 haar BCom (Ondernemingsbestuur)-kwalifikasie voltooi het, het haar passie vir bak in ʼn suksesvolle besigheid, La […]

Is ʼn beroep as programmeerder dalk perfek vir jou?

Is ʼn beroep as programmeerder dalk perfek vir jou? Gepubliseer op: 12 September 2023 Geskryf deur Jaco-Louis Kruger, waarnemende leier van stelsels en sekuriteit by Akademia. In die moderne samelewing waar tegnologie deel vorm van ons alledaagse werkverrigting, vermaaklikheid en interaksie met vriende en familie, is die keuse om ʼn programmeerder te word nie net […]

Klassieke onderwys bespreek by openbare lesing vanuit Akademia se Fakulteit Opvoedkunde

Klassieke onderwys bespreek by openbare lesing vanuit Akademia se Fakulteit Opvoedkunde Gepubliseer op: 11 September 2023 Akademia se Fakulteit Opvoedkunde het op Donderdag 7 September ʼn openbare lesing en oop gesprek by Leriba in Centurion aangebied. Die hoofrede is gelewer deur Nel Brace, direkteur van die Potchefstroom-tak van Ratio Christi Suid-Afrika. Die hoofrede is gevolg […]

Akademiese geletterdheid in die era van kunsmatige intelligensie

Akademiese geletterdheid in die era van kunsmatige intelligensie Gepubliseer op: 8 September 2023 Geskryf deur Monique Alberts, ʼn dosent in die Fakulteit Opvoedkunde, by Akademia. Internasionale Geletterdheidsdag word jaarliks op 8 September gevier. Dié dag, wat al sedert 1967 gevier word, het dit ten doel om gemeenskappe se aandag op die belangrikheid van geletterdheid te […]