*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Inligtingsessie oor NGOS aan Akademia in 2027

DATUM

Woensdag
11 November 2026

TYD

18:00-19:30

Is jy ʼn spesialis in jou veld met ʼn roeping vir die onderwys? Bekwaam jouself verder met ʼn Nagraadse Onderwyssertifikaat

Kom kuier aanlyn saam met ons! Hier kan jy uitvind hoe Akademia se Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) vir Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys aan studente professionele opleiding bied. Die fokus is op die ontwikkeling van die nodige pedagogiese inhoudskennis, vaardighede en ervaring in die opvoedkundige werksplek. Hierdie vaardighede sal studente in staat stel om dit wat hulle leer toe te pas as ʼn beginneronderwyser in ʼn verskeidenheid van skole.

Indien jy daarin belangstel om die NGOS in 2027 via die nauurse afstandsmodel aan Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Woensdag 11 November 2026 om 18:00 by.

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • ʼn Oorsig van Akademia.
  • ʼn Oorsig oor die NGOS-program
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die proefonderwystydperk?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • Wat is die toelatingsvereistes?
  • ʼn NGOS-alumnus deel hulle verhaal
  • ʼn Vraag-en-antwoordsessie om enige knaende navrae te beantwoord.

Let asb. daarop dat hierdie sessie slegs die NGOS-program hanteer.

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
  • Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op Bespreek.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE AFSTANDSMODEL

Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.