Gepubliseer op: 14 Januarie 2025
Die lang wag vir die bekendmaking van die 2024-matriekuitslae is uiteindelik verby, en Akademia voeg graag sy stem by die koor van gelukwense aan dié groep skoolverlaters. Julle harde werk en deursettingsvermoë het vir julle die knoop deurgehaak, en hierdie eienskappe baan nou die weg vir nóg groter sukses – hetsy in verdere studie, opleiding óf die werkswêreld.
ʼn Dubbeldosis goeie nuus
Indien jy naskoolse studie vir 2025 oorweeg, het Akademia ʼn dubbeldosis goeie nuus vir jou! Eerstens het jy, ten spyte van die feit dat die meeste hoëronderwysinstellings se studieaansoeke vir vanjaar reeds gesluit het, tot en met 31 Januarie 2025 die geleentheid om by dié instelling aansoek te doen. In die tweede plek kan jou goeie matriekuitslae vir jou ʼn besparing van tot R50 000 op jou eerste jaar van studie by Akademia beteken. Die instelling het vroeër aangekondig dat hy goeie akademiese prestasie vir die 2024-matriekklas gaan beloon by wyse van die daarstelling van akademiese merietebeurse. Besoek gerus die Akademia-webblad om jou van die verskillende kategorieë asook die bepalings en voorwaardes te vergewis.
Die vryheid van keuse
Akademia bied aan voornemende studente die keuse van twee onderrigleermodelle, naamlik die voltydse kampusmodel óf die nauurse afstandsmodel.
Die voltydse kampusmodel bied vir Fonties* ʼn kampuservaring waar studente bedags kan klasdraf en aktief kan deelneem aan ʼn bruisende studentelewe. Hierbenewens is die kampusse in Centurion veilig en goed ingerig met verskeie fasiliteite soos ʼn mediasentrum, kafeteria, ruim lesinglokale, ontspanningsruimtes en selfs ouditoriumgeriewe. Beide die Gerhardstraat- en die Leriba-kampus is ook stapafstand van die Gautrein-stasie en verskeie gerieflike inkopiesentrums. As Akademia-student het jy voorts ook ʼn keuse van vier kampuskoshuise en twee daghuise (indien jy van privaat verblyf gebruik maak).
Op sy beurt bied die nauurse afstandsmodel ʼn gerieflike rooster vir enige persoon met ʼn besige skedule wat reeds werk of ander drome najaag. Studente wat nauurs oor afstand by die instelling studeer het ʼn keuse om vir klasbywoning by ʼn nabygeleë sentrum aan te sluit, of om bloot via e-leer vanaf enige plek in die wêreld te studeer.
Ongeag van jou gekose onderrigleermodel, bied Akademia verskeie programme oor vyf dinamiese fakulteite aan, naamlik: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde en Regsgeleerdheid. Die instelling bied ook aan voornemende studente, wie dalk nie toelating tot die studieprogram van hul keuse het nie, ʼn werkbare oplossing in die vorm van hoër sertifikate. Hierdie programme baan die weg tot toelating tot toekomstige graadstudie by Akademia en sluit onder meer in die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie en die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde.
Hierbenewens spreek die instelling se georganiseerde studentelewe – wat op albei modelle gerig is – tot die vorming van studente se denke én hart om sodoende karaktervorming met die oog op ʼn vrye toekoms te fasiliteer. Laasgenoemde vorming sluit die aankweek en versterking van deugde soos integriteit, wysheid, vriendskap en ʼn sin vir die gemeenskap.
“Ons boodskap aan die 2024-matriekklas is eenvoudig: harde werk word altyd beloon,” sê Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia. Hy voeg by dat hy saam met hierdie groep skoolverlaters opgewonde is oor die toekoms. “As ʼn instelling hoop ons dat die vooruitsig van die toekenning van akademiese merietebeurse matrikulante opgewonde oor hul naskoolse toekoms sal maak, en dat hulle op hierdie manier gestalte aan hul roepingsbesef sal gee,” meen Visser. Volgens Visser verteenwoordig hierdie beursgeleentheid voorts in wese ʼn simboliese erkenning van ʼn nuwe geslag denkleiers, praktykkundiges, kunstenaars, wetenskaplikes en entrepreneurs verteenwoordig. Kortom: ʼn gulde geleentheid vir matrikulante om as die denkers en doeners van more na vore te tree om só hul regmatige plek as rentmeesters van volhoubaarheid, innovasie en vooruitgang in te neem.
Waarvoor wag jy? Maak die jaar 2025 een vir die boeke. Indien jy nog kopkrap oor jou studiemoontlikhede, registreer vandag nog vir die aanlyn inligtingsessie wat op Donderdag 16 Januarie sal plaasvind. Aansoeke vir voorgraadse studie sluit op 31 Januarie 2025. Akademia – jou Afrikaanse studietuiste waar denke én hart gevorm word.
*ʼn Fontie is ʼn student wat aan Akademia studeer.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2024 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.