PERSONEEL
Akademia het uitnemende en roepinggedrewe personeel wat bydra tot ’n leerervaring van wêreldgehalte.
DEKAAN

Dr. Piet Pretorius
DBL (Bedryfsleiding)
Waarnemende dekaan:
Fakulteit Natuurwetenskappe
Dr. Piet Pretorius is ʼn dosent in Rekenaarwetenskap en ook programkoördineerder van Rekenaarwetenskappe by Akademia. Hy het ʼn BSc-graad in Rekenaarwetenskap asook ʼn meesters- en doktorsgraad in Bedryfsleiding aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Pretorius se navorsingfokus is die gebruik van inligting en verwante tegnologieë deur organisasies in Suid-Afrika, met die klem op die volgende dekade. Hy praktiseer al vir langer as vier dekades as rekenaarwetenskaplike. Hy het voorheen op ʼn deeltydse basis by verskeie universiteite Inligtingtegnologie gedoseer, mees onlangs by die Noordwes-Universiteit se Sakeskool.
Departement Rekenaarwetenskappe

Dr. Jaco du Toit
PhD (Rekenaarwetenskappe)
Departementshoof: Rekenaarwetenskappe
Programkoördineerder:
BSc (Rekenaarwetenskappe)
Dr. Jaco du Toit is ʼn senior dosent en ook die departementshoof by Rekenaarwetenskappe by Akademia en het ʼn doktorsgraad in Rekenaarwetenskappe, asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) verwerf. Du Toit se navorsingsfokus is in kubersekerheid. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Intelligent Computing. Hy het twintig jaar as rekenaarkonsultant gepraktiseer.

Dr. Wynand Nel
PhD (Rekenaarwetenskap)
Senior dosent:
Rekenaarwetenskappe
Dr. Wynand Nel is ʼn senior dosent in vakgebied Rekenaarwetenskappe by Akademia en het ʼn PhD-graad in Rekenaarwetenskap en Informatika asook ʼn honneurs- (cum laude) en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf. Nel se navorsingsfokus is digitale insluiting en gemeenskapsbetrokkenheid in IT sowel as blokskakel-tegnologie. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ’n artikel in Communications in Computer and Information Science en ʼn referaat oor Exponentially Distributed Nonlinear Proof-of-Work: Saving Energy while Preserving Decentralisation in Bitcoin Mining by die International Conference on Electrical, Computer and Energy Technologies (ICECET 2023). Akademiese toekennings sluit in die volgende: akademiese erekleure by die UV. Hy het 24 jaar as dosent gepraktiseer.

Christo Croucamp
BScHons (Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie)
Junior dosent:
Rekenaarwetenskappe
Christo Croucamp is ʼn junior dosent in die vakgebied Rekenaarwetenskappe by Akademia en het ʼn BSc-graad in Inligtingstegnologie (cum laude) asook ʼn honneursgraad in Rekenaarwetenskap en Inligtingstegnologie aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Hy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in kuberveiligheidsbewustheid. Croucamp se navorsingsfokus is kuberveiligheid en opvoedkundige/ernstige speletjies. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn konferensieartikel en voordrag met die titel ‘Promoting cybersecurity awareness utilizing a “build your own adventure” serious game’ by die 19th International Conference on Applied Computing (AC 2022). Hy het een jaar ervaring as dosent in besluitsteunstelsels by die NWU.

Eugene Steyn
BIng (Elektroniese Ingenieurswese)
Junior dosent:
Rekenaarwetenskappe
Eugéne Steyn is ʼn junior dosent in Rekenaarwetenskappe by Akademia en het BCom-grade in Informatika en Rekeningkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf, asook ʼn professionele BIng-graad in Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Steyn se navorsingsfokus is datawetenskappe en rekenaarstelsels. Akademiese toekennings sluit in die volgende: Golden Key International Honor Society. Hy was nege jaar betrokke by die module Ingenieursbestuur by UNISA, en het ook as rekenmeester en rekenaarouditeur gepraktiseer.

Nuette Bonnet
MSc (Ingenieurswetenskappe)
Junior dosent:
Rekenaarwetenskappe
Nuette Bonnet is ʼn junior dosent in Rekenaarwetenskappe by Akademia en het ʼn graad in Taaltegnologie met Rekenaarwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) verwerf. Sy het ʼn MSc-graad in Ingenieurswetenskappe met Rekenaar- en Elektroniese Ingenieurswese (cum laude) voltooi. Sy is tans besig met ʼn PhD in Natuurlike Taalprosessering, waar haar navorsing fokus op die outomatiese identifisering van die verloop van tyd in narratiewe.

