Search
Close this search box.

PERSONEEL

Akademia het uitnemende en roepinggedrewe personeel wat bydra tot ’n leerervaring van wêreldgehalte.

DEKAAN

Dr. Rachel Maritz

Dr. Rachel Maritz

DCom (Ondernemingsbestuur)
Dekaan:
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Dr. Rachel Maritz het in 2008 haar doktorsgraad in Ondernemingsbestuur (met spesialisasie in Strategiese Bestuur) aan die Universiteit van Pretoria (UP) behaal. Sy behaal ʼn meestersgraad in bedryfsleiding (MBL) aan Unisa (2002) en ʼn meestersgraad in Afrikaans (Mediakommunikasie) (met lof) by UP, asook BA (Tale) en honneursgraad in Afrikaans (met lof) by dieselfde instansie. Sy ontvang toekennings vir die beste doktorale proefskrif, meestersverhandeling en beste honneursstudent.

Maritz was vroeër vir sestien jaar voltyds verbonde aan die Universiteit van Pretoria se Departement Ondernemingsbestuur (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe). Sy dien as Hoof: Onderrig en Leer in hierdie departement, dien op die Fakulteitskomitee vir Onderrig en Leer, asook op die fakulteitstaakspan vir die fakulteit se internasionale akkreditasie. Tussen 1997 en 2001 was sy werksaam by Telkom as senior konsultant vir interne oudit en Bestuurder: Mededingende Intelligensie.

Maritz het wye ervaring as ʼn strategiekonsultant vir PWC, asook Enterprises UP, en was betrokke by strategieprojekte (onder andere die ontwikkeling, oudit en implementering van strategie) vir uiteenlopende maatskappye. Sy ontwikkel kursusse in strategie vir UP, die plaaslike bedryf, asook vir die internasionale MBA van die Guglielmo Marconi Universiteit in Rome. Sy tree op as studieleier vir meesters- en doktorale studies, asook as eksterne moderator en eksaminator vir programme, verhandelinge en proefskrifte aan ander universiteite. Sy is betrokke by die skryf van handboeke in strategiese bestuur en publiseer verskeie navorsingsartikels in internasionale vaktydskrifte. Haar navorsing fokus op ontplooiende en kreatiewe strategie, strategie in die praktyk, en korporatiewe bestuur.

DEPARTEMENTSHOOFDE

Elize-Mari Coetzer

Elize-Mari Coetzer

MCom (Toerismebestuur)
Departementshoof: Bestuurswetenskappe

Elize-Mari Coetzer is Bestuurswetenskappe-departementshoof in Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.  Sy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur (cum laude), asook ʼn honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Coetzer se navorsingsfokus is markprofiele, bestedingspatrone en ekonomiese bydraes. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society. Sy het twee jaar in die praktyk as ʼn konferensie- en spa-bestuurder gewerk en het meer as vyftien jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing, onder andere as programkoördineer en dosent.

Rika Nieuwoudt

Rika Calitz

MCom (Finansiële Bestuur)
Departementshoof:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Rika Calitz is die departementshoof van Ekonomie en Finansiële Wetenskappe sowel as ʼn dosent in Finansiële Bestuur en Finansiële Strategie. Calitz het ʼn BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad en honneursgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Sy verwerf ʼn meestersgraad in Finansiële Bestuur met ʼn skripsie getiteld “The impact of firm-specific attributes on shareholder value creation of listed South African companies”.

