Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Werkersmaand – Só werk en studeer Akademia-studente

Geskryf deur Megan Ferreira, joernalis en fotograaf by die Fontiepos

Meimaand is Werkersmaand en daarom wil ons graag studente vier wat werk en studies kombineer!

Die nauurse afstandsmodel by Akademia is ideaal vir hierdie studente wat bedags werk maar ook studies aanpak. Hierdie model bied aan studente ʼn keuse van dertien studierigtings oor vier fakulteite, naamlik Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Regsgeleerdheid en Opvoedkunde. Van die gewildste programme is LLB, BCom (Ondernemingsbestuur), BCom (Bestuursrekeningkunde) en die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en VOO-onderwys).

Daar is verskeie voordele daaraan verbonde om te werk en terselfdertyd te studeer. Wat hierdie studieopsie so aantreklik maak, is die feit dat studente die geleentheid het om te werk of ander belangstellings na te streef terwyl hulle studeer. Dit beteken dat hulle die vryheid het om ʼn salaris te verdien én waardevolle loopbaanervaring op te doen, terwyl dit ook ʼn werkbare oplossing bied aan studente wat geografies ver van Akademia se Centurion-kampus woon.

Nauurse afstandstudente het die opsie om óf deurlopende kontaksessies by ʼn geregistreerde Akademia-sentrum by te woon, óf om van die aanlyn e-leeropsie gebruik te maak. Studentwees kan uitdagend wees, méér nog vir nauurse studente en daarom is dit belangrik om goeie tydsbestuur toe te pas. Laasgenoemde berus op goeie beplanning en uit my eie ervaring kan ek die volgende wenke met julle deel:

  • Bly in beheer van jou tyd deur jou take te prioritiseer.
  • Neem deeglike notas tydens kontak- of e-leersessies.
  • Skeduleer tyd gedurende naweke om aan jou studies te spandeer.
  • Kry genoeg slaap.
  • Die gesegde lui dat jy ʼn olifant happie vir happie eet. Pas hierdie wysheid toe op jou studies, en fokus op een werkstuk op ʼn slag.
  • Moenie jouself uitbrand deur vir ure aaneen te studeer nie. Maak seker dat jy gereelde geriefsbreke neem.
  • Omring jouself met ondersteuners – familie, vriende of medestudente, wat jou kan motiveer en ondersteun.

Geniet elke oomblik van jou nauurse studiereis!

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.