Search
Close this search box.

Entrepreneurskap: die vonk wat nodig is vir ʼn vuisvoos ekonomie

Entrepreneurskap: die vonk wat nodig is vir ʼn vuisvoos ekonomie Gepubliseer op: 21 Augustus 2023 Entrepreneurskap is lank nie meer net ʼn gonswoord wat deur ekonome en toekomsbeplanners gebruik word as ʼn moontlike antwoord op Suid-Afrika se ekonomiese probleme nie. Vandag is entrepreneurskap, en die potensiaal wat daaraan gekoppel word, ʼn dinamiese dryfveer van die […]

Akademia-alumnus: “Droom gróót, want drome word waar”

Akademia-alumnus: “Droom gróót, want drome word waar” Gepubliseer op: 21 Augustus 2023 “ʼn Dogtertjie met ʼn droom word ʼn vrou met ʼn visie,” aldus Akademia-alumnus, Marilie Louw. Vir dié alumnus, wat in 2022 die BCom (Ondernemingsbestuur)-kwalifikasie by wyse van die nauurse afstandsmodel voltooi het, was ʼn kleintyddroom van besigheidsukses die motivering wat sy nodig gehad […]

Akademia hou inligtingsessie oor nauurse afstandstudie vir 2024

Akademia hou inligtingsessie oor nauurse afstandstudie vir 2024 Gepubliseer op: 16 Augustus 2023 Akademia bied vir jou die geleentheid om ʼn gehalte kwalifikasie in Afrikaans te voltooi, terwyl jy bedags werk of ander drome nastreef. Die nauurse afstandsmodel en die verskeie nauurse studierigtings word tydens ʼn aanlyn inligtingsessie op 7 September bespreek wat vanaf 18:00 […]

Afrikaans is nie net lippetaal nie – voeg die boek by die woord!

Afrikaans is nie net lippetaal nie – voeg die boek by die woord! Gepubliseer op: 14 Augustus 2023 Geskryf deur Karien Brits van die Akademia Uitgewery Afrikaansdag word jaarliks op 14 Augustus gevier en dit is terselfdertyd die Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag, ʼn inisiatief deur die Vriende van Afrikaans (VVA). Dit is met goeie rede dat Afrikaanssprekendes op […]

Afrikaans en die rol van die GRA: ʼn taalreis vanaf minderwaardigheid tot volwassenheid

Afrikaans en die rol van die GRA: ʼn taalreis vanaf minderwaardigheid tot volwassenheid Gepubliseer op: 14 Augustus 2023 Geskryf deur prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie by Akademia Afrikaanssprekendes het verskeie redes om in Augustusmaand die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 te vier. Vanweë die invloed wat die […]

Ooptoegangsinisiatief plaas filosofiepublikasie binne bereik van wêreldwye leserspubliek

Ooptoegangsinisiatief plaas filosofiepublikasie binne bereik van wêreldwye leserspubliek Gepubliseer op: 11 Augustus 2023 Dit is verblydend om te sien dat daar vandag ʼn groot aantal akademiese werke, van hoogstaande gehalte, in Afrikaans verskyn. Anders gestel: dié werke getuig nie net van die seggingskrag van Afrikaans nie, maar soos in weinig ander tale breek dit die […]

Akademia tree as gasheer op vir internasionale filosofiese NAWG-kongres

Akademia tree as gasheer op vir internasionale filosofiese NAWG-kongres Gepubliseer op: 10 Augustus 2023 Akademia het vanjaar as gasheer opgetree vir die Nederlands-Afrikaans Wysgerige Genootskap (NAWG)-kongres wat elke anderhalfjaar plaasvind. Die kongres is vanaf 2 tot 4 Augustus 2023 in Centurion aangebied en bygewoon deur verskeie belangrike filosowe vanuit Suid-Afrika en Nederland, sowel as lede […]

