Aandag 2025-matrikulante: Akademia-merietebeurse baan die weg vir jou Fontie-studiereis

Aandag 2025-matrikulante: Akademia-merietebeurse baan die weg vir jou Fontie-studiereis Gepubliseer op: 11 Maart 2025 Aansoeke vir Akademia se 2026- akademiese jaar open op 1 April 2025 en voornemende Fonties* word aangemoedig om solank die nodige dokumentasie bymekaar te kry en só vlerke aan hul naskoolse studiedrome te gee. Nóg goeie nuus is dat die instelling […]
Moedertaalonderrig die polsslag van Akademia se roepingstaak

Moedertaalonderrig die polsslag van Akademia se roepingstaak Gepubliseer op: 21 Februarie 2025 Wanneer daar na die spreekwoordelike harde- en sagteware van ʼn hoëronderwysinstelling –soos Akademia – gelet word, is beide belangrik, maar dit is deur goeie sagteware dat gehalte uitsette gelewer word. Uitsette wat ʼn positiewe impak in jou lewe, jou werksplek en jou gemeenskap […]
Ervare inligtingsbestuurspesialis neem leisels oor as waarnemende dekaan

Ervare inligtingsbestuurspesialis neem leisels oor as waarnemende dekaan Gepubliseer op: 18 Februarie 2025 Akademia kondig met trots die aanstelling van dr. Piet Pretorius, ʼn ervare inligtingsbestuurspesialis en bewese akademikus, as waarnemende dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan. Dié aanstelling is vanaf Januarie 2025 effektief. Pretorius, wie se professionele loopbaan oor méér as 45 jaar strek, […]
Akademia se Paarl-kampus: Vestigingsproses vorder goed

Akademia se Paarl-kampus: Vestigingsproses vorder goed Gepubliseer op: 11 Februarie 2025 As alles volgens plan verloop sal Akademia se geografiese uitbreiding na die Wes-Kaap in Februarie 2026 ʼn hoogtepunt bereik wanneer dié instelling die deure na sy splinternuwe Paarl-kampus vir die akademiese jaar oopswaai. Só vertel Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, tydens ʼn Wes-Kaap-hoofdegeleentheid […]
Akademia-applous vir matriekklas van 2024

Akademia-applous vir matriekklas van 2024 Gepubliseer op: 14 Januarie 2025 Die lang wag vir die bekendmaking van die 2024-matriekuitslae is uiteindelik verby, en Akademia voeg graag sy stem by die koor van gelukwense aan dié groep skoolverlaters. Julle harde werk en deursettingsvermoë het vir julle die knoop deurgehaak, en hierdie eienskappe baan nou die weg […]
2025-Eerstejaar: Só word jou studiereis ook ʼn ontwikkelingstog na die ware jy

2025-Eerstejaar: Só word jou studiereis ook ʼn ontwikkelingstog na die ware jy Gepubliseer op: 8 Januarie 2025 Geskryf deur dr. Mandie Dubery, maatskaplike werker verbonde aan Akademia se Studentesake-afdeling. As naskoolse studie jou deel is in 2025, baie geluk! Jy staan op die drumpel van ʼn opwindende avontuur, met lewensverrykende potensiaal. Ja, die sprong vanaf […]
Sprei jou vlerke en verwesenlik jou studiedroom in 2025

Sprei jou vlerke en verwesenlik jou studiedroom in 2025 Gepubliseer op: 8 Januarie 2025 Hoe gróót droom jy in 2025? Dit is die begin van ’n splinternuwe jaar en die ideale tyd om opgewonde te wees oor die vooruitsigte wat wink. Die verwesenliking van ’n studiedroom, maak nie saak hoe klein of groot nie, kan […]
Ligte! Kamera! Aksie! Fontie ewe tuis in lesinglokaal as op verhoog

