Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Bewaarheid jou studiedrome by Akademia terwyl jy werk

Gepubliseer op: 3 November 2022

Akademia bied aan jou die geleentheid om gehalte onderrig in jou moedertaal te ontvang, terwyl jy werk of ander drome najaag. Die nauurse afstandsmodel en die verskeie nauurse voorgraadse studierigtings, word tydens ʼn aanlyn inligtingsessie bespreek wat op 12 November vanaf 10:00-11:00 gehou word.

Dié inligtingsessie sal voornemende studente toerus om ʼn ingeligte besluit te kan neem oor of die nauurse afstandsopsie by Akademia gerieflik vir hulle sal wees. Die insiggewende sessie se program is propvol gepak met belangrike inligting en daar sal ook ʼn gulde geleentheid wees vir vrae waarmee voornemende studente onsekerhede uit die weg kan ruim.

Dié nauurse afstandsmodel bied ʼn gerieflike rooster vir enige persoon met ʼn besige skedule wat reeds werk of graag in 2023 wil werk en steeds studies aanpak. Studente wat nauurs by Akademia studeer het ʼn keuse om vir klasbywoning by ʼn nabygeleë studiesentrum aan te sluit, of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer. Studente kan steeds ʼn studentelewe op die nauurse afstandsmodel ervaar deur by nauurse aksies of by die e-leergemeenskap, oftewel A-gemeenskap, in te skakel.

“Die A-gemeenskap is ʼn studentegemeenskap vir ons nauurse afstandstudente. Dit bied vir hulle die geleentheid om deel te vorm van Akademia se studentegemeenskap, om medestudente te ontmoet, vriendskappe te bou, netwerke uit te brei en nog vele meer,” vertel Abigail Fourie, een van Akademia se nauurse afstandstudente en die A-gemeenskap-koördineerder.

Waarvoor wag jy? Woon die aanlyn inligtingsessie by. Klik hier om jou sitplek te bespreek. Akademia, jou loopbaanreis begin hier!

Nauurse afstandstudente kan saam met medestudente oor ʼn landswye netwerk van studiesentrums interaktiewe klasse bywoon of vanuit die gemak van hul eie huis of kantoor met die e-leeropsie klas bywoon.