Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia-kampusopedag: Kom maak eerstehands kennis met jou toekoms

Akademia-kampusopedag: Kom maak eerstehands kennis met jou toekoms Gepubliseer op: 28 Maart 2024 Akademia se jaarlikse kampusopedag is ʼn belewenis, vra maar vir enige Fontie wat hul studiereis met die bywoning van dié geleentheid begin het! As jy ʼn studiedroom vir 2025 koester, dan is die opedag, wat op Vrydag 10 en Saterdag 11 Mei […]

Gemiddeld wees, is nie ʼn opsie vir dié Akademia-student nie

Gemiddeld wees, is nie ʼn opsie vir dié Akademia-student nie Gepubliseer op: 21 Februarie 2024 Akademia-student, Wian Böhme (22), van Mosselbaai glo nie daaraan om bloot gemiddeld te wees nie. Vir dié LLB- finalejaarstudent is daar slegs één dryfveer en dit is om op alle terreine tot sy volle potensiaal en vermoë te presteer. Getrou […]

Klas van 2023, begin jou loopbaanreis by Akademia in 2024

Klas van 2023, begin jou loopbaanreis by Akademia in 2024 Gepubliseer op: 19 Januarie 2024 Die uitslae vir die matriekjaar van 2023 is pas bekendgemaak en dwarsoor Suid-Afrika brand die vreugdevure hoog. Vir derduisende matrikulante span die suksesvolle aflegging van die eindeksamen nie net die kroon op hul skoolloopbaan nie, maar baan dit ook die […]

Van Pretoria tot Otjiwarongo: Akademia-student volg roeping vir die Regte na

Van Pretoria tot Otjiwarongo: Akademia-student volg roeping vir die Regte na Gepubliseer op: 20 November 2023 Akademia-student, Charlize Slabbert (33), is ʼn Namibiër in murg en been en hoewel sy haarself meer as 1 500 km van Akademia se hoofkantoor in Centurion, Gauteng, af bevind, dra sy met trots die naam Fontie as ʼn internasionale […]

Studie as die beste belegging in die huidige ekonomiese klimaat

Studie as die beste belegging in die huidige ekonomiese klimaat Gepubliseer op: 13 November 2023 Geskryf deur Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia Naskoolse studie word in vandag se tyd gesien as baie duur en dit neem ʼn geruime tyd om ʼn kwalifikasie agter jou naam te kry. In die VSA is studieskuld die grootste […]

Akademia-alumnus: Volpunte vir Akademia as dinamiese studietuiste

Akademia-alumnus: Volpunte vir Akademia as dinamiese studietuiste Gepubliseer op: 13 November 2023 Vir alumnus, CJ Montgomery (25), is daar nie ʼn meer voor die handliggende besluit vir ʼn voornemende student om te maak as dié van Akademia as ʼn dinamiese studietuiste nie. Dié oud-BCom (Bestuursrekeningkunde)-student droom reeds vanaf skooldae af oor ʼn loopbaan in finansies […]

Spesialiseer in Bestuursrekeningkunde of Belasting met nagraadse diplomastudies

Spesialiseer in Bestuursrekeningkunde of Belasting met nagraadse diplomastudies Gepubliseer op: 26 Oktober 2023 Die wêreld van werk verander voortdurend en daarom is dit belangrik om tred te hou met die nuutste denkrigtings en tendense in die bedryf waarin jy jouself bevind. Een van die maniere waarop jy deurentyd relevant in jou beroep kan bly is […]

Akademia bied ʼn sentrumopedag by die Moot-sentrum in Pretoria aan

Akademia bied ʼn sentrumopedag by die Moot-sentrum in Pretoria aan Gepubliseer op: 24 Oktober 2023 Akademia sluit sy opedaekalender vir die jaar af met ʼn sentrumopedag in die Moot, Pretoria, op Saterdag 11 November tussen 09:00 en 13:00. Dié opedag volg kort op die hakke van soortgelyke geleenthede in onderskeidelik Bloemfontein en George vroeër in […]

Sakeplankompetisie 2023: Verlowingsbeplanningsdiens haak die knoop deur

Sakeplankompetisie 2023: Verlowingsbeplanningsdiens haak die knoop deur Gepubliseer op: 6 Oktober 2023 Akademia het op 6 Oktober 2023 die wenner van die gewilde BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys. Die wenner is Abigail Fourie en haar besigheid, Perfect Moments. Dié verlowingsbeplanningsbesigheid het dit ten doel om uitsonderlike verlowingsbeplanningsdienste te verskaf en poog om die individualiteit van elke […]

Akademia hou sentrumopedae in Bloemfontein en George

Akademia hou sentrumopedae in Bloemfontein en George Gepubliseer op: 3 Oktober 2023 Akademia skep deur die jaar verskeie geleenthede vir voornemende studente om meer inligting oor beskikbare studierigtings te bekom, om personeel te ontmoet, kwelvrae te opper én eerstehands te ervaar wat studentwees aan dié onafhanklike hoëronderwysinstelling behels. Gedurende Oktober neem dié geleentheid die vorm […]

Akademia-opedag rigtingaanwyser vir talle voornemende Fonties

Akademia-opedag rigtingaanwyser vir talle voornemende Fonties Die jaarlikse Akademia-kampusopedag is soveel meer as net ʼn inligtingsdag vir skoolverlaters – dit verteenwoordig die begin van ʼn studiereis sonder gelyke! Só sê Lizán Maree, bestuurder: Studentewerwing aan Akademia. Tydens vanjaar se opedag het meer as 1 200 besoekers (ouers, vriende en voornemende studente) agter die spreekwoordelike kampusgordyn kom […]

Akademia-student jaag op 61 haar studiedrome na

Akademia-student jaag op 61 haar studiedrome na Terwyl die gedagte om ouer te word vir baie mense dalk vreesaanjaend mag wees, meen Akademia-student, Eurita van der Merwe, dat dié lewensfase geensins ʼn verskoning is om nie uitdrukking aan jou drome te gee nie. Op 65 jaar is Van der Merwe nie net vanjaar die instelling […]

Akademia Uitgewery stel pret-aktiwiteitsboek vir kinders bekend

Akademia Uitgewery stel pret-aktiwiteitsboek vir kinders bekend Die Akademia Uitgewery het op 17 Mei die pret-aktiwiteitsboek vir kinders, Fontieland, bekendgestel. Hierdie boek, wat ideaal is vir leerders in graad 4 tot 7, is tydens die Fakulteit Opvoedkunde se leierskapsimposium by Leriba bekendgestel. As ʼn toekomsgerigte gemeenskapsinstelling strewe Akademia daarna om ʼn bekende studietuiste te skep […]