Ligte! Kamera! Aksie! Fontie ewe tuis in lesinglokaal as op verhoog Gepubliseer op: 15 November 2024 Onthou die naam Nikita Meyer. Dié negentienjarige Fontie-eerstejaar in die BCom (Ondernemingsbestuur)-program het in Oktober 2024 haar buiging op die verhoog gemaak as een van die hoofkarakters in die Lefra Produksie, My boetie se sussie se ou. Meyer vertolk […]
Aandag 2024-matrikulante: Akademia beloon akademiese prestasie met merietebeurse

Aandag 2024-matrikulante: Akademia beloon akademiese prestasie met merietebeurse Gepubliseer op: 11 September 2024 Die 2024-matriekgroep maak gereed om op 21 Oktober die eksamenlokaal te betree om met hul eindeksamen te begin. Terselfdertyd moet ouers en dié groep voornemende skoolverlaters die stygende koste van hoër onderwys in die gesig staar. Gedagtig aan hierdie realiteit maak Akademia […]
Akademia se tweede honneursprogram in 2025 aangebied

Akademia se tweede honneursprogram in 2025 aangebied Gepubliseer op: 2 September 2024 Die Departement Tale en Kultuurwetenskappe, soos gesetel in die Fakulteit Geesteswetenskappe, groei van krag tot krag. Dié departement het op Maandag 2 September 2024 die nuus bekendgemaak dat hy vanaf 2025 die instelling se tweede honneursprogram sal aanbied. Die BAHons (Media en Kommunikasie) sal […]
Akademia en Kanton stel monumentale kampusontwikkeling bekend

Akademia en Kanton stel monumentale kampusontwikkeling bekend Gepubliseer op: 1 Augustus 2024 Die eiendomsontwikkelingsmaatskappy Kanton het vandag op 1 Augustus die nuwe kampusontwikkelingprojek van Akademia in Pretoria as deel van die Toekomsbouer-veldtog bekendgestel. Dié kampusprojek is die grootste ontwikkelingsprojek in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe en verteenwoordig ’n groot historiese keerpunt om […]
Akademia-alumni – ʼn pêrel in hul alma mater se kroon

Akademia-alumni – ʼn pêrel in hul alma mater se kroon Gepubliseer op: 3 Julie 2024 Om ʼn kwalifikasie by Akademia te verwerf verteenwoordig ʼn besonderse hoogtepunt in enige Fontie se lewensreis. Die oomblik wanneer jy trots oor die verhoog stap ná die suksesvolle voltooiing van ʼn kwalifikasie, vorm jy deel van dié instelling se uitgebreide […]
Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan

Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan Gepubliseer op: 13 Junie 2024 Akademia het vroeër vanjaar die opwindende nuus gedeel dat dié hoëronderwysinstelling in die proses is om sy geografiese voetspoor in die Wes-Kaap teen 2026 uit te brei. Hierdie uitbreiding spreek tot die instelling se nuwe groeifase wat vanjaar reeds uitgeloop het op die ingebruikneming […]
Pa en dogter onderneem saam hul studiereis by Akademia

Pa en dogter onderneem saam hul studiereis by Akademia Gepubliseer op: 24 April 2024 “My pa is nie net my held en beste vriend nie, maar ook ʼn mede-Fontie en ʼn baie goeie studiemaat!” Só gesels Akademia-student, Marzé Becker (20), oor haar pa, Victor (51), wat vanjaar sy studiereis as ʼn eerstejaarstudent by dié instelling […]
Akademia-kampusopedag: Kom maak eerstehands kennis met jou toekoms

Akademia-kampusopedag: Kom maak eerstehands kennis met jou toekoms Gepubliseer op: 28 Maart 2024 Akademia se jaarlikse kampusopedag is ʼn belewenis, vra maar vir enige Fontie wat hul studiereis met die bywoning van dié geleentheid begin het! As jy ʼn studiedroom vir 2025 koester, dan is die opedag, wat op Vrydag 10 en Saterdag 11 Mei […]