Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Wat ʼn Fontie nodig het vir klasdraf

24 Januarie 2024

Geskryf deur Megan Ferreira, Fontiepos-joernalis

Jy moet binnekort vir die eerste keer as Fontie klasdraf. Wat moet jy inpak? Wat gaan jy in die klas nodig hê? Het jy te min glimpenne?

Indien jy ʼn voltydse Fontie is – hier is ʼn handige lysie van items wat jy in jou boeksak kan pak:

  • Skootrekenaar en kragkabel
  • Handboeke
  • Studentekaart
  • Notaboek en genoeg penne
  • Bladsymerkers (die klein kleefnotas) om belangrike dele in jou handboek te merk
  • Bottel water (dit hoef nie ʼn Stanley te wees nie 😉)
  • Kougom vir die klasse na middagete
  • Energiestafie vir die lang dae
  • Ontsmettingsmiddel
  • Ligte baadjie vir as jy sensitief is vir lugverkoeling
  • Hou jou noodkontaknommers byderhand
  • Sneesdoekies (vir trane van blyskap ná toetsweek)
  • Sakrekenaar (as jy BCom of BSc studeer)
  • Goeie energie

Vir nauurse Fonties wat by ʼn sentrum klasdraf beveel ons steeds die boonste items aan – dit is wel belangrik om ʼn stel goeie oorfone in te pak om jou klasse te kan bywoon sonder dat die klank ander steur.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.