Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Fonties se eerste dansklas gee sokkie ʼn nuwe betekenis

6 Oktober 2023

Geskryf deur Kayla Roets, Fontiepos-joernalis

Op 29 Augustus het daar ʼn besonderse geleentheid op die Centurion-kampus plaasgevind. Die Fonties het met dansklasse begin! Op hierdie aand moes almal ook hul helderste en kleurvolste sokkies aantrek en met baie energie opdaag. Die nuutverkose huiskomiteelede van Huis Valorem moes ook bordjies om hul nek dra wat versier is met hul babafoto’s.

Óf jy nou ʼn maat saamgebring het óf alleen opgedaag het, niemand het uitgemis op die dansvloeraksie nie! Jaco-Louis Kruger, waarnemende leier van Stelsels en sekuriteit by Akademia, het as instrukteur opgetree en die entoesiastiese Fonties deur die basiese beginsels van dans geneem.

Die dansklas was besonders en daar was beslis blywende herinneringe geskep. Almal het na die aand genoem dat hul nie kan wag vir die volgende klas om weer te kan sokkie met hul funky sokkies nie. Louisa Visser, studenteraadslid van Verenigings het later die aand almal bedank wat die aand ʼn reusesukses gemaak het. Kontak haar gerus via die Studenteraad-kanale as jy by die volgende dansklas wil wees!

Fonties toer behoorlik op die dansvloer tydens die eerste dansklas op die Centurion-kampus.

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.