Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Vyf vinnige feite oor die koshuise vir Akademia-studente

Geskryf deur Marisha Hermann, joernalis by die Fontiepos

Hiermee vyf vinnige feite oor elk van die drie koshuise vir Akademia-studente.

Huis Strelitzia

  1. Daar bly tans 79 dames in Huis Strelitzia.
  2. Dié koshuis doen omtrent alles in pienk, want Bóchulè, die primaria, hou van pienk.
  3. Huis Strelitzia en Huis Hennops deel méér as net ʼn perseel. Dié twee koshuise hou ook baie daarvan om mekaar te terg, presies soos boeties en sussies graag doen.
  4. Op Maandae word formele koshuisdrag gedra.
  5. Huis Strelitzia se leuse is: “Ons deel ʼn band wat jy net hier kan bou”.

Huis Hennops

  1. In Huis Hennops woon daar tans 64 mans.
  2. Tradisie is die hartklop van dié koshuis.
  3. Die koshuissimbool is ʼn olifant.
  4. Respek, integriteit, geloof en broederskap is die waardes wat by die koshuis nagestreef word.
  5. Die kultuur in die koshuis is dié van samesyn, spangees en uitnemendheid.

Huis Valorem

  1. Huis Valorem was die eerste Akademia-koshuis en is op die Centurion-kampus geleë.
  2. Die koshuis is ʼn gemengde koshuis vir seniors met beide mans en dames as inwoners en huisves tans 21 inwoners.
  3. Huis Valorem dien ook as dagkoshuis waarby Akademia-studente wat privaat bly, kan aansluit en so deel vorm van die koshuiskultuur en -aksies.
  4. Valorem is ʼn Latynse woord wat “waarde” beteken.
  5. Die koshuis het twee geliefde troeteldiere, die goudvisse, Marcus en Aurelius, vernoem na die filosoof Marcus Aurelius. Die woord Aurelius beteken ook “goud”, dus is die visse goudvisse.

 

Huis Valorem se stalletjie by die kampusopedag van 2023.
Huis Hennops se stalletjie by die kampusopedag van 2023.
Huis Strelitzia se stalletjie en motor by die kampusopedag van 2023.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.