Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Vyf vinnige feite oor ʼn Akademia-personeellid

24 Januarie 2024

Geskryf deur Leani Smith, Fontiepos-redakteur

Vyf vinnige feite is hier vir Fonties om meer te leer oor die dosente wat daagliks voor hulle in die klas staan en die personeel wat agter die skerms aan Akademia bou. In hierdie uitgawe kyk ons na Annette Willemse wat laasjaar by die Akademia-familie aangesluit het. Annette het vinnig haar tuiste by Akademia gevind en sy is opgewonde om te sien hoe die nuwe Fonties vanjaar hul voete vind.

Annette Willemse

Spesialis: Mediaskakeling en inhoud

1. Waarom het jy hierdie beroep gekies?

Woorde, mense en handelsmerke maak my baie opgewonde, en korporatiewe kommunikasie as ʼn spesialisrigting vervat al hierdie voorliefdes!

2. Wat is jou stokperdjies?

Ek lees graag, neem foto’s, vroetel in my tuin en versamel geel plastiekeendjies. Ek het reeds meer as 52 van dié eendjies (vreemd, ek weet!).

3. Wat is jou gunstelingroomysgeur?

Karamel!

4. Wat is jou gunstelingidioom?

Die ritteltit kry! (betekenis: om histeries te wees)

5. Wat het jy gedoen voordat jy by Akademia begin werk het?

Ek het my loopbaan as ʼn joernalis begin, waarna ek myself as ʼn korporatiewe kommunikasiespesialis gevestig het – eers binne die hoëronderwysomgewing (Noordwes-Universiteit) en daarna in die georganiseerde landbousektor (Senwes). My aanstelling by Akademia verteenwoordig ʼn volsirkeloomblik vir my, aangesien dit vir my soos ʼn tuiskoms voel.

Die Fontiepos-span werk baie nou saam met Annette en ons sien uit na nog vele woorde en stories uit haar pen.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.