Tina van Niekerk
Junior dosent:
Rekenaarwetenskappe
Tina van Niekerk is ʼn junior dosent in vakgebied Rekenaarwetenskappe by Akademia en het ʼn BSc-graad in Inligtingstegnologie asook ʼn honneursgraad in Rekenaarwetenskappe en Inligtingstegnologie aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Sy is tans besig met ʼn meestersgraad in rekenaarwetenskappe. Van Niekerk se navorsingsfokus is in kuberveiligheid – voor, tydens en ná die Covid-19-pandemie. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn konferensieartikel “The COVID-19 pandemic’s impact on work dynamics in IT Software Development Organisations in South Africa, based on Organisational Size and Managerial Levels” by The 2023 WEI International Academic Conference Proceedings in Barcelona, Spanje. Sy het vir ʼn jaar as ʼn projekbestuurder by die NWU gewerk waar sy vier interne projekte bestuur het.

Aby Louw
BIngHons (Elektroniese Ingenieurswese)
Deeltydse dosent:
Rekenaarwetenskappe
Aby Louw is ʼn deeltydse dosent in Rekenaarswetenskappe by Akademia en het ʼn BIng-graad in Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Hy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in Elektroniese Ingenieurswese. Louw se navorsingsfokus is masjienleer vir teks-na-spraak-stelsels. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn konferensie-artikel en voordrag met die titel “Applying Phonological Feature Embeddings for Cross-Lingual Transfer in Text-to-Speech” by die 47th International Conference on Telecommunications and Signal Processing (TSP 2024)”. Hy praktiseer as ʼn hoofingenieur asook navorser en ontwikkelaar van spraaktegnologieë vir die afgelope twintig jaar.
Departement Wiskundige Wetenskappe
Leonie Mostert
MSc (Wiskunde)
Waarnemende departementshoof: Wiskundige Wetenskappe
Programkoördineerder:
BSc (Wiskundige Wetenskappe)
Leonie Mostert is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn MSc-graad in Wiskunde (cum laude) asook ʼn BSc (cum laude) en BSc-honneurs (cum laude) in hierdie dissipline aan die PU vir CHO (tans Noordwes-Universiteit) verwerf. Sy het Wiskunde doseer by die Universiteit van Pretoria vanaf 1988 tot en met Junie 2022.
Adiél Holtzhausen
MSc (Fisika)
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe
Adiel Holtzhausen is ʼn dosent in Toegepaste Wiskunde by Akademia en het ʼn BSc-graad in Fisika asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in skoon en groen energie. Holtzhausen se navorsingsfokus is semikonduktor- en sonselfisika. Akademiese toekennings sluit in die beste meestersplakkaat in toegepaste fisika by die Suid-Afrikaanse Instituut van Fisika (2021). Verder is sy betrokke by die Vroue in Fisika-vereniging (WiPiSA) asook by Afrika Insluitende Mikroskopie (African Inclusive Microscopy).

Dr. Carel Olivier
PhD (Toegepaste Wiskunde)
Senior dosent:
Wiskundige Wetenskappe
Dr. Carel Olivier is ʼn senior dosent in Wiskundige Wetenskappe by Akademia en het ʼn BSc-graad in Wiskundige Wetenskappe, asook ʼn honneursgraad in Finansiële Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Daarna het hy ʼn meestersgraad in Toegepaste Wiskunde verwerf by die Universiteit Stellenbosch, gevolg deur ʼn doktorsgraad in dieselfde dissipline by die Universiteit van Kaapstad. Olivier se navorsingsfokus is teoretiese en simulasiestudies van nie-lineêre golwe in plasma met toepassings in ruimtefisika. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Physics of Plasma, waar hy ʼn vloeidinamiese kode ontwikkel het om botsings tussen elektrostatiese soliton-golwe met groot amplitudes te bestudeer, en gevind het dat die botsings elasties van aard is. Akademiese toekennings sluit in die volgende: die toekenning van ʼn C2-NRF-gradering, die Noordwes-Universiteit (NWU) se uitstaande gevestigde navorser van 2024 in die Pure and Applied Analytics-navorsingsentiteit, en ʼn NWU-fakulteitstoekenning vir Onderrig-Uitnemendheid by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

Elsabé Weyer
MSc (Wiskunde-onderwys)
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe
Elsabe Weyer is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn BSc-graad in Sielkunde en Statistiek asook ʼn honneurs- en meestersgraad in Wiskunde-onderrig aan die Noordwes-Universiteit (NWU) verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in laasgenoemde dissipline. Weyer se navorsingsfokus is wiskundeonderrig van calculus-eerstejaarstudente. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn konferensieartikel en ʼn referaat getiteld, “The Mathematical Beliefs of First-Year Calculus students at a university in South Africa” by Table Mountain DELTA 2023 (The 14th Southern Hemisphere Conference on the Teaching and Learning of Undergraduate Mathematics and Statistics) in Kaapstad (26 November tot 1 Desember 2023). Sy het negentien jaar as wiskundedosent by NWU, Potchefstroomkampus gepraktiseer en agt jaar as wiskundeonderwyser by verskeie sekondêre skole.

