Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Tien spaarwenke vir studente

Gepubliseer op: 12 Julie 2021

Deur dr. Sandra Adendorff, dosent in ekonomie en internasionale bestuur aan Akademia.

Spaar is doodeenvoudig om minder uit te gee as wat jou inkomste is. Die idee is natuurlik om die gaping tussen inkomste en uitgawes so groot as moontlik te maak. Hier volg ʼn paar spaarwenke, juis vir studente:

Begroting

  1. Dit is belangrik om te dink aan wat jy met die spaargeld wil doen. As jy reeds weet wat jy wil aankoop, moet jy bereken hoeveel jy elke week of maand sal moet spaar.
  2. Hou tred met jou inkomste en noodsaaklike uitgawes. Daar is ʼn magdom baie handige begrotings-apps wat jy kan aflaai.
  3. Die meeste banke het spesiale pakkette vir studente en jy kan heelwat bankkostes en rente bespaar deur van ʼn studenterekening gebruik te maak.

Inkomstes

  1. Kry ʼn deeltydse werk om ʼn ekstra inkomste te verdien of verkoop ou items wat jy nie meer gebruik nie.
  2. Dit is belangrik om ʼn noodfonds op te bou vir noodgevalle. Op hierdie wyse kweek jy ook goeie spaargewoontes.
  3. Spaar vir aftrede. Hoe jonger jy is, hoe meer kan jy die voordeel van saamgestelde rente benut en ʼn sorgvrye aftrede geniet.

Uitgawes

  1. Verminder jou uitgawes. Vermy impulsiewe aankope en gebruik jou studentekaart vir afslag op verskeie items.
  2. Om van die huis af te werk beteken dat daar besparing aan items is wat ons dalk voorheen as noodsaaklik gesien het, soos onder andere brandstof, vakansies, klere en uiteet. Maak seker dat jy dus daardie spaargeld wegsit.
  3. Dis ʼn goeie idee om ʼn maaltydplan op te stel. Daarbenewens moet jy probeer om nie meer as een keer per week winkels toe te gaan nie en inkopies met ʼn inkopielys te doen.
  4. Aflaaibare sagteware, oftewel “freeware” is ʼn goeie alternatief vir duur sagteware. Google Docs, Sheets en Slides is byvoorbeeld ʼn gratis alternatief vir Microsoft Word, Excel en PowerPoint.

 

Navorsing het bewys dat finansiële geletterdheid wel ʼn rol speel en dat dit noodsaaklik is om spaargedrag van ʼn jong ouderdom af te kweek. Die spaarkultuur kan voordelig wees vir die samelewing en juis daarom wil Akademia hierdie Spaarmaand daarop fokus om studente en die publiek oor die voordele van spaar in te lig.

Dr. Sandra Adendorff, dosent in ekonomie en internasionale bestuur aan Akademia.

Verwysings

Cook, A. 2021. Jonk en sorgvry maar sê nou jy word 100 jaar oud. https://www.netwerk24.com/Sake/Muntslim/Geldsake/jonk-en-sorgvry-maar-se-nou-jy-word-100-jaar-oud-20210624. [Datum van gebruik: 5 Julie 2021].

Packard, B. 2021. How to save money as a student. https://www.wikihow.com/Save-Money-As-a-Student. [Datum van gebruik: 3 Julie 2021]

Stander H. 2021. Spaarmaand – byna 100 wenke om op kos te spaar. https://www.netwerk24.com/Sake/Muntslim/Geldsake/spaarmaand-byna-100-wenke-om-op-kos-te-spaar-20210702.