Departement Bestuurswetenskappe

Bernard Odendaal

Bernard Odendaal

MA (Sekuriteitstudies)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Bernard Odendaal is ʼn dosent in Etiek en Verantwoordelike Korporatiewe Burgerskap by Akademia en het die volgende akademiese kwalifikasies verwerf aan die Universiteit van Pretoria: BA Politieke Wetenskappe, BAHons in Internasionale Politiek en ʼn meestersgraad in Sekuriteitstudies. Hy het in verskeie hoedanighede in die privaat en publieke sektor gewerk, en sedert 2011 was hy die uitvoerende hoof van The Fact Foundry, ʼn konsultasie- en opleidingsmaatskappy. Tydens sy professionele loopbaan het hy by verskeie internasionale en nasionale konferensies oor ʼn wye reeks onderwerpe aanbiedings gedoen.
Chané Naudé

Chané Naudé

MCom (Ondernemingsbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Chané Naudé is ʼn dosent in Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BCom-graad in Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur (cum laude), ʼn honneursgraad in Entrepreneurskap en Bemarkingsbestuur (cum laude) asook ʼn meestersgraad in Ondernemingsbestuur (cum laude) by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Naudé se navorsingsfokus is om die bestuur van gehalte van dienste in die kitskos-franchisebedryf van Gauteng te ondersoek. Op grond van Naudé se akademiese prestasie is sy uitgenooi om ʼn lid van die Golden Key International Honour Society te word. Sy het ʼn internskap by Anglo American Platinum voltooi waar sy daarna as ʼn projekadministrateur gepraktiseer het.

Christine Terblanche

Christine Terblanche

MPhil (Ondernemingsbestuur en Voorsieningskettingbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Vakhoof:
Operasionele Bestuur

Christine Terblanche is ʼn dosent in Voorsieningskettingbestuur by Akademia en het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur (cum laude) asook ʼn honneursgraad in Ondernemingsbestuur en meestersgraad in Voorsieningskettingbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in Voorsieningskettingbestuur. Terblanche se navorsingsfokus is voorsieningskettingrisikobestuur, integrasie en inligtingsdeling. Haar mees onlangse artikel, “Counterfeiting: Exploring mitigation capabilities and resilience in South African pharmaceutical supply chains”, is in Acta Commerci gepubliseer. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society. Sy het meer as vyf jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing.

Delicia Bezuidenhout-Conradie

Delicia Bezuidenhout-Conradie

MCom (Toerismebestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Delicia Bezuidenhout-Conradie is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur by Akademia en het ʼn BCom-graad in Bemarking en Toerismebestuur (cum laude) asook ʼn honneurs- en meestersgraad in Toerismebestuur aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in Toerismebestuur. Bezuidenhout-Conradie se navorsingsfokus is Toerismebestuur en Bemarking. Akademiese toekennings sluit in die beste student oor drie jaar in Toerismebestuur asook lidmaatskap aan die Golden Key International Honour Society. Sy het meer as vier jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing as ʼn dosent. 

Jaun Kriel

Jaun Kriel

MCom (Toerismebestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Programkoördineerder:
Gevorderde Diploma in Projekbestuur

Jaun Kriel is ʼn dosent en die programkoördineerder van die Gevorderde Diploma in Projekbestuur. Hy het ʼn BCom-graad in Korporatiewe Kommunikasie en Toerismebestuur, asook honneurs- en meestersgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy is tans besig met sy projekbestuursertifisering aan die Projekbestuurinstituut (PMI). Hy het meer as dertien jaar ondervinding as dosent, asook agt as programkoördineerder by Akademia.
Johann Smith

Johann Smith

MCom (Kommunikasiebestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Johann Smith is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur aan Akademia. Hy het ʼn BCom-graad en honneursgraad in Informatika, asook ʼn meestersgraad in Kommunikasiebestuur, aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Johann se huidige navorsingsfokus is Innovasiebestuur, asook die bestuur van Wiskunde-angs en Wiskunde-veerkragtigheid in hoëronderwysinstellings. Hy praktiseer as ʼn bestuurskonsultant, maar is ook tientalle jare in die onderwyssektor betrokke. 
Marthe-Mari Herbst

Marthe-Mari Herbst

BComHons (Ondernemingsbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Programkoördineerder:
Hoër Sertifikaat Kantooradministrasie

