Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Van leesstof tot breinstof

6 Oktober 2023

Geskryf deur Marisha Hermann, Fontiepos-joernalis

Lees is deel van elke student se alledaagse lewe. Ons het egter ʼn paar Akademia-personeellede gaan vra watter boek op hulle rakke is wat ook op joune moet wees.

Prof. Pieter Duvenage, dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe, stel ʼn boek voor wat hy beskryf as ʼn metgesel op ʼn lang reis: Aristoteles se Nicomachiese Etiek. Hy noem dat die boek verskillende temas bevat soos die goeie lewe, praktiese en intellektuele deugde, praktiese wysheid, en die tema van vriendskap. “Uiteindelik is Aristoteles se tema dat die mens nie ʼn blote individu is nie, maar ook die gemeenskap nodig het. Tussen individu en gemeenskap is daar ʼn kreatiewe wisselwerking.”

Volgens dr. Jannet Davel, hoof van Personeel en Ontwikkeling, is jou boekrak nie volledig sonder CS Lewis se Narnia-reeks en Mere Christianity nie.

Dr. Annelise de Vries, dosent in Afrikaans Huistaal-onderwys, se gunstelingfiksieboek is Fees van die Ongenooides deur PG du Plessis. Daarteenoor is haar gunstelingniefiksieboek, Ons Gaan ʼn Taal Maak deur JC Steyn. “Dit is moetlees-boeke!” sê sy.

As student gaan handboeke en voorgeskrewe leeswerk nog lank saam met jou ʼn pad stap. Maak seker jy het ʼn lekkerlees- of inspirasieboek óók op jou rak.

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.