Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Wen groot met Noot vir Noot

6 Oktober 2023

Geskryf deur Megan Ferreira, Fontiepos-joernalis

Die afgelope paar maande was daar verskeie Noot vir Noot-aande waarby verskeie nauurse Fonties hulle talente en belangstelling vir musiek op die spel geplaas het. Daar is verskillende vrae gevra oor verskillende sangers, met ʼn snit van daardie spesifieke sanger se liedjie. Die deelnemers moet dan die liedjie se naam reg benoem om by die leer op te beweeg. Daar was ook talle ander snitte gespeel, waar studente teen mekaar gekompeteer het, en in die pret en naelbytoomblikke gedeel het. Sommige van die spelers wat vir die eerste keer deelgeneem het aan die pret en plesier. Die podiumwenners het verskeie pryse gewen wat vanaf Die Winkel verkry is.

Die wenner van die Noot vir Noot-spel, was Zané Bekker, ʼn BCom (Ondernemingsbestuur)-eerstejaarstudent, wat talle ander Noot vir Noot-aande bygewoon het. Bekker se gunstelingmusiekgenre is boeremusiek en die treffers van Brendan Peyper kan haar hartsnare vinnig laat roer. Sy geniet ook die musiek van Michael Jackson, spesifiek die lied getiteld “Billie Jean”. Die aspek wat haar die meeste gemotiveer het om te speel, is die werk wat daarin gesit word om die aand spesiaal te maak. Musiek vorm nog altyd ʼn groot deel van Bekker se lewe en die oorwinning het vir haar baie beteken.

Die student wat die tweede plek behaal het, was JC Esterhuizen, hy is tans ook ʼn BCom (Ondernemingsbestuur)-eerstejaarstudent. Dit was Esterhuizen se eerste keer wat hy deelgeneem het. Sy gunstelingmusiekgenre is countrymusiek en hy hou baie van die nuutste Afrikaanse treffer van Die Piesangskille, “Pen en Papier”. Esterhuizen was verskriklik opgewonde toe hy besef hy is besig om na die bopunt van die leer te skuif en hy het baie gelukkig gevoel oor hierdie prestasie.

Die student wat die derde plek verwerf het, was Lucinda Bezuidenhout, ʼn BCom (Bestuursrekeningkunde)-derdejaarstudent. Dit was ook die eerste Noot vir Noot-spel wat sy bygewoon het, maar sy hou oor die algemeen baie van vasvraspeletjies. Sy geniet die musiek van die tagtigerjare en kan nie ʼn enkele lied uitsonder nie omdat die hele era so merkwaardig was. Bezuidenhout hou baie van die verskeidenheid in die Noot vir Noot-speletjies, juis omdat dit in die gemak van jou eie huis is en dat jy baie pret het terwyl jy dit speel. Sy beskou dit as “#vetpret”. Sy raai alle nauurse Fonties aan om deel te neem aan die Noot vir Noot-aande

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.