Marthe-Mari Herbst is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Geoktrooieerde Bemarking en ʼn nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) verwerf aan die Noordwes-Universiteit (NWU), asook ʼn honneursgraad (cum laude) in Ondernemingsbestuur aan die Universiteit van Suid-Afrika. Akademiese toekennings sluit in top-4-student vir die NGOS-kwalifikasie aan die NWU. Sy het in die praktyk gewerk as rekeningbestuurder en sy het ook ondervinding in tersiêre onderwys. 
Monique Visser

Monique Visser

MCom (Internasionale Handel)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Programkoördineerder:
BCom (Ondernemingsbestuur)

Monique Visser is ʼn dosent in Bestuurswetenskappe by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Internasionale Handel en Bemarking, asook ʼn honneursgraad (cum laude) en meestersgraad in Internasionale Handel aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Sy is tans besig met ʼn doktorale proefskrif in strategie. Visser se navorsingsfokus is die strategie in praktyk (Strategy-as-practice). Haar artikel, “Identifying the comparative advantage of products and industries of South Africa’s Mpumalanga province”, is in die Southern African Business Review gepubliseer. Sy het vir ʼn internasionale in- en uitvoermaatskappy gewerk, en het meer as ʼn dekade se ervaring in die akademiese omgewing aan hoëronderwysinstellings. 

Morné Venter

MCom (Arbeidsverhoudinge en Menslike Hulpbronbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Morné Venter is ʼn dosent in BCom (Ondernemingsbestuur), meer spesifiek Menslike Hulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge by Akademia en het ʼn meestersgraad in Menslike Hulpbronne en Arbeidsverhoudingebestuur aan die Nelson Mandela Universiteit verwerf, sy verhandeling het gegaan oor hoe om die armoedesiklus te breek. Verder het hy ʼn honneurs in Bedryfs- en Organisatoriese Sielkunde aan Unisa behaal en ʼn BCom in Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudingebestuur aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus verwerf. Hy het ʼn nagraadse diploma in Arbeidsreg van die Universiteit van Johannesburg asook ʼn nagraadse sertifikaat in Opvoeding aan Unisa. Hy het vyf jaar ondervinding as ʼn regsadviseur by ʼn werkgewersorganisasie. 
Dr. Rina Steynberg

Dr. Rina Steynberg

DCom (Leierskap, Prestasiebestuur en Veranderingsbestuur)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Dr. Rina Steynberg is ʼn dosent in die vakgebied Ondernemingsbestuur by Akademia en het ʼn DCom-graad in Leierskap in Prestasie en Verandering aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) verwerf met haar proefskrif wat gefokus het op die mens se integrasieprosesse gedurende besigheidsaankope en samesmeltings. Sy verwerf haar honneurs- en meestersgraad (cum laude) in Menslike Hulpbronbestuur aan die Universiteit van Pretoria (UP). Sy publiseer verskeie artikels en tree op as spreker by professionele liggame met ʼn sterk fokus op organisasiekultuur en -transformasie, leierskap en spandinamika, en die integrasie daarvan met besigheidsprosesse. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn hoofstuk oor veranderingsnavigasie in ʼn voorgeskrewe handleiding vir die Universiteit van Suid Afrika (UNISA) getiteld “Contemporary Issues in Human Resources Management”. Sy het meer as dertig jaar industrie-ondervinding waarvan twintig jaar as bestuurskonsultant is. Sy tree graag op as internskap-studieleier vir bedryfsielkundiges. 

Salomien Boshoff

Salomien Boshoff

MCom (Ondernemingsbestuur, Bemarking)
Dosent:
Bestuurswetenskappe

Vakhoof:
Ondernemingsbestuur

Salomien Boshoff is ʼn dosent in Ondernemingsbestuur. Sy het ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur, asook ʼn honneursgraad in Bemarking aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy behaal haar MCom in Ondernemingsbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat met die verhandeling getiteld “Spanwerk as ‘n vaardigheid vir die bemarking van gegradueerdes”. Boshoff se navorsingsfokus is indiensnemingsvaardighede en bemarking. Sy is voorsitter van Akademia se Navorsingondersteunings en ontwikkelingskomitee (NOOK). Boshoff het tientalle jare se ondervinding in onderrig en leer, waartydens sy ʼn aantal ander toekennings – spesifiek vir haar assesseringspraktyke en samewerkingsooreenkomste met besighede – ontvang het. 
Stefan Vorster

