Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Vyf vinnige feite van oor Akademia-personeel

28 Februarie 2024

Geskryf deur Leani Smith, Fontiepos-redakteur

Vyf vinnige feite is ʼn gereelde insetsel wat my baie na aan die hart lê. Ek het dié toevoeging tot die Fontiepos-nuuslys in 2022 gemaak toe ek as nuusredakteur diens gedoen het. By wyse van vyf vinnige blitsfeite leer Fonties, op ʼn pret en informele manier, meer oor Akademia-personeel – hetsy akademies of operasioneel.

Vandeesmaand stel ons Alrina Teichert en Lianda Coetzer van die Akademia-mediasentrum aan julle bekend.

Alrina Teichert

Administrateur: Mediasentrum

1. Hoekom het jy hierdie beroep gekies?

Ek verkies ʼn stil en rustige werksomgewing.

2. Wat is jou stokperdjies?

Ek lees, speel Assassin’s Creed op my PlayStation 5, en bak graag.

3. Wat is jou gunstelingroomysgeur?

Vanielje, omdat dit ʼn mens toelaat om verskillende souse en ekstras by te voeg sonder dat die smake bots.

4. Wat is jou gunstelingidioom en waarom?

Soos water op ʼn eend se rug. Gewoonlik word hierdie idioom as negatief beskou, maar ek dink elkeen van ons kan daarby baat om onsself minder aan ander se opinies te steur. Jy weet tog wat die beste vir jou is!

5. Wat het jy gedoen voordat jy by Akademia begin werk het?

Ek het vir ʼn oogkundige gewerk.

Lianda Coetzer

Bibliotekaris

1. Hoekom het jy hierdie beroep gekies?

Die beroep as bibliotekaris het my gevind. Ek het in ʼn huis grootgeword waar daar baie gelees is, en aan die einde van my matriekjaar het ek en ʼn vriendin besluit om Biblioteekkunde by die Universiteit van die Vrystaat (UV) te gaan studeer.

2. Wat is jou stokperdjies?

Ek hekel baie graag, en deel kniekombersies uit aan al my vriendinne, geliefdes en kennisse. Ek moet altyd ʼn groot krat wol in my huis hê vir wanneer ek ʼn idee kry vir ʼn nuwe kombersie.

3. Wat is jou gunstelingroomysgeur?

Koejawelroomys, maar dit is baie skaars.

4. Wat is jou gunstelingidioom en waarom?

Vele hande maak ligte werk. As almal saamwerk word ʼn taak vinniger afgehandel, veral in die mediasentrum waar baie bokse gedra en boeke uitgepak moet word.

5. Wat het jy gedoen voordat jy by Akademia begin werk het?

Ek was vir sewentien jaar die kampusbibliotekaris by die Suidkampus van die UV en het ook vir tien jaar as takbibliotekaris in Bloemfontein gewerk.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.