*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Akademia-inligtingsessies: Ontdek hoe werk en studie hand aan hand kan loop

Gepubliseer op:  7 September 2026

Die keuse om ná skool of ná ʼn eerste kwalifikasie verder te studeer, hoef nie te beteken dat jy jou werk, inkomste of ander verantwoordelikhede moet prysgee nie. Met die regte onderrigleermodel kan studie en werk juis hand aan hand loop.

Wanneer dit by verdere studie kom, is daar nie ʼn een-grootte-pas-almal-benadering nie. Vir sommige voornemende studente is ʼn voltydse kampuservaring die ideale keuse, terwyl ander – wat reeds in die werksplek gevestig is óf ander belangstellings nastreef – ʼn meer buigsame opsie benodig.

Akademia se twee onderrigleermodelle, die nauurse afstandsmodel en die voltydse kampusmodel, bied verskillende opsies aan voornemende studente wat in 2027 met hul studie wil begin óf ʼn bestaande kwalifikasie verder wil uitbrei.

Die nauurse afstandsmodel as nommerpaskeuse vir werkende studente

Die instelling se nauurse afstandsmodel is spesifiek daarop gerig om werkende studente in staat te stel om hul studiedrome doelgerig met hul beroepslewe te kombineer. Op hierdie manier kan studente terselfdertyd waardevolle werkservaring opdoen, ʼn inkomste verdien asook ʼn toekomsgerigte studiereis onderneem.

Vir iemand wat reeds werk, kan die gedagte aan verdere studie aanvanklik oorweldigend klink. Die nauurse afstandsmodel skep egter die geleentheid om studie ná werksure en oor afstand te onderneem. Dit beteken dat verdere studie nie noodwendig ʼn onderbreking in jou loopbaan hoef te wees nie. Inteendeel, jou werksplek kan deel word van jou leerervaring, terwyl jou studie jou kennis en vaardighede verder ontwikkel.

Die vraag wat jy jouself daarom moet afvra is nie noodwendig: “Moet ek werk óf studeer nie”, maar eerder “Hoe kan ek die beste van beide hierdie wêrelde ontsluit?”

Inligtingsessies skyn die soeklig op oplossings wat werk

Om voornemende studente toe te rus om hierdie vraag te beantwoord, bied Akademia oor die bestek van die volgende paar maande verskeie inligtingsessies en sentrumopedae aan. Hierdie sessies sal onder meer fokus op nauurse studie oor afstand (via sentrums of e-leer), honneursstudiemoontlikhede, nagraadse diplomaopsies en die befondsingsmoontlikhede.

Tydens die sentrumopedae – wat dwarsoor die land sal plaasvind – sal studente meer oor Akademia se dinamiese sentrumnetwerk kan uitvind, asook wat klasbywoning behels, hoe assesserings afgelê word en wat om van die nauurse studentelewebelewenis te verwag.

Teken dié datums in jou dagboek aan

Jou hoef nie jou volgende hoofstuk uit te stel nie

Óf jy nou pas matriek voltooi het, reeds ʼn paar jaar in die arbeidsmark is, jou loopbaan wil bevorder óf ná ’n voorgraadse kwalifikasie verder wil spesialiseer, die keuse van studie bly ʼn belegging in jou toekoms. En hierdie belegging hoef nie noodwendig te beteken dat jy jou huidige lewe óf drome op die langebaan moet skuif nie.

Die eerste stap is om uit te vind watter onderrigleermodel die beste by jou doelwitte, jou werkslewe en jou toekoms pas. Akademia se komende inligtingsessies bied jou die geleentheid om vrae te vra, opsies te vergelyk en met groter sekerheid jou 2027-studiekeuse te maak.

Studieaansoeke vir 2027 word reeds ingewag. Besoek gerus die Akademia-webblad vir meer inligting.

Akademia se nauurse afstandsmodel maak dit vir studente moontlik om hul studiedrome doelgerig met hul beroepslewe te kombineer. Op hierdie manier kan hulle terselfdertyd waardevolle werkservaring opdoen, ʼn inkomste verdien asook ʼn toekomsgerigte studiereis onderneem.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.