Stefan Vorster

BComHons (Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur)
Junior dosent:
Bestuurswetenskappe

Stefan Vorster is ʼn dosent in vakgebied Bestuurswetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Entrepreneurskap en Ondernemingsbestuur asook ʼn honneurs in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) verwerf. Akademiese toekennings sluit in die volgende: lid van Golden Key. Hy het meer as vier jaar ondervinding in die hoëronderwysomgewing as ʼn dosent. 

Jacolene Greyvenstein

MSc (Projekbestuur)
Deeltydse dosent: Bestuurswetenskappe

Jacolene Greyvenstein is ʼn deeltydse dosent in Projekbestuur by Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy het ʼn BSc- en honneursgraad in Bourekenkunde en later ook ʼn MSc-graad in Projekbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf.  Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key Internasional Honour Society. Sy is al vir meer as 20 jaar in die praktyk, eers as ʼn professionele bourekenaar en later as ʼn projek- en ontwikkelingsbestuurder in die konstruksiebedryf. Haar professionale kwalifikasies sluit in internationale lidmaatskap in projekbestuur en bourekenkunde.

Departement Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Alick Burger

MCom (Bestuursrekeningkunde)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Alick Burger is ʼn dosent in Finansiële Bestuur by Akademia en het ʼn BRek-graad (cum laude) asook ’n honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Hy het ʼn meestersgraad in Bestuursrekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Burger se navorsingsfokus is gespits op kwalitatiewe metodologieë in die wye veld van bestuursrekeningkunde en finansiële bestuur. Sy mees onlangse gepubliseerde werk is ’n artikel in Financial Management met die titel “Finding the key to strategic cost management” en sy mees onlangse referaat was oor “Strategic cost management in a South African automotive company” by die 13de International Business Conference. Hy het tien jaar se kommersiële ervaring en dra die gesogte geoktrooieerde rekenmeester (GR(SA))-titel die afgelope dekade. 

Berrie Stoop

Berrie Stoop

BComHons (Finansiële Rekeningkunde)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Berrie Stoop is ʼn dosent in Rekeningkundige Wetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Finansiële Rekeningkunde, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy is tans besig met ʼn meestersgraad in die filosofie van hoër onderwys by die Universiteit Stellenbosch. Hy is die outeur en aanbieder van verskeie werkswinkels en seminare wat in die rekeningkundige beroep aangebied word en praktiseer al reeds vir meer as agtien jaar as rekenmeester. Stoop is tans die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Kommersiële Boekhouding (SAIBA) se Opvoedingskomitee. 

Chalté Venter

MCom (Finansies)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Chalté Venter is ʼn dosent in Statistiek, Beleggingsbestuur en Ekonomie (met spesialisasie in Ekonometrie) by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Ekonomie en Ekonometrie, ʼn honneursgraad in Ekonometrie, asook ʼn meestersgraad in Finansies en Beleggingsbestuur aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Venter se meesterskripsie is getiteld “An empirical analysis of information efficiency in financial markets”. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel oor “Volatility modelling and trading volume of the CARS equity indices” in die konferensieverrigtinge van die Internasionale Konferensie vir Toegepaste Ekonomie, wat ook as referaat by die Universiteit van Milan in Italië gelewer. Sy het vier jaar as opvoedkundige in die privaatonderwyssektor gepraktiseer. 

