Gepubliseer op: 11 Junie 2025
Geskryf deur Tersia Myburgh, dosent: Professionele Studies aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde*
Op 11 Junie word Internasionale Speeldag gevier en word daar wêreldwyd opnuut na die kritiese rol wat spel in elke kind se ontwikkeling speel gelet. Dié dag, wat met die ondersteuning van organisasies soos UNICEF van stapel gestuur is, beklemtoon die feit dat spel nie ʼn luuksheid is nie, maar eerder ʼn universele reg is wat elke kind toekom terwyl dit óók die grondslag vir gesonde ontwikkeling lê.
Spel word dikwels as bloot ʼn prettige aktiwiteit gesien, maar die impak daarvan is veel dieper. Dit is deur spel dat kinders hul wêreld verken, hulself uitdruk en belangrike sosiale, emosionele, fisieke en kognitiewe vaardighede ontwikkel. Hiermee saam help dit jong kinders om holisties te groei – nie net liggaamlik nie, maar ook emosioneel en geestelik.
Holistiese ontwikkeling behels die koestering van al die aspekte van ʼn kind se ontwikkeling, en spel is een van die mees doeltreffendste maniere om dié ontwikkeling te fasiliteer. Óf dit nou die bou van ʼn legkaart, fantasiespel as dokter, boomklim, óf die konstruksie van ʼn toring met blokke behels. Elke vorm van spel dra by tot die ontwikkeling van verskillende vaardighede:
Fantasiespel stimuleer verbeelding, selfuitdrukking en innoverende denke.
UNICEF beklemtoon voorts dat spel nie nét pret is nie, dit is ook fundamenteel tot ʼn kind se ontwikkeling. Dit is hoe kinders leer: nie deur akademiese druk te ervaar nie, maar deur vreugde, ontdekking en nuuskierigheid. Ouers speel ʼn deurslaggewende rol in die skep van ʼn spelrykeomgewing. Hier is vyf eenvoudige riglyne om spel tuis gemaklik en betekenisvol aan te moedig:
Nie net fisiek nie, maar ook emosioneel, sodat jou kind vry voel om hulself te wees.
Mag Internasionale Speeldag ons daaraan herinner dat spel nie nét ʼn pret aktiwiteit vir ʼn kind is nie, maar ʼn lewenswyse. Méér nog: ʼn lewenswyse wat die grondslag lê vir gesonde groei en ontwikkeling op die mees natuurlike en vreugdevolle manier moontlik. Vir meer inligting asook hulpbronne oor die waarde van spel in die ontwikkeling van jong kinders, besoek gerus UNICEF se Learning through play-webtuiste.
Akademia se Fakulteit Opvoedkunde bied aan voornemende studente die geleentheid om een van twee programme via die instelling se voltydse kampusmodel te studeer, naamlik BEd (Grondslagfase-onderwys) óf BEd (Intermediêre Fase-onderwys). Die nauurse afstandsmodel maak voorsienning vir studente om die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en O-onderwys)-program asook die instelling se nuwe Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur-program. Aansoeke vir die 2026- akademiese jaar word nou ingewag.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.