Dogter, jong dame, vrou – jy is genoeg

Dogter, jong dame, vrou – jy is genoeg Gepubliseer op: 8 Augustus 2023 Geskryf deur Charmain Kruger, dosent in Sosiale Wetenskappe-onderwys by Akademia Tans gons die wêreld onder ʼn pienk kleed van Barbie-manie. Elke dogter (bo die ouderdom van dertien) vergesel haar groepie vriendinne na die teaters om hierdie ikoniese Mattel-speelding in lewende lywe op […]

Akademia-studenteleier: Ek sprei met selfvertroue my vlerke

Akademia-studenteleier: Ek sprei met selfvertroue my vlerke Gepubliseer op: 7 Augustus 2023 Augustus is Vrouemaand in Suid-Afrika en gedurende dié maand, en méér nog op Nasionale Vrouedag – wat op 9 Augustus is, vier Akademia sterk vroue wat elk op ʼn unieke wyse baie vir die gemeenskap en die mense om haar beteken. Een so […]

Nuwe studenteraad gereed om Akademia se studentelewe na nuwe hoogtes te neem

Nuwe studenteraad gereed om Akademia se studentelewe na nuwe hoogtes te neem Gepubliseer op: 4 Augustus 2023 Op Donderdag 3 Augustus is Akademia se studenteraad (SR) vir die 2023/2024-termyn amptelik ingehuldig op die instelling se Centurion-kampus. Die nuwe SR staan gereed om met passie en toewyding hul nuwe rolle aan te pak en Akademia se […]

Openbare lesing oor Houellebecq en Girard by Akademia aangebied

Openbare lesing oor Houellebecq en Girard by Akademia aangebied Gepubliseer op: 3 Augustus 2023 Geskryf deur dr. Daniël Maritz, bestuurder van die NP van Wyk Louw-sentrum Op 20 Julie het die NP van Wyk Louw-sentrum vir prof. Johann Rossouw van die Universiteit van die Vrystaat (UV) ontvang om ʼn openbare lesing te lewer. Rossouw is […]

Akademia-loopbaanskou ʼn rigtingwyser op studente se loopbaanreis

Akademia-loopbaanskou ʼn rigtingwyser op studente se loopbaanreis Gepubliseer op: 25 Julie 2023 Akademia het onlangs ʼn loopbaanskou op die Centurion-kampus aangebied. Verskeie instellings het tydens dié geleentheid, wat van 10 tot 14 Julie plaasgevind het, die kans gehad om hul loopbaangeleenthede aan Akademia-studente, oftewel Fonties, te bemark. Studente kon op hul beurt persoonlik met potensiële […]

Leierskap in die werkplek: invloed, integriteit en identiteit

Leierskap in die werkplek: invloed, integriteit en identiteit Gepubliseer op: 25 Julie 2023 Geskryf deur Paul Smit, Akademia-studentesake: Strategiese ontwikkeling Leierskap kan op verskeie maniere gedefinieer word en as sodanig het hierdie artikel dit nie ten doel om diesulke definisies te bespreek nie. Inteendeel, ek wil by wyse van hierdie skrywe graag die aard van […]

Werk vinniger en slimmer danksy KI-tegnologie

Werk vinniger en slimmer danksy KI-tegnologie Gepubliseer op: 25 Julie 2023 Geskryf deur Mareli Swanepoel, bestuurder: Projekte by Akademia. Kunsmatige intelligensie (KI) blyk die gonswoord van die oomblik te wees. Indien jy, soos soveel ander mense, skepties is oor die impak van hierdie slimtegnologie en bekommerd is dat kletsbotte eersdaags die wêreld van werk gaan […]

Skryf só ʼn wen CV

Skryf só ʼn wen CV Gepubliseer op: 25 Julie 2023 Geskryf deur dr. Jannet Davel, hoof van Personeel en Ontwikkeling by Akademia. In die rolprent We Bought a Zoo is daar ʼn toneel waar Benjamin Mee sê: “You know, sometimes all you need is twenty seconds of insane courage. Just literally twenty seconds of just […]