Daniëlla du Preez

Daniëlla du Preez

MPhil (Hoër Onderwys)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Vakhoof:
Finansiële en Beleggingsbestuur
Programkoördineerder:
Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde

Daniëlla du Preez is ʼn dosent in Rekeningkundige Wetenskappe en ook programkoördineerder vir die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Bestuursrekeningkunde, asook ʼn honneursgraad in Finansiële Rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Haar hoogste kwalifikasie is ʼn MPhil in Hoër Onderwys. Sy het drie jaar klerkskap voltooi en die SAIPA-raadseksamen (South African Institute of Professional Accountants) geslaag. Du Preez het internasionale korporatiewe ondervinding in onder andere menslikehulpbronbestuur, rekeningkunde, belasting en kontrakonderhandeling.
Edward Blight

Edward Blight

MCom (Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Vakhoof:
Ekonomie

Edward Blight is ʼn dosent in Ekonomie en het ʼn BA (Politiek, Filosofie, en Ekonomie), asook ʼn honneursgraad en meestersgraad in Ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Sy meestersgraad is getiteld “Prevalence of a mineral resource curse in South Africa: A critical analysis of the gold and diamond sectors”.

Hy ontvang verdere opleiding in Heterodokse Ekonomie by die Mises Universiteit in Amerika. Hy lewer referate by verskeie nasionale konferensies. Edward is ook ʼn meningskrywer vir Maroela Media en publiseer verskeie artikels oor die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Mariska Wannenburg

Mariska Wannenburg

MPhil (Bedrogrisikobestuur)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Programkoördineerder:
BCom (Finansiële Beplanning)

Mariska Wannenburg is ʼn dosent in Belasting en Rekeningkunde by Akademia, en is tans die programkoördineerder van die BCom (Finansiële Beplanning)-program. Sy het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe, ʼn honneursgraad in Interne Oudit, en ʼn meestersgraad in Bedrogrisikobestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Haar navorsingfokus is kubersekuriteit en meer spesifiek die vatbaarheid van uitvissing (phishing) in ʼn Suid-Afrikaanse konteks. Sy het ʼn akademiese artikel in die Southern African Journal of Accountability and Auditing gepubliseer, asook ʼn referaat oor witboordjie misdaadondersoeke by die Southern African Accounting Association internasionale konferensie gelewer. Verder het sy internasionale korporatiewe ondervinding in interne ouditkunde, en het gepraktiseer by die ouditeursfirma Ernst & Young in Nederland en Suid-Afrika, waarna sy haar loopbaan as ʼn interne oudit- operasionele bestuurder by Investec Bank voortgesit het.

Michelle Coetzee

MCom (Rekenaarouditkunde)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Vakhoof:
Rekeningkunde, Belasting en Ouditkunde
Programkoördineerder:
Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde

Michelle Coetzee is ʼn dosent in Ouditkunde by Akademia en het ʼn BCom-graad in Geoktrooieerde Rekenmeesterskap (cum laude), ʼn honneursgraad in Geoktrooieerde Rekenmeesterskap en ʼn meestersgraad in Rekenaarouditering (cum laude). Sy is tans besig met ʼn doktorale verhandeling in ouditkunde. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ʼn artikel in die Accountancy SA-vaktydskrif oor die rekeningkundige oorwegings rondom die koronavirus. Coetzee is ʼn geregistreerde geoktrooieerde rekenmeester (Suid-Afrika) en SAIGR-assessor. Sy is ʼn lid van CGMA Global University and Academic Center of Excellence (COE) se CGMA Akademiese Kampioen-program en skryf graag artikels vir CIMA en AICPA. Akademiese toekennings sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society en twee internasionale CIMA Teaching Excellence-toekennings. 
Nadia Hunt

Nadia Hunt

MCom (Beleggingsbestuur)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Programkoördineerder:
BCom (Ekonomie en Regte)

Nadia Hunt is ʼn dosent in Ekonomie en Finansiële Beplanning by Akademia en het ʼn BCom-graad in Ekonomie en Ekonometrie, asook ʼn honneursgraad in Internasionale Handel en Finansiële Ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Sy het haar meestersgraad in Beleggingsbestuur binne agt maande ingedien. Sy het as ekonoom in die kommoditeitsektor van Suid-Afrika gepraktiseer. Sy het ook meer as ‘n dekade se ervaring in die hoër onderwys.
Nicolene Coetzee

Nicolene Coetzee

BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Nicolene Coetzee is ʼn dosent in die Departement Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe asook ʼn nagraadse diploma (STR) in hierdie dissipline aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Sy is ook ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA). Coetzee se navorsingsfokus is professionele skeptisisme in ouditkunde. Sy het drie jaar as ouditeur gepraktiseer en het ʼn dekade se ondervinding in die akademiese omgewing aan hoëronderwysinstellings. 