Dr. Frieda Theron
DSc (Wiskunde)
Senior dosent:
Wiskundige Wetenskappe
Frieda Theron is ʼn dosent in Wiskunde by Akademia en het ʼn BSc-graad in Wiskunde (cum laude) asook ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) en ʼn DSc graad in hierdie dissipline, sowel as ʼn BA (Menslike Bewegingskunde) (Sportwetenskap) en ʼn hoëronderwysdiploma aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Theron se navorsingsfokus is Matriksteorie asook Moduulteorie. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Electronic Journal of Linear Algebra. Sy het ʼn totaal van meer as 40 jaar ondervinding as wiskundedosent aan verskeie universiteite en vier jaar as wiskundeonderwyser.

Dr. Henri Moolman
DCom
Senior dosent:
Wiskundige Wetenskappe
Dr. Henri Moolman is ʼn dosent in Wiskundige Statistiek by Akademia en het ʼn BCom-graad asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Stellenbosch (US) verwerf. Hy het ook ʼn meesters- en doktorsgraad aan die Universiteit KwaZulu-Natal (UKZN) en ʼn Diploma in Datametrie (Rekenaarstudies) aan die Universiteit van Suid Afrika (UNISA) verwerf. Hy is tans besig met navorsing in data-analise en statistiese konsultasie vir ʼn referaat in Australië. Moolman se navorsingsfokus is tydreekse, data-analise, optimering en die gebruik van statistiek in konsultasiewerk. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in Current topics on Mathematics and Computer Science en ʼn referaat oor die gebruik van R en Excel in die onderrig van Statistiek en Data-analise by die IFCS 2022-konferensie in Porto, Portugal. Hy is ʼn geoktrooieerde lid van die Instituut van Gesertifiseerde en Geoktrooieerde Statistici van Suid-Afrika (IGGSSA) en ʼn lid van die Suid Afrikaanse Statistiese Vereniging (SASV).
Jacques Cloete
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe
Mnr. Jacques Cloete is ʼn dosent in vakgebied Wiskundige Statistiek by Akademia en het ʼn BSc-graad in Statistiek en Toegepaste Wiskunde asook ʼn honneursgraad in Statistiek aan die Universiteit van Natal, NU, (nou Universiteit van KwaZulu-Natal, UKZN) verwerf. Hy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in Statistiek. Jacques se navorsingsfokus is oorlewingsmodelle. Hy het ook nagraadse diplomas in Hoër Onderrig en Dataweteskap. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in APORTAL (2024) en ʼn referaat oor die voorspelling van studenteprestasie deur middle van Moodle-data by Statistiese Opvoeding. Hy het twintig jaar doseer ondervinding en ondervinding as statistiese konsultant vir doktors- en meesters projekte van verskeie dissiplines. Hy doseer tans die volgende modules: Steekproefverdelingsteorie, Stogastiese Prosesse, en Veralgemeende Lineêre Modelle.

René Swanepoel
MSc (Wiskundige Statistiek)
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe
René Swanepoel is ʼn dosent in Wiskundige Wetenskappe by Akademia en het ʼn BSc-graad in Wiskundige Statistiek (cum laude) aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, asook ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria. Sy het vir sewentien jaar in die praktyk gewerk en het verskeie rolle tydens haar loopbaan beoefen, onder andere programmeerder by ʼn versekeringsmaatskappy en ook hoof van die data-analisspan in die kredietafdeling by African Bank. Tydens haar tyd in die bank het sy haar vaardighede toegespits op die ontwikkeling en optimering van kredietrisikomodelle vir die bank om die kredietrisikotellings van kliënte te bepaal. Sy het ʼn gesonde belangstelling in die ontwikkeling van kredietrisikomodelle deur middel van geoutomatiseerde kunsmatige intelligensie-tegnologie.

Corlé van der Walt
BScHons (Wiskunde en Toegepaste Wiskunde)
Junior dosent:
Wiskundige Wetenskappe
Corlé van der Walt is ʼn junior dosent in Wiskundige Wetenskappe by Akademia en het ʼn BIng-graad in Bedryfsingenieurswese (cum laude) aan die Noordwes-Universiteit verwerf asook ʼn honneursgraad in Wiskunde en Toegepaste Wiskunde (cum laude) aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in toegepaste wiskunde. Van der Walt se navorsingsfokus is optimering en dinamiese stelsels. Akademiese toekennings sluit in die volgende: Beste aanbieder by die jaarlikse Afrikaanse studentesimposium aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (2023).

Michelle Michau
MSc (Wiskunde)
Dosent:
Wiskundige Wetenskappe
Michelle Michau is ʼn junior dosent in Wiskundige Wetenskappe by Akademia en het ʼn BSc-graad in Wiskundige Wetenskappe (cum laude) asook ʼn honneurs- en meestersgraad (cum laude) in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Haar mees onlangse werk is haar tesis – ʼn omvattende verkenning van die eienskappe van die Rado-grafiek. Akademiese toekennings sluit in die volgende: merietesertifikaat vir akademie namens die Studentegemeenskap van UP en lid van die Golden Key International Honour Society. Sy het drie jaar as onderwyser gewerk.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE