Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Waarom vier ons Internasionale Onderwysdag?

24 Januarie 2024

Geskryf deur Juné Jordaan, Fontiepos-adjunkredakteur

Woensdag, 24 Januarie, is Internasionale Onderwysdag en dit skep ʼn geleentheid waar ons kan nadink oor die rol van onderwys oor die wêreld heen. By die Fontiepos fokus ons op die grootste aspek van onderwys – die onderwysers!

Ons vier onderwysers nie net vir dit wat hulle in kinders se lewens doen nie maar ook vir dit wat hulle vir ons land se toekoms doen. Onderwysers is soveel meer as personeel by ʼn skool, of ʼn juffrou en meneer vir kinders, of iemand wat toetse opstel en merk, of netbal en rugby afrig. Onderwysers help om leerders op te voed sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik en die wêreld met beide hande kan aangryp. Dink net aan die een onderwyser wat ʼn beduidende verskil in jou lewe gemaak het en besef net weereens hoe dankbaar mens kan wees dat daar soveel wonderlike onderwysers in ons land is wat help bou aan ons kinders se toekoms.

Van tel en skryf tot lag en speel

Het meeste van ons al met onderwysers ons diepste geheime gedeel

Ons het geleer van vokale, lettergrepe en nog meer

Ons het geleer om op te staan na elke val, keer op keer

Onderwysers is die ware helde van vandag

Die mamma by die skool waarna sommige leerders smag

24 Januarie is ʼn dag om onderwysers te vier

Omdat hulle ons geleerd die wêreld instuur

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.