Nikki Kennedy

Nikki Kennedy

MCom (Belasting)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Programkoördineerder:
Nagraadse Diploma in Belasting

Nikki Kennedy is ʼn dosent in Bestuursrekeningkunde en Belasting by Akademia en het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), verwerf. Sy verwerf ook haar meestersgraad in Belasting aan die Universiteit van Pretoria. Sy het haar CIMA-eksamens tot op TOPCIMA-vlak voltooi en is aanvaar as ʼn CIMA-lid. Sy het verder ook ʼn nagraadse program in gevorderde belasting en belastingwetgewing deur die Noordwes-Universiteit (NWU) voltooi. Sy praktiseer en het lidmaatskap by CIMA, SAIPA en SAIT.

Roelien Botha

Roelien Botha

MCom (Finansiële Bestuurswetenskappe)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Programkoördineerder:
BCom (Bestuursrekeningkunde) en BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)

Roelien Botha is ʼn dosent in Bestuursrekeningkunde en Risikobestuur en ook programkoördineerder van BCom (Bestuursrekeningkunde) en BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde) by Akademia. Sy verwerf haar BCom Regte-graad (cum laude), asook haar honneurs- en meestersgrade (cum laude) in Finansiële Bestuur aan die Universiteit van Pretoria. Botha se navorsingsfokus is die finansiële bestuuraktiwiteite van kleinsakeondernemings. Akademiese toekennings sluit in akademiese erekleure, Dekaansmerietelys en Golden Key International Honour Society-lidmaatskap.

Dr. Sandra Adendorff

DCom (Ekonomie)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Sandra Adendorff is ʼn dosent in Ekonomie by Akademia, en het ʼn meesters- en doktorsgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy was voorheen werksaam by die Universiteit van Pretoria, asook die Reserwebank. Adendorff se navorsingsfokus is ekonomie, finansiële markte en instrumente, asook makro-ekonomiese beleid. As navorser is sy medeskrywer van ʼn aantal handboeke, onder meer Economic Indicators en Understanding South African Financial Markets (Van Schaik) en Monetary Economics in South Africa (Oxford)Daarbenewens het sy artikels en publikasies vir verskeie instansies geskryf, en ʼn aantal referate by internasionale konferensies gelewer. Sy was ook betrokke by ʼn aantal navorsingsprojekte, onder meer gefokus op finansiële integrasie in Suider-Afrika, en is ʼn genoot by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Finansiële Markte

Shaun Coetzee

Shaun Coetzee

MBA
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Shaun Coetzee is ʼn dosent in die departement Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia. Hy het ʼn BCom (Rekenmeesterskap)-graad en ʼn honneursgraad in Bestuursrekenmeesterskap, beide met lof, aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy het ʼn meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) van die Universiteit van Derby, asook ʼn meestersgraad in Strategiese Besigheidsbestuur van die Manchester Metropolitan Universiteit verwerf. Akademiese toekennings sluit in akademiese erekleure, beste honneursstudent, en Golden Key International Honour Society-lidmaatskap. Coetzee is ʼn geregistreerde geoktrooieerde bestuursrekenmeester (ACMA, CGMA) by CIMA. Hy was vir agtien jaar werksaam in die mynbou-, verbruikersgoedere-, herwinning- en vervaardigingsektore, waar hy verantwoordelik was vir besighede in Suid-Afrika, Australië en die Verenigde Koninkryk.

