Aanlyn vakkeuse-aand

vir graad 9’s

Is jy tans in graad 9 en voel onseker oor
watter vakke om volgende jaar te kies?

MOET JOU NIE VERDER
DAAROOR BEKOMMER NIE

Akademia hou ’n aanlyn vakkeusegesprek eksklusief vir graad 9’s.

Kundiges bied advies oor vakkeuses en beantwoord kwelvrae.

DATUM: WOENSDAG 4 AUGUSTUS  ||  TYD: 18:00-19:00
PLEK: IN DIE GEMAK VAN JOU EIE HUIS

Koste beloop R50  ||  Daar is slegs 300 sitplekke beskikbaar.
Bespreek dus vandag nog jou sitplek.

Leerders sal die geleentheid ontvang om vrae via ’n kommentaarfunksie te vra. Vrae kan ook vooraf aan
leah@akademia.ac.za gestuur word.

REGISTREER HIER

Wie is die sprekers?

Hugo Vermeulen

Skoleondersteuningssentrum
Hoof: Opleiding

Prof. Gawie du Toit

Akademia
Dekaan: Fakulteit
Opvoedkunde

Pieter Jordaan

Futuresmart
Beroepsvoorligtingsentrum
Eienaar en adviseur

Rika Nieuwoudt

Akademia
Fasiliteerder

Hoe werk die registrasie vir die aanlyn vakkeuse-aand?

Jy moet vooraf registreer en ’n kaartjie koop om toegang tot die aanlyn vakkeuse-aand te verkry.

Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul. Klik dan op “Bespreek jou plek”. Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ’n bevestigingsbladsy sien.

Betaal dan jou aanlyn kaartjie vir die vakkeuse-aand hier.

Jy sal daarna ook ’n e-pos vanaf Akademia ontvang as bevestiging dat jy jou plek bespreek het. Hierdie e-pos bevat belangrike inligting oor hoe jy op 4 Augustus om 18:00 toegang tot die sessie gaan verkry.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP DATUM MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

REGISTREER