Inligtingsessie oor honneursprogramme aan Akademia
DATUM
Woensdag
16 September 2026
TYD
18:00-19:30
Lê die volgende bousteen van jou loopbaanreis neer
Om ʼn honneursgraad te voltooi, is om doelgerig aan jou toekoms te bou. Hierdie bousteen verdiep nie net jou akademiese kennis nie, maar versterk ook jou hele vormingsreis. By Akademia word gevorderde studie in die lig van ʼn klassieke, waardegedrewe ideaal benader en gebou op waarheid, goedheid en skoonheid as fondasie vir volwassenheid en leierskap.
ʼn Honneursgraad kan gesien word as ʼn betekenisvolle bousteen wat jou toerus vir die wêreld van werk én jou roepingsbewustheid verdiep. Dit is meer as ʼn kwalifikasie – dit is ʼn vormingsdaad wat rigting en betekenis aan jou toekoms gee.
Tydens hierdie inligtingsessie spandeer ons tyd aan die volgende honneursprogramme wat jou help om met waardes en vakmeesterskap aan jou beroep én gemeenskap te bou:
BComHons (Ondernemingsbestuur)
BAHons (Filosofie)
BAHons (Media en Kommunikasie)
Let daarop dat daar afsonderlike inligtingsessies op dieselfde tyd sal plaasvind vir elkeen van dié onderskeie honneursprogramme.
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia.
- Wat behels die spesifieke honneursprogram?
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- Wat is die toelatingsvereistes?
- ʼn Vraag-en-antwoordsessie om enige knaende navrae te beantwoord.
Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die bogenoemde program hanteer.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
- Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op Bespreek.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE ONDERRIGLEERMODELLE
Besoek gerus ons webblad vir meer inligting oor Akademia se onderrigleermodelle.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou loopbaangereedheid te verseker. Lees meer hier.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