Thinus Nienaber

Thinus Nienaber

BComHons (Ekonomie)
Dosent:
Ekonomie en Finansiële Wetenskappe

Thinus Nienaber is ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) asook ʼn honneursgraad in Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Hy het verder ʼn Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning vanaf Milpark Education verwerf en is tans besig met ʼn MBA. Hy het vier jaar as ekonoom, en meer as twintig jaar in die belasting- en finansiële omgewing as konsultant gepraktiseer. Hy het ook sewe jaar as senior bestuurder in die korporatiewe omgewing gespandeer en doseer reeds twaalf jaar.

Yolandi van Wyk

Yolandi van Wyk

MCom (Rekeningkundige Wetenskap)
Dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Yolandi van Wyk is ʼn dosent in Finansiële Rekeningkunde by Akademia en het ʼn BCom-graad in Rekeningkundige Wetenskappe, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria (UP), verwerf. Sy het later ook ʼn meestersgraad in Rekeningkundige Wetenskappe aan die UP in 2019 verwerf. Sy het as ouditeur by Deloitte praktiseer en het lidmaatskap by SAICA. 

Alicia Kamfer

Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Alicia Kamfer is ʼn dosent in Finansiële Beplanning by Akademia en het ʼn BCom-graad in Regte in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy het ondervinding in die versekeringsbedryf en praktiseer tans as ʼn geregistreerde nakomingsbeampte. 

Andria de Wet

Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Andria de Wet is ʼn dosent in Projekbestuur by Akademia en het ʼn graad in Stads- en streeksbeplanning, asook honneursgraad (cum laude) in hierdie dissipline, aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus verwerf. Sy is ʼn professionele stadsbeplanner geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir Beplanners (SACPLAN), en het sewe jaar as stadsbeplanner gepraktiseer. Sy is tans ʼn projekkoördineerder in die konstruksiebedryf.

Johantie du Preez

Nagraadse Diploma (Rekenmeesterskap)
Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Johantie du Preez is ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia en het ʼn BCom-graad in Rekeningkunde asook ʼn nagraadse diploma in hierdie dissipline aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Sy is ʼn geoktrooieerde rekenmeester wat by SAICA geregistreer is en is tans ʼn finansiële bestuurder van ʼn internasionale maatskappy. Du Preez het meer as vyf jaar se ondervinding in die praktyk.

Monique Brasler

Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Monique Brasler is ʼn dosent in die BCom (Finansiële Beplanning)-program by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Finansies, asook ʼn honneursgraad in Finansiële Beplanning, aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Brasler praktiseer tans as ʼn finansiële beplanner. 

Surina Cloete

Deeltydse dosent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Surina Cloete is ʼn dosent in Beleggingsbestuur by Akademia. Sy het ʼn BCom-graad in Beleggingsbestuur, asook ʼn honneursgraad in hierdie dissipline, aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy is ook ʼn praktiserende finansiële ontleder.
Tho-Marie Stoltz

Tho-Marie Stoltz

Deeltydse dosent: Navorsingsmetodologie

Tho-Marie Stoltz is ʼn dosent in die Nagraadse Diploma in Belasting by Akademia en het ʼn BCom-graad in Toerismebestuur asook ʼn honneurs in hierdie dissipline aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) verwerf. Sy het ook ʼn nagraadse onderwyssertifikaat verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Sy is tans besig met ʼn meestersverhandeling in Opvoedkunde – Inligting, Tegnologie en Kommunikasie – aan die Universiteit van Johannesburg.

AKADEMIESE ASSISTENTE

Elizma van Zyl

Elizma van Zyl

Akademiese assistent: Bestuurswetenskappe

Marli Erasmus

Marli Erasmus

Akademiese assistent:
Ekonomiese en Finansiële Bestuurswetenskappe

Rochel Oberholzer

Akademiese assistent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

Theuns Strydom

Theuns Strydom

Akademiese assistent: Bestuurswetenskappe

Zandie Esterhuizen

Akademiese assistent:
Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE