Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Na watter radiostasies luister Fonties?

28 Februarie 2024

Geskryf deur Megan Ferreira, Fontiepos-joernalis

Gedagtig aan Wêreldradiodag wat op 13 Februarie gevier is, het ons hier by die Fontiepos gewonder of Fonties nog ooit na die radio luister? En indien wel, na watter stasies hulle luister?

Uit die gesprekke wat ons gevoer het, blyk die volgende radiostasies gewild te wees:

  • Jacaranda FM
  • Pretoria FM
  • GrootFM
  • RSG
  • Smile 90.4
  • 94.7

Radio, soos wat ons dit vandag ken, beskik oor ʼn baie interessante geskiedenis. Het jy geweet dat radioboodskappe sover terug as die Eerste Wêreldoorlog gebruik is om inligting aan groot groepe mense oor te dra? Die radiobedryf het al ver gevorder sedert dié vroeë dae, en vandag kan jy inskakel vir alles van die jongste nuus, musiek, kommentaar en selfs in-diepte gesprekke.

Nóg ʼn interessante feit is dat meer mense in Suid-Afrika ʼn radio as ʼn televisie besit. Dit wys jou net, radio is toeganklik en bly ʼn voorkeurmedia vir baie. Dit maak nie saak waar jy jou bevind, of watter taal jy praat nie, daar is ʼn radiostasie vir jou!

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.