Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Nog ʼn dag, nóg ʼn skoolbesoek vir Fonties se studenteonderwysers

28 Februarie 2024

Geskryf deur Juné Jordaan, Fontiepos-adjunkredakteur

Dit is weer tyd vir Akademia se studenteonderwysers om praktiese ervaring by skole dwarsoor die land op te doen. My raad, as een van dié onderwysstudente, is tweeledig: Onthou om pret te hê terwyl jy ervaring opdoen, en onthou dat jy ʼn verskil in ʼn kind se lewe kan maak.

Die geheim van ʼn goeie proeftydperk is voorbereiding. Hiermee ʼn paar praktiese wenke om jou voor te berei vir jou eerste skoolbesoek:

  • Dra gerus jou Akademia-hemp. Op dié manier vestig jy jouself as ʼn trotse Akademia-ambassadeur en maak jy dadelik ʼn goeie indruk.
  • Onthou om ʼn notaboekie by jou te dra. Gebruik die boekie om belangrike inligting en idees neer te pen.
  • Die skooldag is lank en besig, so onthou om vir jou ʼn kosblik in te pak. Probeer om gesonde peuselgoed byderhand te hê om jou energievlakke hoog te hou.
  • Wees opgeruimd en belangstellend. Op dié manier plaas jy jou leerders op hul gemak en sal dit vir julle maklik wees om wedersyds te kommunikeer.
  • Hou jou observasieskedule byderhand en maak seker van die aspekte waarop jy geassesseer gaan word. Hou jou fokus skerp en wees bewus van die skoolomgewing, die klaskameraktiwiteite en die interaksie wat jy met personeel en leerders het.

Deur hierdie eenvoudige wenke te volg, kan jy ʼn impakvolle en genotvolle skoolbesoek hê. Onthou om elke oomblik dankbaar te wees en jou beste te gee. Met die regte voorbereiding en ʼn positiewe ingesteldheid, kan jy tot inspirasie wees vir jou medestudente, dosente, skoolkollegas en toekomstige leerders.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.